Universiteit Stellenbosch

Universiteit in Suid Afrika

Die Universiteit Stellenbosch (US) is 'n Suid-Afrikaanse universiteit, geleë in die Boland streek van die Wes-Kaap.

Universiteit Stellenbosch
Die Ou Hoofgebou op Stellenbosch kampus

Leuse:Pectora roborant cultus recti
Leuse in Afrikaans:'n Goeie opvoeding versterk die gees
Leuse in Engels:A sound education strengthens the spirit
Gestig:1866
Tipe:Openbare universiteit
Befondsing:R1,5 miljard[1]
Kanselier:Edwin Cameron
Vise-kanselier:Wim de Villiers
Rektor:Wim de Villiers
Personeel:939[2]
Studentetal:27 823
Voorgraadse studente:17 970
Nagraadse studente:9 853
Ligging:Stellenbosch, Wes-Kaap
33°55′48.27″S 18°51′53.01″O / 33.9300750°S 18.8647250°O / -33.9300750; 18.8647250Koördinate: 33°55′48.27″S 18°51′53.01″O / 33.9300750°S 18.8647250°O / -33.9300750; 18.8647250
Kampus:2 voorstedelike en 2 stedelike
Kleure:     Maroen
Bynaam:Maties
Gelukbringer:Pokkel[3]
Affiliasies:AAU, ACU, CHEC, HESA, IAU
Webtuiste:sun.ac.za
J.H. Neethlinggebou
J.S. Gericke Biblioteek
Konservatorium

Die instelling is in 1865 gestig as Openbare Skool, maar is in 1866 herdoop as die Stellenbossche Gymnasium. In 1874 kom die sogenaamde Arts Department van die Stellenbosch Gymnasium tot stand met 'n leerlingtal van 120, en word amptelik as Kollege verklaar in 1881.

Danksy 'n ruim skenking deur mnr Jan Marais van Coetzenburg, wat in sy testament £100 000 vir hoër onderwys op Stellenbosch nagelaat het, kon die inrigting onafhanklike status as universiteitsinrigting verkry. Die Universiteitswet is in 1916 deur die Unie-parlement aangeneem. Op 2 April 1918 het hierdie wet in werking getree en is die Victoria Kollege deur die Universiteit van Stellenbosch vervang. Die totale getal ingeskrewe studente aan die Kollege in die jaar voor sy verhoging tot Universiteit, het 503 beloop. In dieselfde jaar het die doserende personeel uit 40 lede bestaan, van wie 22 professore en 18 lektore was.

Namate nuwe behoeftes in verband met die opleiding van studente ontstaan het, is daar aan die Universiteit van Stellenbosch nuwe fakulteite en afdelings gestig; vandag beskik die universiteit oor tien fakulteite. Duisende mense het al op Stellenbosch gestudeer en uitgegaan om 'n waardevolle bydrae in die praktyk te lewer. Op talle terreine van die samelewing speel oudstudente van Stellenbosch 'n belangrike rol. Sonder hulle sou Suid-Afrika vandag baie armer gewees het. Vandag word die Universiteit gereken onder die voorste universiteite in die suidelike halfrond en blink dit uit op die terrein van die onderrig, navorsing en gemeenskapsdiens.

Wapenswysig

Die Victoria College het Stellenbosch se destydse munisipale wapen gebruik, met die bykomende wapenspreuk "Pectora roborant culturis recti". Op die vooraand van universiteitswording in 1918 is 'n nuwe wapen in gebruik geneem.[4] Dit is in 1939 by die Departement van Binnelandse Sake geregistreer.[5] Die wapen kan soos volg geblasoneer word : Gevierendeel, I en IV in goud drie rooi torings; II in blou die kop van Minerva in silwer; III in blou drie gestingelde en geblaarde silwer akkers; op 'n swart binneskild 'n ope boek van silwer. Die helmteken is 'n hand wat 'n brandende fakkel vashou. Die bestaande wapenspreuk is behou.

Bekende oudstudentewysig

US-studente staan bekend as Maties.

Fakulteitewysig

  • Agriwetenskappe
  • Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
  • Fakulteit Gesondheidswetenskappe
  • Fakulteit Ingenieurswese
  • Krygskunde
  • Lettere en Sosiale Wetenskappe
  • Natuurwetenskappe
  • Opvoedkunde
  • Regsgeleerdheid
  • Teologie

Koshuisewysig

Manskoshuise

  • Dagbreek
  • Eendrag
  • Helderberg
  • Helshoogte
  • Huis Marais
  • Huis Visser
  • Majuba
  • Simonsberg
  • Wilgenhof

Wilgenhof is die oudste universiteitskoshuis in Afrika en is in 1913 geopen

Dameskoshuise

  • Erica
  • Harmonie
  • Heemstede
  • Huis Ten Bosch
  • Huis Francie van Zijl
  • Irene
  • Lydia
  • Minerva
  • Monica
  • Nemesia
  • Nerina
  • Serruria
  • Sonop

Gemengde Koshuise

  • Academia
  • Concordia
  • Goldfields
  • Hippokrates
  • Kerkenberg
  • Metanoia
  • Meerhoff

Mans PSO's

  • Pieke
  • Libertas
  • Oude Molen
  • Vesta

Dames PSO's

  • Aristea
  • Equité
  • Silene
  • Venustia

Gemengde PSO's

  • Aurora
  • Osler
  • Olympus

Studentegemeenskappe (klusters)Koshuise en Privaat Studente Organisasies (PSO’s) word in klusters gegroepeer om studentegemeenskappe te vorm. Vir elke kluster word ’n fasiliteit opgerig wat as ’n naaf (hub) bekend staan. Twee klusterfasiliteite is reeds opgerig, naamlik amaMaties en Wimbledon. Hier kan dagstudente, net soos koshuisstudente, etes koop, aan mentorgroepe deelneem en tyd tussen klasse by ’n goed toegeruste plek met internettoegang deurbring.[6]

