United Church in Zambia

Die United Church in Zambia is die grootste kerkgenootskap in Zambië naas die Rooms-Katolieke Kerk. Die kerk maak aanspraak op sowat 3 miljoen lidmate en het meer as 1050 gemeentes.[1]

Ontstaanwysig

Die United Church in Zambia het ontstaan as die United Church of Central Africa in Rhodesia danksy baanbrekerswerk deur die Londense Sendinggenootskap, die sendingtak van die Church of Scotland, die Union Church of the Copperbelt en die Copperbelt Free Churches. Toe die ontginning van koper vroeg in die dekade na 1920 in die Koperstreek begin het, het Christene uit alle uithoeke van die destydse Noord-Rhodesië en ook uit die buiteland op die kopermyne gaan werk. Interkerklike aanbidding het in die blanke sowel as die swart woongebiede begin. In daardie stadium het die Londense Sendinggenootskap, die Church of Scotland en die Sendinggenootskap van die Metodistekerk reeds saamgewerk op onderwys- en welsynsgebied en daarom was die volgende logiese stap om die Union Church of the Copperbelt te stig. Kort hierna het die blanke gemeentes byeengekom en die Copperbelt Free Church Council gestig.

Verenigingwysig

Teen 1945 is die weg gebaan vir die vereniging van die Londense Sendinggenootskap en die Church of Scotland Mission, wat saam die Church of Central Africa in Rhodesia gevorm het. Die twee genootskappe het amptelik in 1958 verenig. In 1965 het dié kerk met die Metodistekerk en die Church of Barotseland as die United Church in Zambia verenig. Dit is verreweg die grootste Protestantse kerkverband in Zambië en sy lidmate neem steeds vinnig toe.[2]

Verwysingswysig

  1. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2012. Besoek op 5 Desember 2009.
  2. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2012. Besoek op 5 Desember 2009.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media