Thonburi

Thonburi (Thai: ธนบุรี) is 'n deel van moderne Bangkok. In die tyd van die Koninkryk Ayutthaya het sy ligging aan die westeroewer (regterkant) by die mond van die Chao Phrayarivier dit 'n belangrike garnisoendorp gemaak. Dit word in die naam weerspieël: thon (ธน), "rykdom", en buri (บุรี), "fort".[2]

Die dorp Thonburi aan die regteroewer (westekant) van die Chao Phraya (hier links onder) oorkant die fort van Bangkok tydens die Beleg van Bangkok in 1688.[1]

Geskiedeniswysig

In 1767, ná die verwoesting van Ayutthaya deur die Birmane, het generaal Taksin Thonburi terugverower en dit die hoofstad van die Koninkryk Thonburi gemaak, met homself as koning. Hy is op 6 April 1782 onttroon. Rama I, die nuwe koning, het die hoofstad na die oorkant die rivier geskuif, waar hy die stad Bangkok op 21 April 1782 amptelik gestig het.[3]:p.14 Thonburi het 'n onafhanklike dorp en provinsie gebly tot in 1971, toe dit met Bangkok versmelt is.[4]

Thonburi het minder ontwikkel gebly as die oorkant van die rivier. Baie van die tradisionele waterweë, of khlongs, bestaan nog daar, terwyl hulle nie meer aan die ander kant van die rivier voorkom nie. In 1950 het Bangkok sowat 1,3 miljoen inwoners gehad en die munisipaliteit Thonburi sowat 400 000. In 1970 was Thonburi Thailand se tweede grootste stad, met sowat 600 000 inwoners.

Verwysingswysig

  1. Jean Vollant des Verquains History of the revolution in Siam in the year 1688, in Smithies 2002, p.95-96
  2. Turner, Sir Ralph Lilley (1985) [London: Oxford University Press, 1962-1966.]. "A Comparative Dictionary of the Indo-Aryan Languages". Includes three supplements, published 1969-1985. Digital South Asia Library, a project of the Center for Research Libraries and the University of Chicago. pp. 384 and 469. Besoek op 5 Augustus 2013.
  3. Barrett, Kenneth (2013). "Introduction". 22 Walks in Bangkok (PDF). Singapoer: Tuttle. p. 12. ISBN 9781462913800. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF 2.5MB 36 pp. ebook sample) op 10 Augustus 2014. Besoek op 27 Julie 2014.
  4. ประกาศของคณะปฏิวัติ ฉบับที่ ๒๔ (PDF). Royal Gazette (in Thai). 88 (144 ก): 816–819. 21 Desember 1971. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 25 April 2011. Besoek op 18 Januarie 2022.

Skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media