Tuinring

Die Tuinring, ook bekend as die B-ring (Russies: Садо́вое кольцо́ Sadówoje Koltsó, кольцо́ "Б" Koltsó B) is 'n kringpad om Sentraal-Moskou wat langs die vroeëre 17de eeuse stadsmuur en versterkings wat rondom Zemljanoi Gorod, die destydse ringvormige buitewyke van Moskou, gebou is. Toe hulle hul militêre betekenis gedurende die 1820's verloor het (Moskou se stadsgebied is ná die Napoleontiese inval en die groot brand van 1812 merkbaar uitgebrei), is hulle geleidelik deur strate vervang wat later die kringpad sou vorm.

Zemljanoi Gorod en die historiese middestad van Moskou wat tans deur die Tuinring omsluit word, met Kremlin, die historiese koopmanskwartier Kitai-gorod en Beli-gorod, die "Wit stad" wat sy naam aan 'n witgeverfde stadsmuur te danke het
Zemljanoi wal noord van die Jaoeza-brug op 'n foto wat deur Nikolai Naidenof in 1888 geneem is. Die straat met sy kenmerkende voortuine het sy naam aan die historiese grondwal te danke
Zemljanoi wal vandag, soos gesien in 'n suidelike rigting
Krimski-brug met sy ses rylane vorm tans die nouste seksie van die Tuinring

Die versterkings, waarlangs die Tuinring ontstaan het, het oorspronklik uit 'n grondwal (Russies: Земляной вал Zemljanoi wal) met aangrensende waterwal bestaan wat later verwyder is om plek te maak vir 'n breë geplaveide pad met sypaadjies (wat minder as 25 meter breed was), lane en tuine. Die Tuinring se naam is afgelei van die laasgenoemdes. In die Tsaretydperk het die meeste woonhuise nog oor voortuine beskik - huiseienaars was selfs verplig om 'n voortuin aan te lê.[1] Hulle is verwyder toe die ring gedurende die 1930's onder die Stalinbewind verbreed is.

Die Tuinring bestaan uit sewentien strate (elkeen met sy eie naam) en vyftien pleine, met 'n totale lengte van sestien kilometer. By sy nouste punt, die Krimskibrug, het die pad ses lane, en by sy breedste seksie oorspronlik agttien lane gehad. In die 21ste eeu is die Tuinring herbou en beperk tot maksimaal tien lane.

Verwysingswysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media