T.H. le Roux

Suid-Afrikaanse akademikus, linguis en fonetikus in Afrikaans

Thomas Hugo le Roux (1883 – 1970) was ‘n prominente akademikus, taalkundige en fonetikus in Afrikaans.

Biografiewysig

Hy is in Worcester in die Wes-Kaap in Suid-Afrika gebore as Thomas Hugo le Roux, maar het onder sy voorletters T.H le Roux geskryf en publiseer.

Hy behaal ‘n B.A graad in Stellenbosch waarna hy verder studeer aan die Ryksuniversiteit te Leiden (1904 tot 1910) waar hy ‘n doktorsgraad voltooi in Nederlandse letterkunde.

Vanaf Maart 1910 hou hy ‘n professorskap in Nederlands en Moderne Tale (Duits en Frans ingesluit) by die voormalige Transvaalse Universiteit Kollege (later Universiteit van Pretoria genoem) en in 1920 van wat die Departement van Nederlands en Afrikaans, met Germaanse Filosofie bygevoeg in 1928 sodat dit van 1936 bekend staan as die Departement van Afrikaans, Nederlands en Germaanse Taalkunde.Le Roux het verskeie posisies beklee oor die jare, onder andere as raadslid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en voorsitter van die Taaladvies Kommittee vir die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK).

Hy tree af by die Universiteit in 1948 en is in 1970 oorlede.

Bydrae tot die Suid-Afrikaanse Teater en die Uitvoerende Kunstewysig

Hy lewer ‘n belangrike bydrae tot die standaardisering van uitspraak en grammatika in Afrikaans (ook by die SAUK). Verder het hy ook tekse redigeer van en die voorwoorde geskryf vir ‘n reeks vereenvoudigde weergawes van dramas deur Vondel: Josef in Dotan (Pretoria, J.H de Busy, 1922), Jefta, J.H de Busy, 1922) Adam in Ballingschap J.H. de Busy, 1923, Gijsbrecht van Amstel (J.H. de Busy, 1925), Lucifer (met J.J Groneweg, J.H. de Busy, 1926), Gebroeders (J.H. de Busy, 1937).

Hy was ook 'n aktiewe voorstander van 'n nasionale teater vanaf 1935 - 1947.

Bronnewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media