Klusters op die Stellenbosch-kampus

  • amaMaties
  • Rubix
  • Validus
  • VicMeyr
  • Victoria
  • Wimbledon

Kluster op die Tygerberg-kampus

  • Tygerberg

Hoofdewysig

[7]

Rektor
PeriodeVanNaamGeboortedatumSterfdatum
11919-1925CilliéGabriël Gideon10 September 18701 April 1958
1925-1934Geen
21934-1955WilcocksRaymond William23 Januarie 189216 Maart 1967
31955-1970ThomHendrik Bernardus31 Desember 19054 November 1983
41970-1979de VilliersJan Naude17 Augustus 1923
51979-1993de VriesMichiel Josias5 Mei 19335 Julie 2002
61993-2002van WykAndreas Hercules17 September 1941
72002-2007BrinkChris31 Januarie 1951
82007-2014BotmanHayman Russel18 Oktober 195328 Junie 2014
92014-de VilliersWillem Johan Simon26 September 1959
Kanselier
PeriodeVanNaamGeboortedatumSterfdatum
11918-1919MaraisJohannes Izak23 Augustus 184827 Augustus 1919
21919-1931VosPieter Jacobus Gerhard29 Oktober 184231 Oktober 1931
31931-1932de VilliersJacob Abraham Jeremias14 Desember 186816 September 1937
41932-1939MoorreesAdriaan18 Augustus 185517 November 1938
51939-1941KestellJohn Daniel15 Desember 18549 Februarie 1941
61941-1959MalanDaniël Francois22 Mei 18747 Februarie 1959
71959-1968DöngesTheophilus Ebenhaezer8 Maart 189810 Januarie 1968
81968-1983VorsterBalthazar Johannes13 Desember 191510 September 1983
91983-1983ThomHendrik Bernardus31 Desember 19054 November 1983
101984-1988BothaPieter Willem12 Januarie 191631 Oktober 2006
111988-1998van der HorstJohannes Gerhardus19 September 191923 April 2003
121998-2008BothaElizabeth19 November 193016 November 2007
132008-2009SlabbertFrederik Van Zyl2 Maart 194014 Mei 2010
142009-2019RupertJohann Peter1 Junie 1950
152019-CameronEdwin15 Februarie 1953

Omstredenheidwysig

Afrikaans as voertaalwysig

In 2015 het 'n bestuurspan onder leiding van Wim de Villiers beslis dat "alle onderrig aan die Universiteit Stellenbosch in Engels gefassiliteer sal word" en dat "aansienlike akademiese ondersteuning volgens studente se behoeftes in ander Suid-Afrikaanse tale beskikbaar gestel sal word".[8] In 2017 word die Universiteit se Taalbeleid, wat in 2016 hersien is, toegepas. Die hersiene beleid stel Engels as onderrigtaal op dieselfde vlak as Afrikaans en het hewige polemiek ontlok. Die US bied steeds onderrig in Afrikaans aan.[9] Die Grondwetlike Hof se beslissing in Gelyke Kanse en Andere v Voorsitter van die Senaat van die Universiteit van Stellenbosch en Andere (gelewer op 10 Oktober 2019) het egter Afrikaans se toekoms as voer- en kultuurtaal aan dié staatsinstelling die nekslag toegedien.[10]

Persgesig-insidentwysig

Twee damesstudente het hulself in 2016 gegrimeer om soos ruimtewesens te lyk. Die US-bestuur het op grond van foto’s geoordeel dat hulle hulle gesigte swart gesmeer het. Die twee dames is daarna uit 'n US-koshuis geskors. Die gebeure staan as die persgesig-insident of swartgesig-herrie bekend, waar dit skynbaar onverskoonbaar vir wit mense is om hulle soos swart mense te vermom.[11]

'n Soortgelyke foto het in 2014 opslae gemaak toe twee US-studente hul gesigte swart gesmeer het om soos die tennis-susters Venus en Serena Williams te lyk. Die universiteit het destyds besluit om nie dissiplinêr op te tree nie, maar eerder die voorval vir “versoening” aan te wend.

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. (en) Stellenbosch University Annual Report 2011 (PDF). University of Stellenbosch. p. 83. Besoek op 1 Junie 2014.
  2. (en) "Stellenbosch University Statistical Profile 2012" Geargiveer 28 Mei 2013 op Wayback Machine, Official Stellenbosch University Website, SU Consensus, Junie 2012
  3. (en) "Meet Pokkel the Maties mascot" Geargiveer 13 Junie 2011 op Wayback Machine, Matie News, 18 Februarie 2009
  4. Die nuwe wapen verskyn vir die eerste keer op die 1918-uitgawe van die kollege/universiteit se Kalender.
  5. National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry.
  6. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2018. Besoek op 25 Julie 2017.
  7. "Universiteit van Stellenbosch 100 jaar". Universiteit van Stellenbosch. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2018. Besoek op 9 September 2018.
  8. Parker, M. 2016, 'Stellenbosch and the Afrikaans racial baggage', New African, 557, p. 38, MasterFILE Premier, EBSCOhost, geraadpleeg op 10 Mei 2017.
  9. https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/us-taalbeleid-afrikaans-gelyk-met-engels/
  10. "English prevails in Stellenbosch University language battle". Daily Maverick. Besoek op 12 Mei 2021.
  11. Swartgesig-herrie: twee maties geskors, Maroela Media, 7 Februarie 2016

Bronnewysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media