Swastika

simbool en antieke godsdienstige ikoon in die kulture van Eurasië

Die swastika, of , is 'n simbool wat vandag in die Weste hoofsaaklik bekend is vanweë die gebruik daarvan deur die Naziparty.[1] Dit is 'n antieke godsdiensikoon in verskeie Eurasiese kulture. Dit word gebruik as 'n simbool van goddelikheid en spiritualiteit in Indiese gelowe, insluitende Hindoeïsme, Boeddhisme en Djainisme.[2][3][4][5][6] Die simbool is gewoonlik in die vorm van 'n kruis, waarvan die arms ewe lank is en reghoekig op mekaar lê. Elke arm is in die middel teen 'n reghoek gebuig.[7][8]

Die swastika is 'n simbool met baie style en betekenisse. Dit word in baie kulture aangetref.
Die gebruik van die swastika deur die Nazi's en neo-Nazi's is die makliks herkenbare moderne gebruik van die simbool in die Weste.

In die Westerse wêreld was dit tot in die 1930's 'n simbool van gunstigheid en goeie geluk.[9] Toe het die Duitse Naziparty 'n kloksgewyse vorm daarvan as embleem van die Ariese ras begin gebruik. Weens die Tweede Wêreldoorlog en die Holocaust verbind die Weste dit nou steeds met nazisme en antisemitisme.[10][11] Dit word nou beskou as simbool van wit heerskappy[12][13] of bloot boosheid.[14][15]

As gevolg daarvan is die gebruik van die swastika in sommige lande, insluitende Duitsland, verbode. Dit bly egter 'n simbool van goeie geluk en vooruitgang in Hindoeïstiese, Boeddhistiese en Djainistiese lande soos Nepal, Indië, Mongolië, Sri Lanka, China en Japan. Dit word ook algemeen gebruik in Hindoeïstiese huwelikseremonies en Divali-vierings.

Die woord "swastika" kom van Sanskrit स्वस्तिक swastika, "bevorderlik vir welsyn".[16][6] In Hindoeïsme word die klokgewyse simbool, wat regs wys (卐), "swastika" genoem en simboliseer dit surya ("son"), vooruitgang en goeie geluk, terwyl die antikloksgewyse simbool, wat links wys (卍), sauwastika genoem word en die nag simboliseer, asook die tantriese aspekte van die godin Kali.[6] In Djainisme is dit die simbool van suparshvanatha, die sewende van 24 spirituele leerstellings, en in Boeddhisme simboliseer dit die gunstige voetspore van die Boeddha.[6][17][18]

In verskeie groot Indo-Europese godsdienste simboliseer die swastika weerligstrale wat die god van die donderweer en koning van die gode verteenwoordig, soos Indra in Vediese Hindoeïsme, Zeus in die antieke Griekse godsdiens, Jupiter in die antieke Romeinse godsdiens en Thor in die antieke Germaanse godsdiens.[19] Die simbool word aangetref in die argeologiese oorblyfsels van die Indusvallei-[20] en Samarrabeskawing, sowel as in vroeë Bisantynse en Christelike kuns.[5]

Dit is in verskeie Europese tale bekend as die fylfot, gammadion, tetraskelion of cross cramponnée ('n term in Anglo-Normaanse heraldiek); Duits: Hakenkreuz; Frans: croix gammée; Italiaans: croce uncinata. In Mongools word dit хас (chas) genoem en hoofsaaklik op seëls gebruik. In Chinees word dit 卍字 (wànzì) genoem, wat beteken "simbool van alle dinge", in Japannees word dit manji uitgespreek, in Koreaans manja (만자) en in Viëtnamees vạn tự / chữ vạn.

Agting vir die swastikasimbool in Asiatiese kulture, in teenstelling met die stigma wat in die Weste daaraan kleef, het al tot misverstande en verkeerde vertolkings gelei.[9][21]

Etimologie en benamings

Die woord "swastika" is afgelei van Sanskrit, swasti, wat saamgestel is uit su (सु: "goed, gunstig") en asti (अस्ति: "dit is" of "daar is").[22] Die woord word sedert 500 v.C. op die Indiese subkontinent gebruik. Dit is die eerste keer aangeteken deur die antieke linguis Panini in sy werk Ashtadhyayi.[23] Dit word in ander tekse ook gespel svastika,[24] suastika, ens.[25]

 
'n Tekening van 'n swastika op die Snoldelevsteen, wat in Denemarke ontdek is (9de eeu).

