Hortologie

(Aangestuur vanaf Tuinbou)

Hortologie (van Latyn: "hortus" = tuinplant) of tuinbou is die tak van landbou wat handel oor die kuns, wetenskap, tegnologie en besigheid van plantverbouing.

'n Vertikale tuin.

Die Wintertuinwysig

Hou streng by saaidatumswysig

Ten einde 'n suksesvolle groentetuin te verbou tydens die wintermaande moet daar streng gehou word by die aanbevole saaidatums vir bv koolgewasse, wortels en beet. Daarby moet alle ander bestuurspraktyke noulettend uitgevoer word. Saaidatums is belangrik omdat die hitte van die mid- en laatsomer die grondslag lê vir die sukses van die wintertuin.

Voordele van 'n wintertuin bo 'n somertuinwysig

Die koue van die wintermaande (Meimaand tot Augustus in die grootste deel van Suid-Afrika) werk soos 'n koelkas: dit hou groente in 'n puik toestand. Kopkool, wortels, beet en raap kan te enige tyd geoes word. Daarby het blomkool en broccoli 'n goeie twee weke pluktyd, in teenstelling met uiters twee dae gedurende die someraande.

As die tuin eers gevestig is, is die werk in die wintertuin baie min. Water hoef bv slegs eenmaal per week toegedien te word.

Geskikte gewassewysig

Uiewysig

Uie word in twee hoofgroepe verdeel, nl. kortdag-kultivars soos bv Texas Grano, en langdag-kultivars soos Australian Brown en Caledon Globe. In omgewings soos bv Bloemfontein/Brandfort, waar aanplantgebiede vir langdag- en kortdaguie oorvleuel, moet die huistuinier katvoet loop met sy saaidatums, ten einde saadskiet tot die minimum te beperk.

Breedtegraad speel 'n bepalende rol by uieproduksie. Kortdag-uiesoorte word by die laer breedtegrade geplant, in teenstelling met die langdag-kultivars wat weer by die hoër breedtegrade geplant word, soos bv in die Wes-Kaap.

Texas Grano kan met groot sukses gesaai word gedurende April en Mei. Australian Brown word weer vanaf 1 Mei tot 20 Mei gesaai. Dit geld vir die Bloemfontein-omgewing. Saai op saadbeddings wat diep nat is, en hou die beddings klam. Tydens koue weer neem uiesaad tot drie weke om te ontkiem. Moenie toelaat dat die saailinge deur onkruid ingeneem word nie.

Koolwysig

Spuit koolplantjies elke drie weke teen larwes van die ruitrugmot. Gebruik Malasol of Durstban. Voed plantjies weekliks met 'n goeie gebalanseerde voeding soos bv Multifeed. Volg die voorskrifte.

Peulgroentewysig

Saai ertjies en boerboontjies die laaste week van Mei en die eerste week van Junie, sodat hierdie twee groentesoorte nie in blom moet kom tydens Augustusmaand nie, omdat daar dan nog 'n besliste gevaar van ryp is.

Radysewysig

Saai radyse gedurende Mei.

Vrugtewysig

Hou vrugtebome en druiwestokke nog diep nat gedurende Mei en Junie. Wag met die snoeiwerk tot minstens Juniemand.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media