Tempel Israel, Johannesburg

Tempel Israel in die Johannesburgse voorstad Hillbrow is die oudste van Suid-Afrika se nege Hervormde sinagoges. Dis 'n provinsiale erfenisterrein.[1][2]

Tempel Israel is amptelik op 23 Augustus 1936 geopen as die moedersinagoge van al die Hervormde sinagoges wat in die land sou volg. Johannesburg se burgemeester Maurice Freeman, 'n lid van die Joodse gemeenskap, het die hoeksteen op 22 September 1935 gelê.[3]

Dis gestig deur rabbi M.C. Weiler. Weens die wit uittog uit die sinagoge se bedieningsgebied sedert die 1980's, het die gemeente se lidmate afgeneem en bestaan nou hoofsaaklik uit ouer, verswakte, eensame en verarmde mense van Hillbrow, Berea, Yeoville en Parktown. Dié Jode beskou Tempel Israel steeds as hul geestelike tuiste. Die sinagoge reik ook uit na die omliggende, nie-Joodse gemeenskap en verhuur die klaskamers langs die shul teen 'n nominale bedrag aan 'n kleuterskool, terwyl 'n Christenkerk die sinagoge op Sondae vir eredienste gebruik, ook teen geringe huur. Met Tempel Israel se 80-jarige bestaansviering in 2016 is ’n permanente uitstalling van die Hervormde beweging in Suid-Afrika en die geskiedenis van die sinagoge geopen, die sogenaamde erfenissentrum.[4]

Die Hervormde bewegingwysig

Die Hervormde beweging het tydens die Verligting in die 18de eeu in Europa ontstaan en is in die 1930's na Suid-Afrika gebring deur Jode wat aan die vervolging in Sentraal- en Oos-Europa ontvlug het. Die Hervormde beweging is minder streng oor tradisionele Joodse oortuigings: Dit laat byvoorbeeld vir vroue toe, is nie so gesteld op kosjerkos nie en is verdraagsaam ten opsigte van gay regte. Daar is net drie Hervormde sinagoges in Johannesburg: Tempel Israel in Hillbrow, Tempel Emmanuel in Oxfordweg en Tempel Bet David in Sandton. Hul getalle het in die laaste paar dekades heelwat afgeneem weens immigrasie in ’n tyd toe die Suid-Afrikaanse Joodse gemeenskap gekrimp het van ’n hoogtepunt van amper 120 000 omstreeks 1970 tot die huidige (2017) nagenoeg 75 000 siele.

Ontstaan van Tempel Israelwysig

Tempel Israel is in 1936 op die hoek van Claim- en Paul Nelstraat gebou toe die voorstad Hillbrow nog uit huise bestaan het en die Joodse gemeenskap (die bronne maak dit nie duidelik of dit die hele gemeenskap was of net die Hervormdes nie) in die voorstad sowat 800 siele getel het. Tans (2017) het die getroue lidmate van Tempel Israel tot sowat 50 afgeneem, terwyl tot 300 dienste op die heilige vakansiedae bywoon.

Die bou van die sinagoge kan teruggevoer word tot ’n besoek in 1929 deur prof. Abraham Zvi Idelsohn (1882–1938), wat by sy familie in Johannesburg uit Cincinnati in die VSA kom kuier het. Hy het lesings gegee oor Joodse musiek en die beginsels van Progressiewe Judaïsme. Idelsohn het sy broer, Jerry, aangemoedig om ’n Progressiewe Joodse groep in die Goudstad te vestig. Nadat hy in 1930 dienste in privaat wonings gelei het, het hy in Junie 1931 die Suid-Afrikaanse Joodse Godsdienstige Unie vir Liberale Judaïsme gestig. Jerry het kontak gemaak met Moses Cyrus Weiler, destyds ’n student onder Idelsohn aan die Hebrew Union College. Nadat hy in Augustus 1933 bevestig is, het rabbi Weiler na Johannesburg gekom en is ’n progressiewe gemeente gestig. Hul eerste erediens is in die Vrymesselaarsaal in Clarendon Place aan die rand van Hillbrow gehou.

Einde 1933 is ’n perseel van ¾ acre gekoop en drie jaar later is die sinagoge amptelik in gebruik geneem. Die imposante gebou is in die Art Deco-styl ontwerp en rys vier verdiepings hoog. Dis ontwerp deur die Joodse argitek Hermann Kallenbach saam met sy vennote Kennedy en Furner. Hy was ook verantwoordelik vir die ontwerp van die ewe treffende Griekse Ortodokse kerk in Wolmaransstraat en die NG kerk Jeppestown in Fairview. Ook het hy die perseel vir die Groot Sinagoge in Wolmaransstraat help kies.

Moderne tydwysig

Tempel Israel se perseel huisves vandag nog ’n kleuterskool, hoewel nie meer vir Joodse kinders nie. Die shul het ook ’n uitreikprogram, die MC Weiler-skool in die township Alexandra, opgerig. Die vroue van Tempel Israel het dit in 1944 begin in die geloof dat om Joods te wees nie net behels het om geloofsgenote te help nie, maar almal om jou in die nood.

Die sakevrou Reeva Forman het vroeg in die 1990's by Tempel Israel betrokke geraak toe sy hoor die gemeente wil die sinagoge verkoop. Dié verkoop is met ’n enkele stem afgeweer. Sy dien al sedert omstreeks 1994 as Tempel Israel se voorsitter.

Bronnewysig

Verwysingswysig

  1. (en) Inner City Gazette Geargiveer 4 Julie 2019 op Wayback Machine. URL besoek op 15 November 2017.
  2. (en) South African Jewish Report, 22 Junie 2016 Geargiveer 24 Augustus 2016 op Wayback Machine. URL besoek op 15 November 2017.
  3. (en) Johannesburg 1912. URL besoek op 15 November 2017.
  4. (en) Haaretz.com. URL besoek op 15 November 2017.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media