Uitstralingspunt

Die uitstralingspunt van ’n meteoorreën is die punt in die lug van waar dit vir die waarnemer lyk die meteore kom.[1] Die Perseïdes is byvoorbeeld meteore wat lyk of hul oorsprong ’n sentrale punt in die sterrebeeld Perseus is.

’n Diagram van ’n meteoorreën en sy uitstralingspunt, gemerk met "o".

’n Waarnemer sal ’n meteoor op enige plek in die lug sien, maar die rigting van die beweging as dit teruggespeur word, sal na die uitstralingspunt wys. ’n Meteoor wat nie na dié punt terugwys nie, word as "sporadies" beskou en dus nie deel van die reën nie.

Meteoorreëns se uitstralingspunt skuif in die tydperk waartydens dit gesien kan word vanweë die rotasie van die Aarde om sy as. Die uitstralingspunt van die Delta Aurigides skuif byvoorbeeld elke nag met meer as ’n graad.[2] Dit wissel ook effens van nag tot nag teen die agtergrondsterre vanweë die Aarde se wenteling om die Son.

Waarnemingwysig

Meteoorreëns word veroorsaak deur stofdeeltjies in die baan van ’n komeet. Wanneer die Aarde deur die baan beweeg, ontstaan ’n meteoorreën. Omdat al die deeltjies in dieselfde rigting beweeg, lyk dit of almal uit dieselfde punt kom.

Die uitstralingspunt is ’n baie belangrike faktor in die waarneming van ’n meteoorreën. As die punt onder of naby die horison is, sal min meteore gesien word. Die hoogtepunt van ’n reën, wanneer die meeste meteore gesien kan word, is wanneer die uitstralingspunt op sy hoogste bo die horison is – gewoonlik net voor sonsopkoms.

Verwysingswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media