'n Belangrike vroeë gebruik van die woord swastika in 'n Europese geskrif was in 1871 in 'n publikasie van Heinrich Schliemann, wat meer as 1 800 antieke voorbeelde van die simbool en sy variante ontdek het naby die Egeïese See in sy soektog na die geskiedenis van Troje. Schliemann het dit aan die Sanskritwoord swastika gekoppel.[26][27][28]

Die woord swasti verskyn gereeld in die Vedas en in die klassieke letterkunde, waar dit "gesondheid, geluk, sukses, vooruitgang" beteken, en dit as algemeen as 'n groet gebruik.[29][30] Die agtervoegsel ka is algemeen en kan verskeie betekenisse hê.[31] Volgens Monier-Williams beskou baie geleerdes dit as 'n sonsimbool.[29]

Die vroegste gebruik van die woord "swastika" is in Panini se Ashtadhyayi, wat dit gebruik om 'n Sanskrit-taalreël te verduidelik, in die verband van 'n soort identifiseringsmerk aan 'n bees se oor.[22] Die meeste geleerdes meen Panini het in of voor die 4de eeu v.C. gelewe,[32][33] moontlik in die 6de of 5de eeu v.C.[34][35]

Die begrip van 'n "omgekeerde" swastika is onder Europese geleerdes moontlik in 1852 die eerste keer opgehaal deur Eugène Burnouf en aangehaal deur Heinrich Schliemann in Ilios (1880), gebaseer op 'n brief van Max Müller wat Burnouf aanhaal. Die term sauwastika word gebruik in die sin van "agterstevoor swastika" deur Eugène Goblet d'Alviella (1894).[36]

Ander name vir die term sluit in:

  • tetragammadion (Grieks: τετραγαμμάδιον), "kruisgammadion" (Latyn crux gammata; Frans: croix gammée), omdat elke arm die Griekse letter Γ (gamma) verteenwoordig.[7]
  • "Kruis met hake" (Duits: Hakenkreuz), "kruis met hoeke" (Duits: Winkelkreuz) of "krom kruis" (Duits: Krummkreuz).
  • "Crampon-kruis" of "winkelhaakyster" in heraldiek, omdat elke arm lyk soos 'n haak wat gebruik is om wolwe mee te vang (Duits: Winkelmaßkreuz).
  • Fylfot, hoofsaaklik in heraldiek en argitektuur
  • Tetraskelion (Grieks: τετρασκέλιον), letterlik "vierbenig".[37]
  • Ugunskrusts (Letties vir "vuurkruis"; ander name: Pērkonkrusts ("donderkruis"), "kruis van Perun, ens.
  • "Draaiende stompe" (Navajo, inheems Amerikaans): kan dui op oorvloed, vooruitgang, heling en geluk.[38]

Voorkoms

Links: Die sauwastika, wat links wys, is 'n heilige simbool in die Bon- en Mahayana-Boeddhisme. Regs: Die swastika, wat regs wys, is algemeen in Hindoeïsme, Djainisme en Sri Lankaanse Boeddhisme.[39][40]

Alle swastikas is gebuigde kruise gebaseer op 'n chirale simmetrie (waar die spieëlbeelde van mekaar verskil), maar hulle het verskillende geometriese detail: as kompakte kruise met kort bene, as kruise met lang arms en as motiewe in 'n patroon van aaneengeskakelde lyne. Chiraliteit beskryf die afwesigheid van 'n spieëlbeeldsimmetrie. Die spieëlbeeldvorms word gewoonlik beskryf as 'n simbool wat links wys (卍) en een wat regs wys (卐).

Geskrewe karakters

Die karakters 卍 en 卐.

Die sauwastika is as 'n standaardkarakter aanvaar in Chinees, "卍" (pinyin: wàn), en is ook in verskeie ander Oos-Asiatiese tale opgeneem. In Japannees word dit manji genoem.

