Appiese Weg

(Aangestuur vanaf Via Appia)

Die Appiese Weg (ook Via Appia, Die weg van Appius) was die eerste belangrike Romeinse pad.[1] Die pad is in 312 v.C. van suid van Rome af tot by Brindisi aan die Adriatiese kus gebou.[2] Dit is na die Romeinse amptenaar Appius Claudius Caecus genoem, wat dit vir militêre doeleindes gedurende die Samnitiese oorloë gebou het.[3]

Kaart van Italië wat die Via Appia en (die korter en nuwer) Via Appia Traiana aandui.
Die Appiese Weg by Quarto Miglio.
Voetspore van Jesus.

Die pad is tydens die Tweede Samnitiese Oorlog aangelê om die vinnige ontplooiing van troepe moontlik te maak. Die Appiese Weg was ook van groot ekonomiese belang en is vir die vervoer van goedere en persone tussen Rome en Kampanië (en verder) gebruik. Dit loop aanvanklik tot by Capua, maar is later tot by Brundisium (nou Brindisi, 'n hawestad wat die poort na die Ooste was) verleng.

Vanweë die pad se belang kry dit die bynaam regina viarum (koningin van paaie). Die natuurskoon langs die pad kon ook 'n rol hierin gespeel het. Die talle spore en afdrukke op en om die pad dui daarop dat dit eens swaar, druk verkeer hanteer het.

Die Quo vadis-kerk is langs die Appiese Weg by die ingang na Rome geleë. Dit is volgens oorlewering die plek waar die apostel Petrus vir Jesus raakgeloop het. Toe Petrus vra "Heer, waar gaan u heen", antwoord Jesus: "Ek gaan na Rome om weer gekruisig te word". Petrus bedink hom en draai na Rome terug, waarna hy in die Tullianum opgesluit en onderstebo in Nero se Sirkus gekruisig is. Die kerk bevat 'n klip met die beweerde voetspore van Jesus daarop.

Verwysingswysig

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Quilici and S. Quilici Gigli, L., R. Talbert, S. Gillies, T. Elliott, J. Becker. "Places: 356966898 (Via Appia)" (in Engels). Pleiades. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 14 Maart 2013.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  3. "Appian Way" in Chambers's Encyclopædia. London: George Newnes, 1961, Vol. 1, p. 490.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media