Vediese religie

Die Vediese religie was in die Vediese tydperk, van omstreeks 1750 tot 500 v.C., die godsdiens van die Indo-Ariërs van Noord-Indië.[1] Dit was ook bekend as Vedisme, Brahmanisme en Vediese Brahmanisme. Dit word soms ook antieke Hindoeïsme genoem omdat dit beskou word as die historiese voorloper van moderne Hindoeïsme, hoewel dit aansienlik daarvan verskil het.

’n Kaart van Noord-Indië tydens die Vediese tydperk.

Beskrywingwysig

Die Vediese liturgie is bewaar in die mantra-gedeelte van die vier Vedas,[2] ’n groot aantal werke in Sanskrit. Die godsdienspraktyk het gesentreer om priesters wat rituele uitgevoer het vir die adellikes en ander ryk mense.[3] Elemente soos vuur en riviere is aanbid, asook gode soos Indra. Gesange is gesing en offerandes gebring.

Daar was 33 devas, of gode, 11 elk van die aarde, ruimte en hemel.[4] Daar was ook asuras, of antigode.

Die Vediese tydperk het omstreeks 500 v.C. geëindig en in die tyd hierna, omstreeks 800 tot 200 v.C., het verskeie ander religies ontstaan, soos Hindoeïsme, Djainisme en Boeddhisme.[5][6][7][8]

Verwysingswysig

  1. Samuel 2010.
  2. "The Four Vedas". About dot Com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2016. Besoek op 7 November 2012.
  3. Geoffrey Samuel. The Origins of Yoga and Tantra: Indic Religions to the Thirteenth Century. Cambridge University. p. 113.
  4. Singhal, K. C; Gupta, Roshan. The Ancient History of India, Vedic Period: A New Interpretation. Atlantic Publishers and Distributors. ISBN 8126902868. P. 150.
  5. Smart 2003.
  6. Michaels 2004.
  7. Muesse 2003.
  8. Flood 1996, p. 82, 224–49.

Bronnewysig

  • Michaels, Axel (2004), Hinduism. Past and present, Princeton, New Jersey: Princeton University Press 
  • Samuel, Geoffrey (2010), The Origins of Yoga and Tantra. Indic Religions to the Thirteenth Century, Cambridge University Press 
  • Smart, Ninian (2003), Godsdiensten van de wereld (The World's religions), Kampen: Uitgeverij Kok 
  • Flood, Gavin (2008), The Blackwell Companion to Hinduism, John Wiley & Sons 
  • Muesse, Mark William (2003), Great World Religions: Hinduism, http://www.docshut.com/rquv/lectures-on-great-world-religions-hinduism.html 
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media