Szczecin

Hoofstad van die Poolse woiwodskap Wes-Pommere

Szczecin (Pools: [ˈʃtʃɛtɕin] , Duits: Stettin , Sweeds: Stettin, Latyn: Stetinum, Afrikaans: Stettyn) is die hoofstad van die Poolse woiwodskap Wes-Pommere (Zachadniopomorskie). Szczecin is sowat 120 kilometer noordoos van Berlyn aan die Oderrivier se uitmonding in die Szczecin-strandmeer geleë.

Szczecin
Stettin

KaartWapen
Vlag
 Land Pole
 Woiwodskap Wes-Pommere
 DistrikSelfregerende stad
 Koördinate53°26′N 14°32′O / 53.433°N 14.533°O / 53.433; 14.533
 Stigting8ste eeu
 Stadstatus1243
 Oppervlakte: 
 - Totaal300,55vk km
 Hoogte bo seevlak1 m
 Bevolking: 
 - Totaal (30 Junie 2014)408 105
 - Bevolkingsdigtheid1 346,2/vk km
 - Metropolitaanse gebied777 000
 TydsoneUTC +1 (MET)
 - SomertydUTC +2 (MEST)
 StadspresidentPiotr Krzystek
 Amptelike Webwerfwww.szczecin.pl

Die stad met meer as 400 000 inwoners word net soos Parys deur strate gekenmerk wat vanaf die middestad radiaal uitwaarts beweeg. Ook die groot aantal parke verleen 'n besonderse atmosfeer aan Szczecin. Die heropgeboude Renaissance-kasteel, wat op 'n heuwel geleë is, is een van die belangrikste besienswaardighede in die hawestad.

Alhoewel Szczecin sowat 65 kilometer van die Oosseekus af geleë is, het hier oor die eeue 'n beduidende seehawe en een van die grootste skeepsboubedrywe ter wêreld ontwikkel.

Geskiedeniswysig

Szczecin se historiese binnestad aan die Oderrivier
Ou en nuwe geboue in die binnestad van Szczecin

Die huidige stad het sedert die 10de eeu uit 'n klein Slawiese markdorp ontwikkel. Die vestiging van Duitse setlaars het aanleiding tot vinnige groei gegee, en in 1243 het Szczecin stadstatus volgens die Maagdenburgse Reg gekry. In 1272 het Szczecin by die Hansebond aangesluit. Die stad het tussen 1295 en 1637 as regeringsetel van die Pommerse hertoë gedien. In 1648 het dit onder Sweedse en in 1720 onder Pruisiese bewind gekom. Vanaf 1815 was Szczecin die administratiewe hoofstad van die Pruisiese provinsie Pommere. Die stad het in 1945 onder Poolse bewind gekom.

Vandag is Szczecin die sewende grootste stad van Pole en – saam met sy voorhawe in Świnoujście – een van die belangrikste hawens in die Oosseegebied. Naas 'n universiteit wat in 1984 gestig is, 'n aantal ander tersiêre onderwysinstellings en kulturele instellings soos teaters en museums het Szczecin skeepsbouwerwe, swaar nywerhede (veral ysterfabrieke), asook masjienbou-, metaal-, tekstiel-, papier-, meubel-, chemiese en elektrotegniese nywerhede. Die plaaslike visserybedryf en voedselverwerking speel eweneens 'n belangrike rol in die plaaslike ekonomie. Szczecin is saam met Kamień Pomorski (Duits: Cammin) die setel van die Rooms-Katolieke aartsbisdom Szczecin-Kamień.

Szczecin se historiese stadskern het 'n ryk historiese boukuns-erfenis, waaronder die gotiese Jakobikerk (14de tot 16de eeu), die Johanneskerk (14de eeu), die Pieter-en-Pauluskerk (14de eeu), die Raadsaal (omstreeks 1420), 'n aantal stadspoorte en die Pommerse hertoë se 16de-eeuse kasteel wat in die Renaissance-styl gebou is.

Sportwysig

Stadstadion
  • MKS "Pogoń Szczecin"
  • Arkonia Szczecin
  • OŚ AZS Szczecin
  • AZS Szczecin
  • Pogoń 04 Szczecin
  • Morze Bałtyk Szczecin
  • Piast Szczecin
  • Jacht Klub AZS Szczecin
  • Yacht Klub Polski Szczecin
  • Aeroklub Szczeciński
  • Zachodniopomorska Husaria

Demografiewysig

Susterstedewysig

Verwysingswysig

  1. 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 1,12 1,13 1,14 "Kontakty partnerskie Miasta Szczecin". Urząd Miasta Szczecin (in Pools). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2016. Besoek op 16 Januarie 2016.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media