Vajrayana

Boeddhistiese stroming

Vajrayana is ’n komplekse stelsel van Boeddhistiese denkrigtings en praktyke met vele fasette wat oor verskeie eeu ontwikkel het.[1] Dit is ook bekend as Tantristiese Boeddhisme, Tantrayana, Mantrayana, Geheime Mantra of Esoteriese Boeddhisme.

Volgens Vajrayana-geskrifte verwys die term Vajrayana ("die Diamantvoertuig") na een van drie voertuie of paaie wat lei na verligting; die ander twee is Sravakayana (ook bekend as Hinayana, "die Klein Voertuig") en Mahayana ("die Groot Voertuig).

Agtergrondwysig

Vajrayana is deur Indiese mahasiddhas gestig en volg die Boeddhistiese tantra-geskrifte.[1]

Tantristiese Boeddhisme het in ’n groot mate te doen met rituele en meditasiepraktyke.[2] Een aspek van Vajrayana is die inspan van psigo-fisieke energie deur rituele, visualiserings, fisieke oefeninge en meditasie as ’n manier om die gees te ontwikkel. Deur dié tegnieke kan iemand boeddhaskap in een leeftyd behaal, of selfs in drie jaar. Dié praktyke kan seksuele joga insluit, maar net vir sommige gevorderde beoefenaars.[3]

Geskiedeniswysig

Hoewel die eerste Boeddhistiese tantras van die 3de tot die 12de eeu in Indië verskyn het,[4] glo geleerdes soos Hirakawa Akira dat Vajrayana waarskynlik in die 6de of 7de eeu ontstaan het,[5] terwyl die term Vajrayana self in die 8ste eeu begin gebruik is.[1]

Die Vajrayana is voorafgegaan deur die Mantrayana en is gevolg deur die Sahajayana en Kalacakrayana.[6]

Verwysingswysig

Bronnewysig

  • Buswell, Robert E., ed. (2004), Encyclopedia of Buddhism, Macmillan Reference USA, ISBN 0-02-865910-4 
  • Williams, Paul (1989), Mahayana Buddhism: the doctrinal foundations, London: Routledge, ISBN 0-415-02537-0 
  • Williams, Paul; Tribe, Anthony (2000), Buddhist Thought: A complete introduction to the Indian tradition, Routledge, ISBN 0-203-18593-5 
  • Keown, Damien; Prebish, Charles S. (2004), Encyclopedia of Buddhism, London: Routledge, ISBN 978-0-415-31414-5 
  • Akira, Hirakawa (1993), Paul Groner, ed., History of Indian Buddhism, Translated by Paul Groner, Delhi: Motilal Banarsidass Publishers 
  • Schumann, Hans Wolfgang (1974), Buddhism: an outline of its teachings and schools, Theosophical Pub. House 
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media