Die sauwastika is ingesluit in die Unicode-karakters van twee tale: Chinees[41] en Tibettaans. In laasgenoemde is daar twee swastikas en twee sauwastikas (met of sonder vier kolletjies): ࿕, ࿗, ࿖, ࿘.[42]

Betekenis

Europese hipoteses van die swastika word gewoonlik behandel saam met kruissimbole in die algemeen, soos die godsdienstige sonkruis van die Bronstydperk. Daarbenewens was dit teenwoordig in simboolstelsels voordat skryfstelsels gebruik is soos die Vinčastelsel,[43] wat tydens die Neolitikum verskyn het.[44]

 
'n Mosaïekswastika in 'n Bisantynse kerk in Israel wat opgegrawe is
 
'n Benaderde voorstelling van Tiānmén (天門, Hemelpoort) of Tiānshū (天樞, Hemelspil) as die noordelike hemelpool met α Ursae Minoris as die poolster, met vier draaiende voorstellings van die sterrebeeld die Groot Beer in verskillende tydsfases. Die Hemelspil kan verteenwoordig word deur wàn (卍).

Noordpool

Volgens die Franse intellektueel René Guénon verteenwoordig die swastika die noordpool en die roterende bewewing om 'n onveranderlike spil (axis mundi), en eers tweedens verteenwoordig dit die son as 'n weerspieëlde funksie van die noordpool. As sulks is dit 'n simbool van die lewe, van die verlewendigende rol van die opperste beginsel van die heelal, die absolute God, in verhouding tot die kosmiese orde. Dit verteenwoordig die aktiwiteit (die Hellenistiese Logos, die Hindoeïstiese Om, die Chinese Taiyi, "Groot Een") van die beginsel van die heelal in die vorming van die wêreld.[45] Volgens Guénon het die swastika in sy poolwaarde dieselfde betekenis van die jin en jang van die Chinese tradisie, en van ander tradisionele simbole van die werking van die heelal, insluitende die letters Γ (gamma) en G, wat die Groot Argitek van die Heelal van die Vrymesselary simboliseer.[46]

Volgens die geleerde Reza Assasi verteenwoordig die swastika die ekliptiese noordpool wat om Zeta Draconis gesentreer is, met die sterrebeeld Draak as een van sy strale. Hy meen dié simbool is later voorgestel as die vierperdewa van Mitras in die antieke Iranse kultuur. Hulle het geglo die kosmos word deur vier hemelse perde getrek wat in 'n kloksgewyse rigting om 'n vaste middelpunt draai. Hy stel voor dié idee het later floreer in Romeinse Mitraïsme, want die simbool kom voor in Mitraïstiese ikonografie en sterrekunde.[47]

Volgens die Russiese argeoloog Gennadi Zdanowitsj, wat van die oudste voorbeelde van die simbool in die Sintasjta-kultuur bestudeer het, simboliseer die swastika die heelal en verteenwoordig dit die draaiende sterrebeelde van die noordelike hemelpool, wat gesentreer is in α Ursae Minoris, veral die Klein en Groot Beer, of Ursa Minor en Ursa Major.[48] Net so, sê René Guénon, word die swastika geteken deur die Groot Beer te visualiseer in die vier fases van revolusie om die poolster.[49]

Komeet

 
'n Voorstelling van komete uit die Boek van Sy, Han-dinastie, 2de eeu v.C.

In hulle boek van 1985, Comet, sê Carl Sagan en Ann Druyan die voorkoms van 'n draaiende komeet met 'n vierpuntige stert so vroeg as 2000 v.C. kan verduidelik hoekom die swastika in die kulture van beide die Ou Wêreld en die Amerikas van voor Columbus aangetref word. In die Han-dinastie se Boek van Sy (2de eeu v.C.) word so 'n komeet uitgebeeld met 'n swastika-agtige simbool.[50]

Bob Kobres sê in 1992 in 'n verhandeling die swastika-agtige komeet in die boek uit die Han-dinastie is genoem 'n "fisantster met 'n lang stert", omdat dit soos 'n voël se poot of voetspoor gelyk het.[51] Soortgelyke vergelykings is in 1907 getref deur J.F. Hewitt,[52] sowel as in 'n artikel in 1908 in Good Housekeeping.[53] Kobres stel voorts 'n verband met mitologiese voëls en komete van buite China voor.[51]

Vier winde

In die kultuur van die Indiane, veral die Pima van Arizona, is die swastika 'n simbool van die vier winde. Die antropoloog Frank Hamilton Cushing sê onder die Pima word die simbool van die vier winde gemaak met 'n kruis met vier gebuigde arms (soos 'n gebreekte sonteken). Volgens hom is die swastika wat regs wys hoofsaaklik 'n verteenwoordiging van die sirkel van die vier windgode wat elk aan die punt van sy rigting staan.[54]

Voorgeskiedenis

 
'n 3 200 jaar oue swastikahalsband wat in die noorde van Iran uitgegrawe is.

