Thomas Beecham

Britse dirigent en impresario

Sir Thomas Beecham (* 1879 – † 1961) was 'n Britse dirigent. Hy het die Londen Filharmoniese Orkes in 1932 en die Koninklike Filharmoniese Orkes in 1946 gestig.[1] Beecham was een van die bekendste dirigente van sy tyd en het 'n groot invloed op klassieke musiek in die Verenigde Koninkryk gehad. Hy kom uit 'n welaf familie en het sy geld gebruik om vir die orkeste wat hy gevorm het te betaal.

Thomas Beecham
Beecham in 1948
Agtergrondinligting
Gebore29 April 1879
St. Helens, Lancashire
Sterf8 Maart 1961 (op 81)
Londen
Beroep(e)Dirigent

Beknopte biografiewysig

Thomas Beecham is op 29 April 1879 in St. Helens, Lancashire in die noorde van Engeland gebore. Hy leer homself om te dirigeer en het 'n paar privaat komposisielesse by Charles Wood in Londen en Moszkowski in Parys gekry. Beecham se pa, sir Joseph Beecham, het 'n klomp geld uit medisyne (die beroemde Beecham-pille) gemaak. Hy het ook van musiek gehou, en het sy seun gehelp om 'n loopbaan in musiek te volg.

Beecham het baie tyd en geld spandeer om die regte omstandighede vir musikante te skep om te floreer. Sulke toestande was normaal in talle Europese lande, maar was teen daai tyd nie gebruiklik in Engeland nie. Hy was egter nie in die werk van Bach geïnteresseerd nie, maar het wel Händel gedirigeer. Hy was bekend vir sy Mozart-optredes, en het graag Berlioz, Mendelssohn, Bizet en Dvořák opgevoer. Hy was een van die eerste mense in Engeland wat die nuwe musiek van Richard Strauss en Sibelius gedirigeer het. Hy was 'n goeie vriend van Delius en het sy musiek opgevoer, sowel as wysigings aangebring voordat dit gepubliseer is.

Hy trou drie keer. Sy eerste vrou was Utica Celestia Welles (getroud in 1903, geskei in 1943). Daarna trou hy met die Engelse pianiste Betty Humby (sy is in 1958 oorlede). In 1959 trou hy met sy voormalige sekretaresse Shirley Hudson, wat hy deur die Koninklike Filharmoniese Orkes leer ken het.

Beecham is in 1916 tot ridder geslaan. Hy is op 8 Maart 1961 in Londen oorlede.

Verwysingswysig

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media