Tale van Namibië

Namibië het ’n wye verskeidenheid tale van verskeie taalfamilies: Germaanse, Bantoe- en verskeie Khoisantaalfamilies. Toe Namibië as Suidwes-Afrika onder Suid-Afrikaanse beheer was, was Afrikaans, Duits en Engels die amptelike tale. Ná Namibië se onafhanklikwording in 1990 het Engels kragtens die grondwet die enigste amptelike taal geword. Duits en Afrikaans is deur baie as oorblyfsels van kolonialisme beskou.[1]

Hoewel die amptelike taal Engels is, kan uit hierdie foto (met voorbeelde van Engels, Duits, Afrikaans en Oshiwambo) gesien word dat Namibië 'n veeltalige land is

Taalverspreidingwysig

Die tale wat in die meeste huise in Namibië gepraat word, is Oshiwambo-dialekte, deur 49% van die bevolking, Damara[2] (11%), Afrikaans (10%), Kawango (9%) en Herero (9%).[3] Ander inheemse tale sluit in die Bantoetale Tswana, Gciriku, Fwe, Kuhane, Mbukushu en Yeyi; en die Khoisantale Naro, ǃXóõ, Kung-Ekoka en ǂKxʼauǁʼein.[4] Engels, die amptelike taal, word deur 3% van die bevolking as moedertaal gepraat. Sowat 60% van die wit bevolking praat Afrikaans, 32% Duits, 7% Engels en 1% Portugees.

Inheemse tale word op laerskoolvlak in sillabusse ingesluit. In staatskole is Engels die onderrigtaal. Afrikaans is die enigste taal wat na aan ’n lingua franca kom en word deur die meeste swart mense gepraat tesame met Engels en hul moedertaal.[5]

TaalgroepTaal/TaleISO-kodeMoedertaalsprekers
(in Namibië)[6]
Huishoudings met hooftaal[7]Verspreiding as 'n moedertaal
(2011)
Status
Niger-Kongo-tale
(Bantoetale)
OshiwamboOshikwanyama
(insluitende Oshimbalanhu)
kua
(lnb)
1 035 373 (49%)227 103 (48,9%)
Nasionale taal
Oshindonga
(insluitende Oshikwambi)
ndo
(kwm)
Nasionale taal
OtjihereroHerero
(insluitende Otjihimba)
her
(dhm)
~150 000–200 00040 000 (8,6%)
Nasionale taal
LoziLozi
(insluitende Cisubiya
Chifwe
Shiyeyi
Chitotela)
loz
(sbs)
(fwe)
(yey)
>100 00022 484 (4,8%)
Nasionale taal
TswanaTswanatsn~12 0001 328 (0,3%)
Nasionale taal
KawangoKwangalibnt180 00039 566 (8,5%)
Nasionale taal
Indo-Europese tale
(Wes-Germaanse tale)
AfrikaansAfrikaansafr219 753 (10,4%)48 238 (10,4%)
Nasionale taal
DuitsDuitsdeu~19 500 (0,9%)4 359 (0,9%)
Nasionale taal
EngelsEngelseng71 842 (3,4%)15 912 (3,4%)
Amptelike taal
Khoisan-tale
KhoekhoegowabKhoekhoegowab
(insluitende Nama
Damara
Haiǁom
Topnaar)

(naq)
(dam)
(hgm)
(top)
238 769 (11,3%)52 450 (11,3%)
Nama en Damara: Nasionale tale
San-taleǃKung
(insluitende Juǀ’hoan
ǃ'O-ǃKhung
ǃXung,
ǂKx'auǁein
Ju-ǂHõã)
vaj
(ktz)
(knw)

3 745 (0,8%)
Kxoe
Naronhr
ǃXóõnmn

Tale wat die meeste gepraat wordwysig

Hooftaal20012011
Oshiwambo48,548,9
Khoi/Nama/Damara11,511,3
Afrikaans11,410,4
Herero7,98,6
Kawango9,78,5
Lozi54,8
Engels1,93,4
Duits1,10,9
San1,20,8
Ander1,82,4

Bron: 2001-sensus[8] en 2011-sensus[9]

Verwysingswysig

  1. (en) "Namibia Travel Guide". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2016. Besoek op 8 Julie 2010.
  2. (en) Nama Damara language Geargiveer 6 Maart 2017 op Wayback Machine
  3. (en) "Languages Spoken – GRN Portal". www.gov.na. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 22 April 2018.
  4. (en) Lewis, M. Paul (red.) (2009). Ethnologue: Languages of the World, Sixteenth edition. SIL International.
  5. (en) Pütz, Martin (1995). Discrimination through language in Africa?: perspectives on the Namibian experience. Walter de Gruyter. p. 315. ISBN 3-11-014817-X.
  6. (en) "Census gives snapshot of Namibia's population". The Namibian. 28 Maart 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2013. Besoek op 29 Maart 2013.
  7. (en) "Namibia 2011 Population and Housing Census Main Report" (PDF). Namibiese Statistiekagentskap. 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 16 Oktober 2013. Besoek op 29 April 2020.
  8. (en) "2001-sensus" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 3 September 2014.
  9. (en) "2011-sensus" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 2 Oktober 2013.

Bronnewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media