Die vroegste bekende swastika is uit 10000 v.C. Dit was deel van "'n ingewikkelde kronkelpatroon van saamgevoegde swastikas" wat op 'n ivoorbeeldjie van 'n voël op 'n terrein uit die laat Paleolitikum in Oekraïne ontdek is. Daar is voorgestel dat dit 'n gestileerde beeld van 'n ooievaar in vlug is.[55] Omdat die beeld naby falliese voorwerpe gekry is, kon dit ook 'n vrugbaarheidsimbool gewees het.[56]

 
'n Prehistoriese klip in Iran.

In die berge van Iran is swastikas of spinwiele ontdek wat op klipmure uitgekrap is en na raming ouer as 7 000 jaar is.[57][58]

Spieëlbeeldswastikas (kloks- en antikloksgewys) is op keramiekpotte in Bulgarye ontdek en dateer na raming van 6000 v.C.[59]

Van die vroegste argeologiese bewyse van die swastika op die Indiese subkontinent kan teruggespeur word na 3000 v.C.[60] Die ondersoekers het die moontlikheid gestel dat die swastika van Indië af weswaarts na Finland, Skandinawië, die Skotse Hoogland en ander dele van Europa versprei het.[61] In Engeland is klipsnywerk van die simbool uit die Bronstydperk ontdek op Ilkley Moor, soos die Swastikasteen.

Swastikas is ook gekry op erdewerk op argeologiese terreine in Afrika, in die omgewing van Koesj en by die Jebel Barkal-tempels,[62] in ontwerpe uit die Ystertydperk van die Noord-Kaukasus en in Neolitiese China.[63][64]

Ander Ystertydperkvoorbeelde van die swastika kan verbind word met Indo-Europese kulture soos die Illiriërs,[65] Indo-Irannese, Kelte, Grieke, Germaanse volke en Slawiërs.

Die swastika is ook in die Koptiese tydperk in Egipte aangetref. Op 'n tekstielstof van tussen 300 en 600 v.C. is klein swastikas in die patroon te sien.[66]

Die Tierwirbel (Duits vir "dieremaalkolk") is 'n kenmerkende motief in die Sentraal-Asië van die Bronstydperk, die Eurasiese steppe en later onder die Skitiese, Baltiese en Germaanse kulture van die Ystertydperk.[67] Daarop is 'n roterende, simmetriese rangskikking van 'n dieremotief, dikwels vier voëlkoppe.

Historiese gebruik

In Asië het die swastikasimbool omstreeks[60] 3000 v.C. in die argeologiese rekords van die Indusvalleibeskawing verskyn.[21][70] Dit het ook in die kulture om die Swart- en Kaspiese See van die Brons- en Ystertydperk sy verskyning gemaak. In al dié kulture het die simbool blykbaar nie enige besonderse betekenis gehad nie en het dit voorgekom as net een vorm van 'n reeks soortgelyke simbole. In die Zoroastriese godsdiens van Persië was dit 'n simbool van die wentelende son, oneindigheid of voortdurende skepping.[71][72] Dit is een van die algemeenste simbole op die muntstukke van Mesopotamië.[6]

Die ikoon het 'n spirituele betekenis gehad in Indiese godsdienste soos Hindoeïsme, Boeddhisme en Djainisme.[5][6]

Suid-Asië

 
'n Swastika met 24 krale, wat hoofsaaklik in Maleisiese Boeddhisme gebruik is.

