Toevoegings tot die boek van Ester

Toevoegings tot die boek van Ester is toevoegings tot die bybelboek Ester wat slegs in die Septuagint voorkom en word dus geklassifeer as apokriewe toevoegings. Die oorspronklike Hebreeuse verhaal van Ester bevat egter nie die gedeeltes nie. Dit is onseker wie die toevoegings geskryf het maar dit is duidelik dat die toevoegings nie deur dieselfde persoon geskryf is nie. Daar is ses toevoegings tot die boek Ester.

Toevoeging een: Mordegai se droomwysig

Mordegai se droom is die eerste toevoeging tot die boek Ester. Dit kom heel voor in die boek en wil die leser sommer heel aan die begin gerusstel dat God in beheer is en dat Hy vir Mordegai en die ander Israeliete sal beskerm. Hierdie stuk is apokalipties, soos die boek Openbaring in die Nuwe Testament.

Toevoeging twee: Ahasveros se briefwysig

In die toevoeging word die inhoud van Haman se brief aan Ahasveros vertel terwyl in die oorspronklke weergawe van Ester net gemeld word dat Haman namens koning Ahasveros 'n brief laat skryf het sonder dat die inhoud bespreek word.

Toevoeging drie: Mordegai se gebed en Ester se gebedwysig

Hierdie toevoeging bevat Mordegai en Ester se gebede.

Toevoeging vier: Ester gaan na die koning toewysig

Hierdie toevoeging gee 'n baie meer dramatiese weergawe van wat gebeur het met Ester se besoek aan die koning. In die oorspronklike weergawe van Ester word die besoek in net twee verse weer gegee.

Toevoeging vyf: Ahasveros se tweede briefwysig

Hierdie toevoeging lig die proklamasie uit wat uitgevaardig is om die Israeliete te help, die uitklaring kom nie in die oorspronklke boek van Ester voor nie.

Toevoeging ses: Mordegai dink weer aan sy droomwysig

Hierdie toevoeging, aan die einde van die boek Ester, lig die droom van Mordegai uit wat in die begin geplaas is. Hier word die betekenis van die droom verduidelik.

Bronwysig

  • APOKRIEWE Ou en Nuwe Testament. Verlore boeke uit die Bybelse tyd. Jan van der Watt, Francois Tolmie. 2005. ISBN 1-77000-192-1
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media