Toetskrieket

Toetskrieket (Engels: Test cricket) is die krieket se langste formaat en word as dié spel se hoogste vlak beskou.[1][2] Dit word gesien as die beste manier om die vernuf van toetsspelende lande te toets. Afgesien die gewildheid van die korter krieketformate (Internasionale eendagwedstryd en Twintig20) onder toeskouers, het toetskrieket nog steeds die hoogste aansien. Die naam "Toets" kom waarskynlik van die idee dat wedstryde "'n toets van sterkte en bevoegdheid" van die betrokke spanne is.[3] Twee spanne van elf spelers elk speel 'n wedstryd oor vier beurte, wat tot vyf dae sal kan duur (of selfs langer in historiese gevalle). Dit word algemeen as die mees volledige ondersoek ("toets") van 'n span se uithouvermoë en vaardighede beskou.[4][5][2]

'n Toetswedstryd tussen die Proteas en Engeland in Januarie 2005. Die mans in swart broeke is die skeidsregters. Krieket word tradisioneel in wit klere en met 'n rooi bal gespeel.
Dag 1 van Bangladesj en Indië se eerste Dag/aandtoetswedstryd op Eden Gardens in 2019

Die woord "toets" was die eerste gebruik tussen die besoekende Engelse span teen die Australiërs in 1861/62. Die eerste amptelike toets is vanaf 15 tot 19 Maart 1877 tussen Engeland en Australië op die Melbourne-krieketveld gespeel; Australië het met 45 lopies gewen.[6] Engeland het die tweede toets gewen met vier paaltjies om sodoende die reeks een-elk te deel; enkele jare later sou hulle om die As begin meeding. In Oktober 2012 het die IKR die speelomstandighede vir toetswedstryde hersien en sodoende dag/nag-toetswedstryde toegelaat.[7] Die eerste dag/nag-toetswedstryd is van 27 November tot 1 Desember 2015 tussen Australië en Nieu-Seeland op die Adelaide-ovaal, Adelaide, gespeel.[8] Sedert 2019 word daar ook die Wêreldtoetskampioenskap beslis. Die mees onlangse Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023 is deur Australië gewen.

Reëls van die spelwysig

'n Rooi krieketbal, gebruik vir toets-, eersterangse en ander krieketvorme

Toetskrieket word tussen twee spanne van elf spelers elk oor 'n maksimum van vyf dae gespeel. Elke dag het gewoonlik drie twee-uur sessies, met 'n 40-minute etensbreuk en 'n 20-minute teetyd.

Die span wat die loot wen kan besluit om eerste te kolf, of om veldwerk te doen. Die span wat eerste kolf, kolf totdat al tien hulle paaltjies kantel (een laaste kolwer bly altyd "nie uit nie") of die kaptein besluit om nie verder te kolf nie ("beurt gesluit verklaar"). Die span wat veldwerk gedoen het, moet dan kom kolf. Indien die tweede span uitgehaal word vir 200 lopies minder as die eerste span se telling, kan die kaptein van die eerste span besluit om die tweede span weer te laat kolf (opvolg) of om die voorsprong te vergroot deur self weer te kolf.

Altwee spanne kolf twee keer in 'n wedstryd. Na die tweede kolfbeurt van die eerste span word 'n teiken gestel wat die ander span moet verbysteek om die toets te wen. As die ander span uitgehaal word voordat die teiken bereik is, wen die eerste span. Indien die tyd verstreke is op die vyfde dag en die teiken is nie behaal nie, word die toets gelykop verklaar. Indien die teiken behaal word voordat die tyd uitloop op die vyfde dag, wen die span wat laaste gekolf het met die aantal paaltjies wat staande bly. Indien die span wat laaste kolf uitgehaal word voor die tyd verstreke is, wen die eerste span met die hoeveelheid lopies wat nog behaal moes word.

Die twaalf deelnemende toetslandewysig

Lidlande van die Internasionale Krieketraad (IKR) volgens status:

   Volle lidlande met toetsstatus (12)

   Geassosieerde lede met EDI-status (8)

   Geassosieerde lede (86)

   Voormalige of opgeskorte lede (8)

   Nielede (23)

Die Internasionale Krieketraad (IKR) besluit oor die kwalifisering van spanne (toetsstatus). Die voorvereiste is dat krieket as 'n sportsoort in die onderskeie land stewig gevestig is en op 'n hoë vlak professioneel gespeel word.