In Boeddhisme word die swastika beskou as 'n simbool van die gunstige voetspore van die Boeddha.[6][17] Die sauwastika, wat links wys, word dikwels aangetref op die bors, voete of palms van Boeddhabeelde. Dit is 'n simbool vir die Boeddha in baie dele van Asië en stem ooreen met die Dharmawiel.[3] Die vorm simboliseer ewige siklusse, 'n tema wat in samsara aangetref word.[3]

Die swastikasimbool is algemeen in esoteriese tantratradisies van Boeddhisme, asook in Hindoeïsme, waar dit aangetref word saam met chakra-teorieë en ander mediteringshulpmiddels.[73] Die kloksgewyse simbool is algemener en word aangetref in die Tibettaanse Bon-tradisie.[74]

Die swastika is 'n belangrike Hindoeïstiese simbool.[5][6] Dit is algemeen voor ingange van huise en tempels, om die eerste bladsy van finansiële verklarings te merk en as mandalas vir rituele soos troues en om pasgeborenes te verwelkom.[6][73]

Dit het 'n spesifieke betekenis vir Diwali en maak deel van die versierings uit.[75]

Beide die kloks- en antikloksgewyse swastika word in Hindoeïsme aangetref, met verskillende betekenisse. Dit word onderskeidelik die swastika en sauwastika genoem.[6] Die swastika is 'n sonsimbool (Surya), wat dui op die beweging van die son in Indië (die Noordelike Halfrond), waar dit skynbaar van die ooste af binnekom, dan smiddae na die suide beweeg en in die weste uitgaan.[6] Die sauwastika word minder gebruik. Dit dui die nag aan en in tantriese tradisies is dit 'n simbool vir die gosin Kali, die skrikaanjaende vorm van die godin Durga.[6] Die simbool verteenwoordig ook aktiwiteit, karma, beweging, die wiel en in sommige gevalle die lotus.[2][3] Volgens Norman McClelland kan sy simbolisme vir beweging en die son ontstaan het vanweë gedeelde prehistoriese kulturele wortels.[76]

'n Swastika is algemeen in Hindoeïstiese tempels

Die ingang van die Goa Lawah-tempel in Bali, Indonesië.
'n Hindoeïstiese tempel in Rajasthan, Indië.
 
'n Djainistiese simbool wat 'n swastika bevat.

In Djainisme is dit die simbool van Suparshvanatha, die sewende tirthankara.[6] Alle Djainstiese tempel- en heilige boeke moet die swastika bevat en seremonies begin en eindig gewoonlik met die vorming van swastikas met rys om die altaar. Lede gebruik rys om 'n swastika voor standbeelde te maak en plaas dan 'n offerande daarop; gewoonlik 'n ryp of gedroogde vrug, 'n soetigheid, muntstuk of noot. Die vier arms van die swastika simboliseer die vier plekke waar 'n siel herbore kan word in samsara, die siklus van geboorte en sterfte, voordat die siel moksja (redding) bereik as 'n siddha met die beëindiging van dié siklus.[4]

Oos-Asië

Die twee swastikas (卍 en 卐)) word, minstens sedert die Liao-dinastie (907-1125), ingesluit by die Chinese skryfstelsel en is variante van 萬 of 万 (wàn in Mandaryns), 만 (man in Koreaans, Kantonees en Japannees) en vạn in Viëtnamees, wat beteken "10 000".[77]

 
Die chas-simbool van Mongoolse sjamanisme.

Toe die Chinese skryfstelsel in die 8ste eeu in Japan bekend gestel is, is die swastika in die Japannese taal en kultuur opgeneem. Dit word algemeen die manji (letterlik "10 000-karakter") genoem. Sedert die Middeleeue word dit as mon (wapen) deur verskeie Japannese families gebruik.[78] Op Japannese kaarte word 'n swastika (horisontaal, wat links wys) gebruik om Boeddhistiese tempels aan te dui. Die swastika wat regs wys, word dikwels gyaku manji, "omgekeerde swastika", genoem asook migi manji "regs-swastika" of kagi jūji "hoekkruis".

