Trudie Taljaard

Trudie Taljaard (194831 Januarie 2009) was ’n bekende Afrikaanse verhoog- en TV-aktrise en toneelafrigter. Sy het haar eie dramaskool, ACTA (Another Centre for Training Actors), gehad en was ook speels bekend as die tweejaarwaarborg-tannie nadat sy lank in ’n bekende meubelwinkel se advertensies opgetree het.

Trudie Taljaard
Geboorte1948
Sterfte31 Januarie 2009
NasionaliteitSuid-Afrika
Beroep(e)Aktrise en toneelafrigter
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Biografiewysig

Trudie het in Melville, Johannesburg, grootgeword en daarna aan die Universiteit van Pretoria drama studeer. Sy was getroud met die akteur Errol Roelofsz en daarna met die akteur Nico Liebenberg. Sy het drie dogters gehad: Marlene, Justine en Eloise.

Sy is op 31 Januarie 2009 op 60-jarige ouderdom oorlede nadat sy in 2007 met beenkanker gediagnoseer is.

Verhoog, TV en rolprentewysig

Van die toneelstukke waarin Trudie oor meer as twintig jaar opgetree het, is ’n Seder Val in Waterkloof, Die Potlooddief en die Engel, Die Vrek, Drie Seisoene, Die Ander Man, Die Wonderwerk, Raka, Droomsmokkelaar, Treinstories en die omstrede[1][2][3] eenmanstuk Kombuis-blues van die skrywer Jeanne Goosen. Sy het veral vir laasgenoemde groot lof gekry en is vir ’n paar pryse benoem vir haar toneelspel.

Op TV was sy onder andere te sien in Dokter, Dokter, Sonkring, Home Affairs, Tekwan, Die Hartseerwals, Arende III, Suburban Bliss, Pastorie-petaljes, People Like Us, Dit Wat Stom Is en Saartjie. Haar laaste rol was as matrone Netta Nortjé se suster Esther in die Afrikaanse sepie 7de Laan.

Van haar rolprente sluit in Elsa se Geheim (1979), Broer Matie (1984), Windprints (1990), The Long Run (2000) en Hitchhiker (2007).

Pryse en benoemingswysig

Trudie is vir verskeie pryse benoem en het onder andere in 1991 die Star Tonight!-prys vir Beste Aktrise gewen vir haar rol as Charlene Brits in die TV4-komediereeks People Like Us[4] en in dieselfde jaar die Computicket-prys vir haar spel in Kombuis-blues.[5]

Ander pryse waarvoor sy benoem is, is die Dalro-teaterprys as Beste Aktrise in ’n Afrikaanse hoofrol (1991), die Fleur du Cap-toneelprys (1991), IGI Life se Vita-toneelprys vir Natal (1992) en die Artes-prys (1989).

Lys werkewysig

Toneelwysig

  • ’n Seder val in Waterkloof
  • Die potlooddief en die engel
  • Die vrek
  • Drie seisoene
  • Die ander man
  • Die wonderwerk
  • Raka
  • Droomsmokkelaar
  • Treinstories
  • Kombuis-blues

TVwysig

  • Dokter, Dokter
  • Phoenix en Kie
  • Mattewis en Meraai
  • Tekwan
  • Die hartseerwals
  • Pastorie-petaljes
  • Arende III
  • Suburban Bliss
  • People Like Us
  • Dit wat stom is
  • Home Affairs
  • Sonkring
  • Saartjie
  • 7de Laan

Rolprentewysig

Verwysingswysig

  1. "DIE BURGER LAAT,8 Februarie 1991 bladsy 1:'Dun geskaafde' Trudie los verhoog". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2011. Besoek op 5 Februarie 2009.
  2. "DIE BURGER LAASTE,9 Februarie 1991 bladsy 7:Trudie Taljaard: 'Daar is altyd die vlieë in jou lewe'". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2012. Besoek op 5 Februarie 2009.
  3. "DIE BURGER LAASTE,12 November 1990 bladsy 6:Kombuis- en ander blues in Libertas". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Julie 2012. Besoek op 5 Februarie 2009.
  4. "DIE BURGER LAASTE,13 April 1991 bladsy 6:Ruda én 'Carte Blanche' wen". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Julie 2012. Besoek op 5 Februarie 2009.
  5. "DIE BURGER LAASTE,8 November 1991 bladsy 4:Shakespeare-stuk bo in Goudstad". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2011. Besoek op 5 Februarie 2009.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media