Tabelleermasjien

(Aangestuur vanaf Tabuleringsmasjien)

Die tabelleermasjien was 'n elektromeganiese masjien wat ontwerp is om inligting te sommeer en later ook om rekeningkunde te doen. Dit is deur Herman Hollerith uitgevind en hy ontvang in 1889 'n patent vir sy ontwerp. Data is op ponskaarte aangebring, wat blitsvinnig deur die masjien gesommeer kon word.

Die Hollerith-tabelleerder.
'n Hollerith-ponskaart: elke ponsgaatjie het 'n nommer verteenwoordig en kombinasies van twee gaatjies, 'n letter. Tot 80 veranderlikes kon op een kaart gestoor word.

Die masjien is vir die eerste keer tydens die Amerikaanse sensus van 1890 gebruik om statistieke te verwerk. Die vorige sensus het sewe jaar geneem en die sensusburo het gevrees dat hierdie volkstelling langer as tien jaar sou duur. Die tabelleermasjien was egter so suksesvol, dat die taak in 'n paar maande afgehandel is. Benewens die spoed het die ponskaarte ook as datastoor gedien en foute is drasties verminder.[1]

Die masjien het 'n nuwe era in dataverwerking ingelei en verskeie nuwe ontwerpe en modelle het gevolg. Hollerith het in 1896 die Tabulating Machine Company gestig, wat sy ponskaartleser aan die sakewêreld bekendgestel het. In 1924, na verskeie samesmeltings, het die maatskappy die hedendaagse IBM (International Business Machines) geword. In 1931 bou IBM 'n tabelleermasjien vir die Universiteit van Columbia, wat deur die New York World-koerant as 'n 'superrekenaar' beskryf is.[2]

Die eerste volledig elektroniese digitale rekenaar is egter eers tydens die Tweede Wêreldoorlog gebou, na die aankondiging van die ENIAC in 1946.[3]

Verwysingswysig

  1. Eerste rekenaar het sensus ontleed, Volksblad, 27 September 2009
  2. Eames, Charles; Eames, Ray (1973). A Computer Perspective. Cambridge, Mass: Harvard University Press. p. 95.
  3. Goldstine, Herman H. (1972). The Computer: from Pascal to von Neumann. Princeton, New Jersey: Princeton University Press. ISBN 0-691-02367-0.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media