In Chinese en Japannese kuns word die swastika dikwels as deel van 'n herhalende patroon aangetref. Een bekende patroon, sayagata in Japannees, bestaan uit swastikas wat link en regs wys en deur lyne verbind word.[79]

Noord-Europa

'n Voorwerp wat baie soos 'n hamer of dubbele byl lyk, word uitgebeeld onder die magiese simbole op die tromme van Sami-sjamane. Dit is voor die Christendom in hulle godsdienstige rituele gebruik. Soms is 'n manlike figuur op die tromme gebruik met 'n hameragtige voorwerp in een van die hande, en soms lyk dit meer soos 'n kruis met haakpunte, of 'n swastika.[80]

Die swastikavorm (ook 'n fylfot genoem) verskyn op verskeie Germaanse en Wiking-artefakte uit die Migrasietydperk. Die heidense Anglo-Saksiese skeepsgraf by Sutton Hoo, Engeland, bevat talle items met 'n swastika op.[80]

Die Engelse folkloris Hilda Ellis Davidson meen die swastika is geassosieer met Thor en hou moontlik verband met die sonkruis van die Bronstydperk.[80] Sy haal "baie voorbeelde" aan van die swastikasimbool op Anglo-Saksiese grafte uit die heidense tydperk, veral op verassingsurne uit die begraafplase van Oos-Anglië.[80] Volgens haar is dit so versigtig en kunstig aangebring dat dit 'n spesiale betekenis as 'n begrafnissimbool moes hê.[80]

Hande van Swarog (Pools: Ręce Swaroga)[81] met swastikas; Donderkruis of Kruis van Peroen, kloks- en antikloksgewys.

Volgens die skilder Stanisław Jakubowski is die "klein son" (Pools: słoneczko) 'n vroeë Slawiese heidense simbool van die son; hy sê dit is gegraveer op houtmonumente wat naby die finale rusplekke van gevalle Slawiërs gebou is om die ewige lewe te simboliseer. Die simbool is die eerste keer te sien in sy versameling van vroeë Slawiese simbole en argitektuur, wat hy genoem het Prasłowiańskie motywy architektoniczne ("Vroeë Slawiese Argitektoniese Motiewe"). Sy werk is in 1923 gepubliseer deur 'n uitgewer wat toe in Krakow gebaseer was.[82]

 
'n 19de-eeuse Russiese borduurwerk.
 
Kolowrat (Russies: коловрат, "spinwiel"); Pools: słoneczko, "klein son".

In Rusland was die swastika voor die Tweede Wêreldoorlog 'n geliefde teken van die laaste Russiese keiserin, Aleksandra Fjodorowna. Sy het dit vir geluk neergesit waar sy kon, onder meer in die Ipatijef-huis, waar die gesin tereggestel is. Daar het sy ook 'n swastika geteken op die muurpapier bo die bed waar die tsarewitsj blykbaar geslaap het.[83] Dit was ook vir 'n ruk gewild onder sekere kunstenaars en politieke en weermaggroepe.[84] In die oorlog het dit egter verbind geraak met die Duitse besetting.[85]

In die moderne Rusland beteken die woord коловрат (kolowrat) letterlik "spinwiel". Dit word egter algemeen met die swastika verbind, hoewel geen etnografiese bronne dit bevestig nie.[85][86]

Die Russiese neo-Nazi-groep Russiese Nasionale Eenheid se tak in Estland is amptelik onder die naam "Kolowrat" geregistreer en het in 2001 'n ekstremistiese koerant onder dieselfde naam gepubliseer.[87] In 'n misdaadondersoek is bevind die koerant het verskeie rassistiese skeldname bevat.[88]

Die bronstitelprent op die Kelte se Batterseaskild, 'n rituele voorchristelike skild (omstreeks 350-50 v.C.) wat in die Teemsrivier naby die Batterseabrug ontdek is, bevat 27 swastikas in brons en rooi emalje.[89] 'n Oghamsteen wat in Ierland ontdek is, is verander in 'n vroeë Christelike grafsteen en is versier met onder meer twee swastikas.[90] Die Book of Kells (omstreeks 800 n.C.) bevat swastikavormige versierings. Aan die noordelike punt van die vlei Ilkley Moor in Wes-Yorkshire is daar 'n swastikavormige patroon wat op 'n steen uitgegrawe is en as die Swastikasteen bekend is.[91]

Grieks-Romeinse oudheid

Talle los en verbinde swastikamotiewe kom op antieke Griekse geboue, klere en muntstukke voor. Daar is ook vergulde spelde uit die 8ste eeu wat met swastikas versier is.[92] Verwante simbole in klassieke Westerse argitektuur sluit in die kruis en ander swastikavorms.

