Tjaart van der Walt (akademikus)

Prof. Tjaart van der Walt (15 Februarie 193422 Februarie 2019) was die rektor van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys van 1 Mei 1977 tot 31 Desember 1988. Tydens sy beroepsjare was hy 'n vertaler van die Bybel en later 'n diplomaat.

Tjaart van der Walt
Dr. Van der Walt toe hy leraar van die Gereformeerde kerk Krugersdorp was van 1962 tot 1968.
Gebore(1934-02-15)15 Februarie 1934
Sterf22 Februarie 2019 (op 85)
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaner
BeroepRektor, diplomaat, Bybelvertaler
TitelRektor van die Potchefstroomse Universiteit vir CHO
Termyn1 Mei 1977–31 Desember 1988
VoorgangerH.J.J. (Hennie) Bingle
OpvolgerC.J. (Karools) Reinecke
EggenootHeiltje Johanna Gertruida Snyman
Ouer(s)Johannes Jacob van der Walt en Maria Jacoba de Klerk

Lewensloopwysig

Van der Walt is op 15 Februarie 1934 in Pietersburg, Transvaal gebore. Hy was die seun van Johannes Jacob van der Walt en Maria Jacoba de Klerk. Hy is op 30 Desember 1958 met Heiltje Johanna Gertruida Snyman getroud. Sy was die dogter van Johannes Jurie Snyman en Maria Magdalena Venter. Hy het in Johannesburg skoolgegaan en in 1950 Standerd 10 (graad 12) aan die Jongenskool Helpmekaar geslaag.[1][2]

Onderwyswysig

Hy behaal die grade BA, BA (Hons) in Semitiese Tale en ThB aan die Potchefstroomse Universiteit. Hy behaal ook 'n BA (Hons) in Klassieke Tale aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hy studeer verder aan die Protestantse Teologiese Universiteit in Kampen, Overijssel, Nederland en ontvang in 1962 'n PhD aldaar.[3]

Beroepsloopbaanwysig

By sy terugkeer na Suid-Afrika word hy predikant in die Gereformeerde kerk Krugersdorp. Daarna ontvang hy in 1969 'n professoraat aan die Potchefstroomse Universiteit vir Nuwe-Testamentiese Wetenskap. Van 1971 tot 1973 was hy die hoof van die Teologiese Sentrum in Potchefstroom.

Hy word op 1 Mei 1977 as rektor van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys aangestel en tree op 31 Desember 1988 af. In 1983 oortuig hy die Raad van die Universiteit om swart studente op voorgraadse vlak toe te laat. In sy tyd as rektor is die Fakulteit Farmasie en die Fakulteit Ingenieurswese gestig.[4][5]

Hy was ook betrokke by die nuwe Bybelvertaling van Grieks in Afrikaans.[6]

Verwysingswysig

  1. Kotze, D.N.G. (September 1979). "Ek blaai terug" (PDF). Besoek op 23 Julie 2018.
  2. "Die Snyman Familie" (PDF). p. 106. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 Augustus 2016. Besoek op 23 Julie 2018.
  3. "Prof Tjaart van der Walt Extraordinary leader". Besoek op 23 Julie 2018.
  4. Janse van Rensburg, F. en Smit, E.J. "Tjaart van der Walt: slaaf van Christus –δοῦλος Χριστοῦ" (PDF). Besoek op 23 Julie 2018.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  5. "Beleid en bestuur". nwu.ac.za. Besoek op 23 Julie 2018.
  6. Kannemeyer, J. (17 Augustus 2012). "Die geskiedenis van die tweede Afrikaanse beweging". Maroela Media. Besoek op 23 Julie 2018.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media