Transliterasie

Omskakeling van 'n teks van een skrif na 'n ander

In ’n transliterasie word woorde uit een skrif of taal letter vir letter in ’n ander alfabet weergegee. Soms word diakritiese tekens gebruik sodat die omskakeling op ’n presiese manier omgekeer kan word.

In teenstelling met getranskribeerde woorde is die uitspraakreëls van die teikentaal vir ’n leser nie voldoende om die getranslitereerde woorde te kan uitspreek nie. Transliterasie is ’n geskikte hulpmiddel om skrywers en titels of ander elemente in ’n lys wat oorspronklik nie in die Latynse alfabet geskryf is nie, behoorlik te sorteer.

Daar is verskeie voorbeelde van getranslitereerde woorde wat in Afrikaans gebruik word, byvoorbeeld sjiek (uit Frans), kurrikulum (uit Latyn) ens.

Transliterasie en transkripsiewysig

Daar word onderskei tussen:

  1. Transliterasie as ’n presiese letter-vir-letter-omskakeling van een alfabet (byvoorbeeld Cyrillies) in ’n ander (byvoorbeeld die Latynse alfabet), dikwels met behulp van diakritiese tekens. Hierdie omskakeling kan, indien nodig, weer omgekeer word. Transliterasie word veral in wetenskaplike werke gebruik indien die woord nie in die oorspronklike alfabet weergegee kan word nie omdat die letters verskil.
  2. Transkripsie as ’n uitspraakgebaseerde omskakeling van woorde uit ’n vreemde alfabet in ’n ander taal deur gebruik te maak van ’n fonetiese skrif of die spelreëls van die teikentaal. Dit word veral vir niewetenskaplike doeleindes gebruik sodat niemoedertaalsprekers die woorde volgens hul eie taal se spelreëls kan uitspreek.
Transliterasie en transkripsie van Grieks as ’n voorbeeld
Griekse woordTransliterasieTranskripsieNotas
Ελληνική ΔημοκρατίαEllēnikḗ DēmokratíaElliniki Dimokratia"Δ, δ" soos Engels 'th' in 'these'
βασιλεύς εν Ναυπλίωbasileús en Nauplíōvasilefs en Nafplio"β" soos 'w', "αυ" / "ευ" soos 'af' / 'ef' voor stemlose konsonante
ΕλευθερίαEleutheríaEleftheria"Θ, θ" soos Engels 'th' in 'thing'
ΕυαγγέλιοEuaggélioEwangelio"ευ" soos voor klinkers en stemdraende medeklinkers; γγ soos 'ng' in Afrikaans
των υιώνtōn uiṓnton ion"υ"/"υι" soos 'i' in Afrikaans
Μπερλίν, Ντακάρ, ΓκέντMperlín, Νtakár, GkéntBerlin (Berlyn), Dakar, Gent"μπ" / "ντ" / "γκ" (digrawe vir 'b' / 'd' / 'g')

In die geval van meer ingewikkelde skrifte soos Chinees bestaan daar geen transliterasiestelsels nie, die omskakeling is beperk tot transkripsies.

Verskillewysig

Verskille tussen transliterasie en transkripsie
Oorspronklike Russiese teksБорис Николаевич Ельцин
Amptelike transliterasie volgens die ISO 9-standaard (GOST 7.79-2000)Boris Nikolaevič Elʹcin
Wetenskaplike transliterasieBoris Nikolaevič Elʼcin
Fonetiese transkripsie volgens die Internasionale Fonetiese Alfabet (IFA)[bʌˈɾʲis nʲɪkʌˈɫajɪvʲɪt͡ʃʲ ˈjelʲt͡sɨn]
27 voorbeelde van omskakeling van dieselfde naam in ander tale/alfabette (transkripsie)
AfrikaansBoris Nikolajewitsj Jeltsin
NederlandsBoris Nikolajevitsj Jeltsin
EngelsBoris Nikolayevich Yeltsin
DuitsBoris Nikolajewitsch Jelzin
Bulgaars, MacedoniesБорис Николаевич Елцин
SerwiesБорис Николајевич Јељцин
Tsjeggies / SloweensBoris Nikolajevič Jelcin
SlowaaksBoris Nikolajevič Jeľcin
KroatiesBoris Nikolajevič Jeljcin
PoolsBorys Nikołajewicz Jelcyn
LetsBoriss Nikolajevičs Jeļcins
LitausBorisas Nikolajevičius Jelcinas
Sweeds / DeensBoris Nikolajevitj Jeltsin
NoorsBorís Nikolájevitsj Jéltsin
SpaansBorís Nikoláyevich Yeltsin
FransBoris Nikolaïevitch Ieltsine
AlbaniesBoris Nikollajeviç Jellcin
Mahlބޮރިސް ނިކޮލަޔެވިޗް ޔެލްސިން
HongaarsBorisz Nyikolajevics Jelcin
FinsBoris Nikolajevitš Jeltsin
EstniesBoriss Nikolajevitš Jeltsin
TurksBoris Nikolayeviç Yeltsin
Arabiesبوريس نيكولايفتش يلتسن (transliterasie Būrīs Nīkūlāyafitsh Yīltsin)
Hebreeusבוריס ניקולאיביץ' ילצין (transiterasie bwrjs njḳwlʾjbjṣ' jlṣjn)
Chinees鲍里斯•尼古拉耶维奇•叶利钦 (pinyin: Bàolǐsī Nígǔlāyēwéiqí Yèlìqīn)
Japanneesボリス・ニコライェヴィッチ・イェリツィン (transliterasie borisu nikorayevicchi yeritsin)
Koreaans보리스 니콜라예비치 옐친 (transliterasie boriseu nikollayebichi yelchin)

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media