Trinity-kernwapentoets

Trinity was die kodenaam vir die eerste ontploffing van 'n kernwapen. Die toets is op 16 Julie 1945 om 05:29 deur die Amerikaanse Weermag uitgevoer as deel van die Manhattan-projek. Dit het plaasgevind in die Jornada del Muerto-woestyn, ongeveer 56 km suidoos van Socorro, Nieu-Mexiko. Die plek was toe bekend as die USAAF Alamogordo Bombing and Gunnery Range, tans deel van die White Sands-missieltoetsterrein. Die enigste geboue destyds was die McDonald Ranch House en sy aanvullende geboue wat deur die wetenskaplikes gebruik is as 'n laboratorium om komponente van die bom te toets. 'n Basiskamp is opgerig en daar was 425 mense teenwoordig tydens die naweek van die toets.

'n Paddastoelwolk sekondes ná die ontsteking van die Gadget.

Die kodenaam "Trinity" is toegeken deur J. Robert Oppenheimer, direkteur van die Los Alamos-laboratorium; dit is geïnspireer deur die poësie van John Donne. Die toets is gedoen met 'n inploffingstipe ontwerp wat plutonium gebruik het met die bynaam The Gadget. Dit was dieselfde ontwerp as wat gebruik is vir die Fat Man-bom wat op 9 Augustus 1945 oor Nagasaki laat ontplof is. Die ontwerp was kompleks en het 'n groot poging van die Los Alamos-laboratorium geverg, en die onsekerheid of die ontwerp sou werk of nie het gelei tot die besluit om eers 'n toetsontploffing te laat plaasvind. Die toets is deur Kenneth Bainbridge beplan en bestuur.

Die vrees vir 'n swak ontploffing (geen kernreaksie nie) het tot gevolg gehad dat 'n staalhouer, genaamd Jumbo, ontwerp is waarin die plutonium geplaas kon word sodat dit later herwin kon word ingeval die kernreaksie glad nie plaasvind nie. Jumbo is toe nie gebruik nie. 'n "Kleedrepetisie" is op 7 Mei 1945 gehou waar 108 ton plofstof, behandel met radiaktiewe isotope, ontplof is. Die Trinity-bom het energie gelykstaande aan 22 kiloton TNT vrygestel. Van die waarnemers was Vannevar Bush, James Chadwick, James Conant, generaal Thomas Farrell, Enrico Fermi, Richard Feynman, Leslie Groves, Robert Oppenheimer, Geoffrey Taylor, Richard Tolman en John von Neumann.

Die toetsterrein is in 1965 tot 'n Nasionale Historiese Landmerk verklaar en die volgende jaar op die National Register of Historic Places gelys.


🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media