Turkse angora

Die Turkse angora (Turks: Ankara Kedisi) is een van die antieke natuurlike katrasse. Dit het in Sentraal-Turkye ontstaan – in die Ankara-streek (voorheen bekend as Angora). Die katte word ook soms die ankarakat of angorakat genoem en in sekere verouderde geskrifte die angolakat.[1]

Turkse angora
Alternatiewe naam Angorakat, ankarakat
Land Turkye
Ontstaan Natuurlik
Pels Halflank
Patroon Alle behalwe kleurpunte
Wetenskaplike naam
Felis catus (huiskat)
Portaal  Portaalicoon  Katte

Geskiedeniswysig

’n Turkse angora met ’n onpaar oë.

Soos alle huiskatte stam die Turkse angora van Afrika se vaalboskat (Felis silvestris lybica) af. Individuele katte is deur handelaars van Egipte en die bergagtige oostelike streke van Anatolië na Turkye gebring en deur inteling en natuurlike seleksie het hulle in langharige rasse soos die Turkse van en Turkse angora ontwikkel.

Langhaarkatte is reeds in die laat 16de eeu van Klein-Asië, Persië en Rusland na Brittanje en Frankryk ingevoer, hoewel daar aanduidings is dat hulle reeds in die 14de eeu in Europa beland het vanweë die Kruistogte. Die Turkse angora is gebruik om die Persiese kat se pels te verbeter en is in die proses amper uitgewis. Hulle is teen die 17de eeu in Europa as ’n aparte ras erken.[2]

In die vroeë 20ste eeu het die Turkse regering in samewerking met die Ankara-dieretuin ’n teelprogram begin om te beskerm wat hulle as ’n nasionale skat beskou: die wit Turkse angora met ’n onpaar oë (een blou en een amberkleurige oog).[3] Die program duur vandag steeds voort.

Beskrywingwysig

Turkse angoras het ’n halflang pels sonder ’n onderlaag, ’n syagtige stert en ’n fyn beenstruktuur. Hulle is veraf verwant aan die Persiese kat en Turkse van. Daar is tans meer as 20 kleure, onder meer swart, blou, rooierig en rookkleurig. Hulle kan gestreep wees en enige kleur behalwe kleurpunte, laventel en kaneel.

Die kop is groot, die ore groot en gepunt en die oë amandelvormig. Oë kan blou, groen of amberkleurig wees of ’n onpaar (een blou en een amberkleurig). Die geen wat verantwoordelik is vir die wit pels is betrokke by doofheid, wat kan beteken dat katte met ’n onpaar oë doof is aan die kant met die blou oog. Baie katte met onpaar oë kan egter normaal hoor en selfs dowe katte kan binnenshuis ’n normale lewe lei.

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. Wood, J. G. (Rev.). Our Living World: An Artistic Edition of the Rev. J.G. Wood's Natural History of Animate Creation. Selmer Hess. p. Plate: "Manx Cat. Angola Cat.".
  2. "Breed Article: Turkish Angora". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2011. Besoek op 15 Januarie 2012.
  3. "Cats and Kittens Magazine Turkish Angora Breed Profile". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2007. Besoek op 15 Januarie 2012.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media