Theo-Ben Gurirab

Theo-Ben Gurirab (23 Januarie 1938 – 14 Julie 2018[1]) was 'n Namibiese politikus wat tussen 2002 en 2005 as eerste minister van Namibië gedien het. Voorheen was hy tussen 1990 en 2002 minister van buitelandse sake en in daardie tyd was hy tussen 1999 en 2000 voorsitter van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies. Hy was vanaf 2005 tot 2015 die speaker van die Nasionale Vergadering van Namibië.[2]

Theo-Ben Gurirab
Theo-Ben Gurirab
Theo-Ben Gurirab in 2006

Speaker van die Nasionale Vergadering
Ampstermyn
20 Maart 2005 – 20 Maart 2015
PresidentHifikepunye Pohamba
Eerste ministerNahas Angula (2005–2012)
Hage Geingob (2012–2015)
Voorafgegaan deurMose Penaani Tjitendero
Opgevolg deurPeter Katjavivi

Ampstermyn
28 Augustus 2002 – 20 Maart 2005
ViseHendrik Witbooi
PresidentSam Nujoma
Voorafgegaan deurHage Geingob
Opgevolg deurNahas Angula

Minister van Buitelandse Sake
Ampstermyn
21 Maart 1990 – 26 Augustus 2002
PresidentSam Nujoma
Eerste ministerHage Geingob
Voorafgegaan deurNuwe amp
Opgevolg deurHidipo Hamutenya

Persoonlike besonderhede
Gebore(1938-01-23)23 Januarie 1938
Usakos, Erongo, Suidwes-Afrika
Sterf14 Julie 2018 (op 80)
Windhoek, Namibië
Politieke partySWAPO
Eggenoot/-noteJoan Guriras
Kind(ers)2
ReligieChristendom

Vroeë lewe en opvoedingwysig

Gurirab is in Usakos in die Erongo-streek gebore.[2] In 1960 behaal hy aan die Augustineum Training College in Okahandja 'n onderwysdiploma en tydens sy ballingskap in die Verenigde State van Amerika het hy in 1964 met 'n graad in politieke wetenskap by die Temple Universiteit in Pennsilvanië gegradueer.[3]

Politieke loopbaanwysig

Tydens sy ballingskap tussen 1962 en 1989 was hy mede-verteenwoordiger van die SWAPO-sending na die Verenigde Nasies en vanaf 1964 en 1972 die Verenigde State van Amerika asook tussen 1972 en 1986 destydse hoof van die SWAPO-sending na die Verenigde Nasies. Daarna was hy vanaf 1986 tot 1990 SWAPO se sekretaris van buitelandse sake.[2]

Hy was 'n SWAPO-lid van die grondwetgewende vergadering wat in plek was van November 1989 tot Maart 1990, onmiddellik voor onafhanklikheid,[4] en die "sleutel-opsteller"[3] van Namibië se grondwet. Sedert 1990 was hy 'n lid van die Nasionale Vergadering, sowel as die Sentrale Komitee en Politburo van SWAPO.[3] Hy was minister van buitelandse sake vanaf die onafhanklikheid in 1990 totdat hy op 27 Augustus 2002 deur president Sam Nujoma as eerste minister aangestel is om Hage Geingob te vervang.[5]

Terwyl hy as minister van buitelandse sake gedien het, is hy op 14 September 1999 verkies as die voorsitter van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies; hierdie amp het hy tot September 2000 beklee.[6]

Na aanleiding van die 2004-verkiesing is Gurirab op 20 Maart 2005 as Speaker van die Nasionale Vergadering aan die begin van die nuwe parlementêre termyn verkies.[2][7]

Hy het die sesde hoogste aantal stemme (377) in die verkiesing tot die sentrale komitee van SWAPO by die party se kongres in Augustus 2002 verkry.[8] Hy was weer een van die hoogste tellingskandidate in die verkiesing tot die Sentrale Komitee op SWAPO se kongres in November 2007.[9]

