Vigs

Sindroom wat die immuunstelsel aanval en geleidelik vernietig

(Aangestuur vanaf VIGS)

Verworwe immuniteitsgebreksindroom (vigs) (Engels: Aids), as gevolg van 'n besmetting met die menslike immuniteitsgebreksvirus (MIV), is 'n sindroom wat die immuunstelsel aanval en geleidelik vernietig. Pasiënte met 'n verswakte immuunstelsel is uiters vatbaar vir sekondêre (of opportunistiese) infeksies, en 'n bepaalde kombinasie van hierdie infeksies word as die sindroom vigs gedefinieer.

Vigs
Klassifikasie en eksterne bronne
Die rooi lint word wêreldwyd gebruik as simbool van die solidariteit met mense wat 'n MIV-besmetting opgedoen het.
Die rooi lint word wêreldwyd gebruik as simbool van die solidariteit met mense wat 'n MIV-besmetting opgedoen het.
ICD-10B20 B24
ICD-9042-044
OMIM609423
DiseasesDB5938
MedlinePlus  000594
eMedicineemerg/253
MeSHD000163
Mediese waarskuwing
'n Elektronmikrogram van MIV-1 wat besig is om vanuit 'n gekultiveerde limfosiet te bloei

MIV-infeksies word meestal deur seksuele omgang oorgedra, alhoewel die eerste vigslyers in Afrika die virus, wat oorspronklik net by ape voorgekom het, vermoedelik deur die vertering van aapvleis opgedoen het.

Tans is daar geen medisyne om vigslyers te genees nie, tog het die behandeling van MIV-positiewe lyers met 'n kombinasie van antiretrovirale middels hul lewenskwaliteit verbeter, en kan die aanvang van vigs deur bepaalde middels uitgestel word.

Vigs is die eerste maal in 1981 in die Verenigde State as 'n nuwe siekte geïdentifiseer. Aanvanklik doen veral homoseksuele mans, dwelmverslaafdes en hemofilie-lyers die siekte op.

Vigs skep groot probleme in gebiede waar 'n kombinasie van bepaalde faktore optree, soos byvoorbeeld die hantering van seksualiteit as 'n taboe-gelaaide onderwerp waarmee mense nie graag vrylik wil omgaan nie; sorgeloosheid ten opsigte van seksuele omgang, maar ook seksuele verdrukking van vroue en minderheidsgroepe soos gay mans wat aanleiding gee tot die afwysing van moontlike veiligheidsmaatreëls (onder meer veiliger seks en die gebruik van kondome); prostitusie; veelvuldige, anonieme seksuele omgang; armoede; onhigiëniese toestande en regerings wat nie oor die finansiële middele of die politieke wilskrag beskik om geskikte maatreëls teen die uitbreiding van die siekte te tref nie.

Suid-Afrika is een van die lande waar hierdie kombinasie van nadelige faktore tot 'n vigspandemie gelei het, en volgens skattings is vyf miljoen Suid-Afrikaners tans met die MI-virus besmet.

Invloed op die ekonomiewysig

Wêreldwye verspreiding van MIV en vigs onder jong volwassenes (15–49) volgens lande in 2009:[1]

   Geen data

   <0,1%

   0,1–0,5%

   0,5–1%

   1–5%

   5–15%

   15–50%

Die effekte wat vigs op ondernemings en op die ekonomie het, is baie kompleks.

Sommige ondernemings word meer ernstig deur die epidemie geraak. Sekere werkers soos trekarbeiders in die landboubedryf en mynbou kan byvoorbeeld maklik vervang word indien hulle sou sterf. Indien hierdie werkers nie baie belangrik vir die onderneming is nie, sal die betrokke sektor nie baie skade lei nie.

In ander sektore kan die situasie heelwat anders daar uitsien. Ondernemings in ander sektore kan baie ernstig geraak word, self al is daar 'n lae voorkoms van vigs. Indien die werkers by afsterwe moelik is om te vervang, kan dit ernstige gevolge vir die onderneming inhou. Die finansiële sektor is 'n voorbeeld hiervan omdat dit spesialisvaardighede van werknemers verg. Hierdie sektor het baie hoogs opgevoede en ervare werknemers in belangrike posisies.

Verwysingswysig

  1. "AIDSinfo". UNAIDS (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2020. Besoek op 30 Mei 2018.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media