Umqombothi

Umqombothi (Xhosa-uitspraak: [um̩k͡ǃomboːtʰi]), uit die Xhosa- en Zoeloe-taal, is 'n bier gemaak van mielies, mieliemout, sorghummout, gis en water. Dit word algemeen in Suid-Afrika gebrou. Dit is baie ryk aan vitamien B. Die bier het 'n redelike lae alkoholinhoud (gewoonlik minder as 3%) en is bekend daarvoor dat dit 'n swaar en herkenbare suur aroma het. Die voorkoms van die bier is ondeursigtig en ligbruin. Dit het 'n dik, romerige en korrelrige aard weens die mielies daarin.

Umqombothi

Umqombothi is goedkoper as kommersiële lagerbier wat van gars gebrou word en met hopsblomme gegeur is.

Tradisionele voorbereidingsmetodewysig

Umqombothi word volgens die tradisionele gebruike gebrou en dit wissel effens tussen streke. Die resep word gewoonlik tussen die geslagte deurgegee. Die bier word tradisioneel op 'n oop vuur buite die huis voorberei. Dit word dan passief afgekoel tot omgewingstemperatuur buite die huis.

Die bestanddele wat gebruik word, is: gelyke mate mieliemeel, fyngemaalde mieliemout en gestampte sorghummout. Die mieliemout lewer 'n ligter bier met 'n sagte smaak. Die sorghummout lewer 'n donkerder bier.

Die bestanddele word gemeng in 'n gietysterpot, bekend as 'n potjie in Suid-Afrika. Vier mate warm water word bygevoeg. Die mengsel word oornag gelaat. Die mengsel begin gis en borrels verskyn. 'n Suur reuk kan waargeneem word.

Umqombothi bedien in 'n ukhamba, tradisionele Zoeloe-bierhouer in Kaapstad, Suid-Afrika.

'n Klein gedeelte van die wort word verwyder en eenkant gesit. Die orige moes word gaar totdat 'n korsagtige sediment vorm. Hierdie produk staan bekend as isidudu en kan as 'n pap geëet word. Indien bier gemaak word, moet die isidudu vir 'n dag afkoel.

Nadat die mengsel afgekoel het, word dit in 'n groot plastiekvat gegooi. Die wort wat opsy gesit is, word by die vat gevoeg. 'n Handvol sorghummout en 'n handvol mieliemout word by die vat gevoeg. Die brousel word geroer met 'n tradisionele roerlepel wat 'n iphini genoem word. Die vat word dan met 'n deksel en deken bedek (om hitte te behou), en oornag op 'n warm plek geplaas om fermentasie aan te moedig.

Die tradisionele metode om te toets of die brousel gereed is, is om 'n vuurhoutjie naby die bak aan te steek. As die vuurhoutjie vinnig doodgaan, is die brousel gereed. As die vuurhoutjie aanhou brand, is die brousel nie gereed nie. Dit gebeur omdat die gistingsproses van die moes groot hoeveelhede koolstofdioksied produseer, wat die vuur sal smoor.

As die brousel gereed is, word die gefermenteerde moes deur 'n groot metaalsif gefiltreer om die gebruikte graan te verwyder. Die sediment aan die onderkant van die vat staan bekend as intshela. Die intshela word by die gefiltreerde bier gevoeg om ekstra smaak te gee.

Die gebruikte graan word uitgedruk en word gewoonlik op die grond gegooi vir die hoenders. Die bierbrouer bedank tradisioneel die voorouers terwyl hy die mielies strooi.

Sodra die bier gefiltreer is, word dit in 'n groot gemeenskaplike drom wat 'n gogogo genoem word, gegiet. Dit is gereed om met vriende en familie te deel. Wanneer gaste by die brouer se huis aankom om die bier te proe en aan die viering deel te neem, bring hulle tradisioneel 'n bottel brandewyn as 'n simbool van dankbaarheid.

Tradisionele gebruikewysig

Umqombothi word gebruik om die tuiskoms van jong mans, bekend as abakwetha in die Xhosa-kultuur, na ulwaluko te vier - inisiasie en godsdienstige manlike besnydenis.

Hierdie bier speel 'n baie belangrike rol as iemand met hul voorouers, die amadlozi, kontak maak en het 'n sentrale rol in die sosiale konteks, en word dus dikwels tydens huwelike, begrafnisse en imbizos (tradisionele vergaderings) genuttig.[1]

Gesondheidsproblemewysig

In 'n studie in 2002[2] is bevind sorghum en mielies wat as bestanddele in umqombothi gebruik word, dikwels besmet is met mikotoksienproduserende vorms van Aspergillus spp., Penicillium spp., Rhizopus spp. en Mucor spp.

Alhoewel die finale bier nie met die swamme besmet is nie, bevat 33% kommersieel-gebroude sorghumbier aflatoksiene en 45% tuisgemaakte bier bevat zearalenon of ochratoksien A (of albei) in die finale produk.

Die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika het 'n baie hoë voorkoms van slukdermkanker.[3] Navorsing deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Mediese Navorsing dui daarop dat mikotoksiene in tuisgegroeide mielies verband hou met die hoë voorkoms van hierdie kanker.

In die populêre kultuurwysig

Daar word na verwys na die bier in die gelyknamige lied wat Yvonne Chaka Chaka gesing het. Die lirieke van die lied noem dit 'n 'magiese Afrika bier'. Die lied word gehoor in die opening van die rolprent Hotel Rwanda.

Verwysingswysig

  1. Murray, Slater. "Umqombothi: Africas original beer". Beerhouse. The Beerhouse. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2016. Besoek op 7 April 2016.
  2. Odhav, B.; Naicker, V. (2002). "Mycotoxins in South African traditionally brewed beers". Food Additives and Contaminants. 19 (1): 55–61. doi:10.1080/02652030110053426. PMID 11811766.
  3. "@Livewire - Throat Cancer". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2015. Besoek op 31 Oktober 2007.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media