Vanaf 2008 tot 2011[10] was Gurirab die president van die Inter-Parlementêre Unie (IPU), 'n internasionale organisasie van parlemente van soewereine state.[11]

Gurirab is in die parlementêre verkiesing van November 2009 herkies tot die Nasionale Vergadering, waarin SWAPO 'n groot meerderheid van die setels behou het. Wanneer die LP hul sitplekke vir die nuwe parlementêre termyn op 19 Maart 2010 opgeneem het, het hulle eenparig Gurirab herkies tot sy pos as Speaker van die Nasionale Vergadering. Tydens sy toespraak op daardie geleentheid het Guiriab die belangrikheid van die grondwet beklemtoon: "As een van die skrywers, onder die langsdienende openbare amptenare en stigters van ons republiek, weet ek van die hoogste visie wat die grondwet maak voorsien vir Namibië, asook die belofte van nasionale eenheid, versoening, demokrasie, die oppergesag van die reg, menswaardigheid, sosio-ekonomiese bevryding en die verbintenis van die winste van ons lang en bitter stryd om bevryding en onafhanklikheid te beskerm."[12]

Toekenningswysig

  • 1999: Doktorsgraad in reg honoris causa, Universiteit van Namibië.[3]
  • Orde van die Son Eerste Klaas.[3]
  • sedert 2002: Lid van die Internasionale Raoul Wallenberg Stigting.[10]
  • 2000: Ereprofessoraat van buitelandse sake, China se buitelandse sake Universiteit, Beijing. Gurirab was slegs die derde buitelander wat hierdie titel ontvang het.[10]
  • 2000: Stigterslid van die Olimpiese wapenstilstandsstigting in Athene.[10]
  • 2011: Erepresident van die IPU.[10]

Verwysingswysig

  1. (en) "Namibia mourns liberation hero Gurirab". Southern Times. 14 Julie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2019. Besoek op 19 Julie 2018.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 Profile at Namibian Parliament website.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 (en) Liswaniso, Mwaka (18 Julie 2014). "Theo-Ben Gurirab (1938 …) An educator, politician and diplomat". New Era. p. 6.
  4. (en) List of members of the Constituent Assembly, Namibiese parlement se webwerf.
  5. (en) Christof Maletsky (28 Augustus 2002): "Nujoma shuffles the Cabinet pack", The Namibian via allafrica.com.
  6. (en) Peter Mwaura, "Namibian to lead UN General Assembly", Africa Recovery, volume 13 #2–3 (September 1999), bladsy 4.
  7. (en) "New Parliament Takes Office in Namibia" [dooie skakel], VOA News, 20 Maart 2005.
  8. (en) "The ruling party's new Central Committee" Geargiveer 9 Maart 2003 op Wayback Machine, The Namibian, 27 Augustus 2002.
  9. (en) Christof Maletsky, "Swapo big names dropped" Geargiveer 8 Julie 2008 op Wayback Machine, The Namibian, 3 Desember 2007.
  10. 10,0 10,1 10,2 10,3 10,4 (en) "Theo-Ben Gurirab IPU President 2008–2011". Inter-Parliamentary Union. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Augustus 2017. Besoek op 19 Julie 2014.
  11. (en) "IPU chief condemns undemocratic transition of power in Madagascar". Xinhua News Agency. 4 April 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016.
  12. (en) John Ekongo, "New MPs take their seats", New Era, 23 Maart 2010.

Eksterne skakelswysig

Voorafgegaan deur
Mose Penaani Tjitendero
Speaker van die Nasionale Vergadering
2005–2015
Opgevolg deur
Peter Katjavivi
Voorafgegaan deur
Hage Geingob
Eerste minister van Namibië
2002–2005
Opgevolg deur
Nahas Angula
Voorafgegaan deur
Nuwe amp
Minister van Buitelandse Sake
1990–2002
Opgevolg deur
Hidipo Hamutenya
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media