Transendentalisme

Transendentalisme is 'n filosofiese beweging wat in die laat 1820's en 1830's ontstaan en ontwikkel het in die ooste van die Verenigde State van Amerika.[1][2][3] Dit het herrys as 'n reaksie ten einde te protesteer teen die algemene toestand van intellektualisme en spiritualiteit van die tyd.[4] Die doktrine van die Unitariese kerk soos wat dit gedoseer is by die Harvard Godsdiensskool was ook van besondere belang.

Transendentalisme het voortgekom uit die "Engelse en Duitse Romantiek, die Bybelse kritiek van Johann Gottfried von Herder en Friedrich Schleiermacher, die skeptisisme van David Hume",[1] en die transendentale filosofie van Immanuel Kant en die Duitse idealisme. Miller en Versluis beskou Emanuel Swedenborg as 'n deurtastende invloed op transendentalisme.[5][6] Dit is ook sterk beïnvloed deur Hindoe-tekste op die filosofie van die gedagtes en spiritualiteit, en veral die Upanishads.

'n Kernbeginsel van transendentalisme is die oortuiging dat die mens en natuur inherent goed is.[1] Aanhangers glo dat die beskawing en sy instellings die suiwerheid van die indiwidu vertroebel het, en hulle glo ook dat mense op hul beste is wanneer hulle werklik selfonderhoudend en onafhanklik is.

Transendentalisme plaas die klem op subjektiewe intuïsie, oor die objektiewe empirisme. Aanhangers daarvan is verder van mening dat die indiwidu in staat is om heeltemal oorspronklike insigte op te diep, met min aandag en onderdanigheid aan vorige leermeesters en doktrines.

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 1,2 Goodman, Russell (2015). "Transcendentalism". Stanford Encyclopedia of Philosophy. "Transendentalisme is 'n Amerikaanse literêre, politiese en filosofiese beweging van die vroeg negentiende eeu wat gesentreer is rondom Ralph Waldo Emerson."
  2. Wayne, Tiffany K., red. (2006). Encyclopedia of Transcendentalism. Facts On File's Literary Movements.
  3. "Transcendentalism". Merriam Webster. 2016."'n filosofie wat konstateer dat gedagtes en spirituele dinge meer werklik is as ordinêre menslike ondervindinge en materiële dinge"
  4. Finseth, Ian. "American Transcendentalism". Excerpted from "Liquid Fire Within Me": Language, Self and Society in Transcendentalism and Early Evangelicalism, 1820-1860, - M.A. Thesis, 1995. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 April 2013. Besoek op 18 April 2013.
  5. Miller 1950, p. 49.
  6. Versluis 2001, p. 17.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media