Veldspaat

Veldspate (KAlSi3O8NaAlSi3O8CaAl2Si2O8) is ‘n groep minerale wat deel uitmaak van die silikaatminerale. Dit is 'n baie algemene groep minerale, en kan tot 60% van die aarde se kors uitmaak.

Veldspaatkristal(18×21×8.5 cm) van Jequitinhonha vallei, Minas Gerais, Suid-Oostelike Brasilië. Formule = KAlSi3O8NaAlSi3O8CaAl2Si2O8

Veldspaatfamiliewysig

Die veldspate kan in twee groepe verdeel word, die plagioklaasveldspate en die alkaliveldspate.

Dit vorm deel van die silikaatmineraalgroep, spesifiek die tektosilikate.

Hierdie tektosilikate, of "raamwerksilikate," het 'n 3-dimensionele raamwerk van silikatetraëders, met 'n Si:O-verhouding van 1:2. In hierdie raamwerk word elke suurstofatoom deur twee silikonatome gedeel. Hierdie groep verteenwoordig 'n baie groot gedeelte van die aardkors se minerale, en kom in verskeie felsiese gesteentes soos graniet voor.

Ongeveer 25% van die Si-atome in veldspaat se struktuur is met aluminiumatome vervang, a.g.v. silikon en aluminium se soortgelyke atoomradius en atoomlading.

Veldspatewysig

Veldspaat Fasediagram

Op die veldspaatfasediagram, verskyn die alkaliveldspate op die een as van die fasediagram, met die twee eindreekse albiet en ortoklaas, en die ander as vorm die plagioklaasveldspate, met albiet en anortiet as die eindreekse. (Sien aangehegte fasediagram.)

Die derde as van die fasediagram, tussen ortoklaas en anortiet is daar geen veldspate nie, aangesien daar geen vaste oplossing kan bestaan tussen die kalium- en kalsiumveldspate nie a.g.v. die verskil in hulle ioonradiusse.

Plagioklaasveldspatewysig

  • Albiet – NaAlSi3O8
  • Oligoklaas – (Na,Ca)(Si,Al)4O8 (Na:Ca 4:1)
  • Andesien – (Na,Ca)(Si,Al)4O8 (Na:Ca 3:2)
  • Labradoriet – (Ca,Na)(Si,Al)4O8 (Na:Ca 2:3)
  • Bytowniet – (Ca,Na)(Si,Al)4O8 (Na:Ca 1:4)
  • Anorthiet – CaAl2Si2O8

Alkaliveldspate (Kaliumveldspate)wysig

Gebruikewysig

Veldspate word gebruik as grondstof in die maak van glas, keramiek, verf, plastiek en rubber.

Verder vorm dit 'n belangrike bestanddeel van bousand in die konstruksiebedryf, en vorm dit saam met kwarts die hoofbestanddeel van graniet, wat as granietblaaie in die boubedryf gebruik word.

In die wetenskap word kaliumryke veldspate gebruik vir die radiodatering van gesteentes, a.g.v. die kalium wat oor tyd radioaktief afbreek na argon.

Labradoriet, die veldspaat halfpad tussen Albiet en Anortiet op die fasediagram, is 'n baie gesogte halfedelsteen wat in juweliersware gebruik word.

Amasoniet is 'n loodryke vorm van mikroklien, wat 'n trikliene vorm van kaliumveldspaat is.

Labradoriet veldspaat.
Amasoniet, 'n loodryke vorm van mikroklien. Die lood gee die mikroklien die groen kleur.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media