Die twaalf lande met permanente toetsstatus is (hul eerste toetswedstryd in hakkies):

  1. Australië (sedert 15 Maart 1877)
  2. Engeland (sedert 15 Maart 1877)
  3. Suid-Afrika (tussen 12 Maart 1889 en 10 Maart 1970, weer sedert 18 April 1992)
  4. Wes-Indië (sedert 23 Junie 1928)
  5. Nieu-Seeland (sedert 10 Januarie 1930)
  6. Indië (sedert 25 Junie 1932)
  7. Pakistan (sedert 16 Oktober 1952)
  8. Sri Lanka (sedert 17 Februarie 1982)
  9. Zimbabwe (tussen 18 Oktober 1992 en 10 Junie 2004, 6 Januarie 2005 en 18 Januarie 2006 en weer sedert 3 Augustus 2011)
  10. Bangladesj (sedert 10 November 2000)
  11. Ierland (sedert 11 Mei 2018)
  12. Afghanistan (sedert 14 Junie 2018)

Die meeste van hierdie spanne verteenwoordig onafhanklike soewereine nasies. Die uitsonderinge is die Engelse krieketspan, wat beide Engeland en Wallis verteenwoordig; die Wes-Indiese krieketspan, 'n saamgestelde span bestaande uit 15 Karibiese lande en gebiede; en die Ierse krieketspan, wat beide die Republiek Ierland en Noord-Ierland verteenwoordig.

Indië het tot in 1947 ook die huidige lande Pakistan en Bangladesj verteenwoordig; Pakistan op sy beurt tot in 1971 Bangladesj. Weens sy apartheidsbeleid is Suid-Afrika tussen 1971 en 1991 deur die ander nasionale spanne geboikot. Engeland het tot in die vroeë 1990's ook Ierland en Skotland verteenwoordig. Zimbabwe het ween sy groot binnelandse onstabiele politieke toestande, wat ook die nasionale Krieketraad geraak het, tussen 2004 en 2005 geen toetse gespeel nie. Vanaf 2006 is weereens geen toetse gespeel nie. Toetskrieket in dié land is eers weer in Augustus 2011 hervat.[9]

Op 22 Junie 2017 het die IKR aangekondig, dat beide Afghanistan en Ierland volle lede sal word en dus toetsstatus verkry.[10][11]

Verwysingswysig

  1. (en) David Bond (29 Julie 2013). "Test cricket: Does the oldest form of the game have a future?". BBC. Besoek op 16 Junie 2023.
  2. 2,0 2,1 (en) "Adam Gilchrist's Cowdrey Lecture, 2009". ESPNcricInfo. 24 Junie 2009. Besoek op 16 Junie 2023.
  3. (en) Rundell, Michael (2006). Dictionary of Cricket. Londen: A&C Black Publishers Ltd. p. 336. ISBN 978-0-7136-7915-1. Besoek op 16 Junie 2023.
  4. (en) Scyld Berry (9 Julie 2009). "The Ashes: Lifeless pitches should not be accepted". The Daily Telegraph. Besoek op 16 Junie 2023.
  5. (en) "Knight's return to proving ground". The Independent. Besoek op 1 Augustus 2009. [dooie skakel]
  6. (en) "Australia v England 1st Test 1876/1877". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2023.
  7. (en) "ICC paves way for Day-Night Tests". Wisden India. 29 Oktober 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2015. Besoek op 30 Junie 2015.
  8. (en) "First day-night Test for Adelaide Oval". ESPNCricinfo. 30 Junie 2015. Besoek op 16 Junie 2023.
  9. (en) Firdose Moonda (8 Augustus 2011). "Taylor hails historic win". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2023.
  10. (en) "Afghanistan, Ireland get Test status". ESPNcricinfo. 22 Junie 2017. Besoek op 16 Junie 2023.
  11. (en) "Ireland & Afghanistan awarded Test status by International Cricket Council". BBC. 22 Junie 2017. Besoek op 16 Junie 2023.

Bibliografiewysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media