Vaalrivier

Grootste takrivier van die Oranjerivier in Suid-Afrika

Die Vaalrivier is die grootste takrivier van die Oranjerivier in Suid-Afrika. Die Vaalrivier kry sy naam van die grys kleur van sy water, veral in die vloedseisoen wanneer baie slik en sediment afgevoer word. Die opvanggebied is ongeveer 200 000 km2 en die jaarlikse afloop is 4 300 miljoen m3.

Vaalrivier
Uitsig stroomaf van die N3-nasionale pad af
Uitsig stroomaf van die N3-nasionale pad af
Uitsig stroomaf van die N3-nasionale pad af
StroomgebiedSuid-Afrika
OorsprongSterkfonteinbaken naby Breyten
MondingOranjerivier
Lengte1 120 km
Gemiddelde afloop4 300 miljoen m3
Stroomgebiedopp.200 000 km2
Stokou foto van 'n pont op die Vaalrivier tydens die Anglo-Boereoorlog, 1899.

Oorsprongwysig

Dit het sy oorsprong by Sterkfontein Baken naby Breyten, in Mpumalanga provinsie en vorm die grootste deel van die Vrystaat provinsie se noordelike grens. Dit vloei hiervandaan 1 120 km suidwes tot by sy samevloeing met die Oranjerivier naby Douglas. Sowat 30 km suidoos van Ermelo vloei die rivier onder deur die Paulkrugerbrug wat die N11-nasionale pad dra. Net voor Standerton vloei die rivier in die Grootdraaidam in. Die Kliprivier sluit nou by die rivier aan en dan vloei die Vaalrivier onder deur die N3 nasionale pad by Villiers.[1] Net daarna vloei die rivier by die Vaaldam in. By die Vaaldam vloei die Wilgerivier ook by die dam in; die Vaaldam is oor die samevloeiing van die twee riviere gebou.

Die Vaalrivier vloei nou wes, deur die Vaaldriehoek. Die ander Klipriviersytak vloei nou saam met die Vaalrivier net voor die rivier oor die Barrage keerwal gaan. Hiervandaan vloei die rivier tot in die Bloemhofdam.

Die Hartsrivier is een van die noordelike sytakke van die Vaalrivier. In die omgewing waar die Hartsrivier in die Vaalrivier vloei, is die Vaalharts-besproeiingskema in 1933 as deel van die nasionale heropbouprogram ná die Groot Depressie ontwikkel. Dit is 'n groot besproeiingsprojek wat water uit die Vaal- en Hartsriviere deur middel van kanale oor 'n groot gebied wat voorheen redelik droë wêreld was, versprei en die dorpe Jan Kempdorp en Vaalharts laat groei het.

Grootmaatverbruikerswysig

Water word uit die rivier onttrek om te voldoen aan die industriële behoefte van die Gauteng en 'n groot deel van die Vrystaat. Die grootmaatverbruikers sluit in: Rand Water, Eskom se steenkoolkragstasies, Yskor, Sasol, die Vrystaatse Goudvelde en myne in die Noord-Kaap.

Damme in die Vaalrivierwysig

Die Vaaldam is die grootste dam in die Vaalrivier. Dit is die tweede grootste dam in Suid-Afrika in terme van oppervlakarea en het die vierde grootste volume. Ander damme in die rivier is die Grootdraaidam naby Standerton en die Bloemhofdam naby Bloemhof. Daar is ook verskeie keerwalle in die rivier waarvan die Barrage naby Vereeniging die bekendste is.

Sytakkewysig

Vislewewysig

Geelvisse, Oranjerivier-moddervisse en moggels kom onder andere in die rivier voor.

Verwysingswysig

  1. South Africa Road Atlas. Mapstudio. ISBN 978-1-77026-154-9

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media