Verdrag van Staal

Die Verdrag van Staal ( Duits: Stahlpakt, Italiaans: Patto d'Acciaio), wat formeel bekend staan as die Vriendskapspakt en Alliansie tussen Duitsland en Italië, was 'n ooreenkoms tussen Fassistiese Italië en Nazi-Duitsland, wat op 22 Mei 1939 deur die ministers van buitelandse sake van Italië en Duitsland, onderskeidelik Galeazzo Ciano en Joachim von Ribbentrop, gesluit is.

Galeazzo Ciano, Adolf Hitler en Joachim Von Ribbentrop by die ondertekening van die Verdrag van Staal in die Reichskanzlei in Berlyn

Die verdrag het uit twee dele bestaan: die eerste gedeelte was 'n oop verklaring van die voortgesette vertroue en samewerking tussen Duitsland en Italië, terwyl die tweede 'n geheime bykomende protokol 'n eenheid van militêre en ekonomiese beleid aangemoedig het. Sommige lede van die Italiaanse regering, insluitende die ondertekenende Ciano, was egter teen die Verdrag gekant.

Dit was die Italiaanse leier, Benito Mussolini, wat die ooreenkoms 'n "staalpakt" (Verdrag van Staal) genoem het nadat aan hom oorgedra is dat die oorspronklike naam, die "bloedpakt", waarskynlik swak ontvang sal word in Italië. Roemenië het op 23 November 1940 by die verdrag aangesluit.

Voorgeskiedeniswysig

Op 6 November 1937 het Italië by die Anti-Kominternpakt aangesluit wat sedert 25 November 1936 Duitsland en Japan verbind het om die ondermyningsaktiwiteite van die Komintern uit Moskou te bestry. Deur by die Anti-Kominternpakt aan te sluit wou Mussolini die isolasie beëindig waarin sy land beland het ná die verowering van Ethiopië en die steun van die Franco-bewind in Spanje.

Die verdragwysig

Die verdrag is gesluit met die veronderstelling dat 'n oorlog met Westerse demokrasieë binne vier jaar onvermydelik sal wees. Die veronderstelling is hoofsaaklik deur die Duitse minister van buitelandse sake, Joachim von Ribbentrop, verkondig. Die verwagte geldigheidsduur van die verdrag was tien jaar, maar dit sal nooit voltooi word nie.

Die verdrag het 'n alliansie tussen Italië en Duitsland gesmee. Dit sluit in ekonomiese en militêre samewerking. In geval van oorlog, sou beide partye onmiddellike hulp en ondersteuning aan mekaar bied, en geen party sal 'n aparte wapenstilstand onderteken nie. Na die geallieerde landing in Sisilië in Julie 1943, het die ooreenkoms hoofsaaklik bestaan uit leë beloftes: Mussolini is omvergewerp en sy opvolger Badoglio het geheime ooreenkomste met die gealieerdes gesluit wat op 8 September 1943 in 'n Italiaanse kapitulasie uitgeloop het.

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media