In Grieks-Romeinse kuns en argitektuur en in Romaanse en Gotiese kuns in die Weste is geïsoleerde swastikas redelik skaars; dit word eerder aangetref as 'n herhaalde element in 'n randpatroon of mosaïekwerk. Die swastika verteenwoordig dikwels voortdurende beweging, soos van 'n wind- of watermeul.

'n Ontwerp van geskakelde swastikas is een van verskeie mosaïekwerke op die vloer van die katedraal van Amiens, Frankryk.[93] 'n Rand van geskakelde swastikas was 'n algemene motief in Romeinse argitektuur[94] en kan gesien word in meer onlangse geboue as 'n neoklassieke element. Daar was ook swastikas op die vloere van Pompeji.[95]

Illiriërs

Die swastika was algemeen onder die Illiriërs en het die son gesimboliseer. Die sonkultus was hulle hoofkultus; die son is verteenwoordig deur die swastika in 'n kloksgewyse beweging, wat die beweging van die son aangedui het.[96]

Armenië

In Armenië is die swastika die antieke simbool van ewigheid en ewige lig (dus God). Swastikas in Armenië is ontdek op petrogliewe van die Kopertydperk, voor die Bronstydperk. In die Bronstydperk het dit voorgekom op kookpotte, belde, medaljes en ander voorwerpe.[97]

Swastikas kan ook gesien word op vroeë Middeleeuse kerke en forte, insluitende die hooftoring in Armenië se historiese hoofstad, Ani.[98] Dieselfde simbool word aangetref op Armeense tapyte en stene en op Middeleeuse manuskripte, sowel as op moderne monumente as 'n simbool van ewigheid.[99]

Middeleeuse en vroeë moderne Europa

Swastikavorms is gevind op talle artefakte van die Europese Ystertydperk.[98][100][101] In die Christendom word die swastika gebruik as 'n weergawe met hoeke van die Christelike kruis, die simbool van Christus se oorwinning oor die dood. Sommige Christelike kerke wat in die Romaanse en Gotiese tydperke gebou is, is met swastikas versier, na aanleiding van vroeëre Romeinse ontwerpe. Swastikas word vertoon in 'n mosaïek in die Sint Sofia-kerk in Kijif, Oekraïne, wat van die 12de eeu dateer. Hulle is ook as 'n herhalende ornamentele motief te sien op 'n graftombe in die Basilika van Sint Ambrosius in Milaan.[102]

'n Plafon wat in 1910 in die Kerk van Sint Laurentius in Grenoble, Frankryk, geverf is, vertoon baie swastikas. Dit kan vandag besoek word omdat die kerk die stad se argeologiese museum is.

In die Eerste Republiek van Pole was die swastika 'n gewilde simbool onder die adel. Volgens kronieke het die Roes-prins Oleg, wat Konstantinopel in die 9de eeu aangeval het, sy skild (met 'n groot rooi swastika daarop geverf) aan die stad se poorte vasgespyker.[103] Verskeie adellike huise, soos die Boreyko, Borzym en Radziechowski van Roetenië, het ook swastikas as hulle familiewapens gehad.

Die swastika is ook deur edelmanne in Pole en Oekraïne as heraldiese simbool gebruik. In die 19de eeu was die swastika een van die Russiese Ryk se simbole en is dit op muntstukke as 'n agtergrond vir die Russiese arend gebruik.[104][105]

Afrika

Swastikas kan in verskeie kulture van Afrika gesien word. In Ethiopië is 'n swastika uitgekerf in die venster van 'n beroemde 12de-eeuse rotskerk in Lalibela. In Ghana is die swastika een van die simbole van die Akan-volke. Dit is aangetref in die Asjanti se goudgewigte en klere.[106]

Amerikas

 
'n Poskaart uit 1907 wys die Navajo se simbool vir goeie geluk.

Die swastika is 'n Navajo-simbool vir goeie geluk. Dit is in Arizona op padtekens van die deelstaat gebruik.[107]

Vroeë 20ste eeu

Swastikas op 'n trourok as simbole van geluk, Britse kolonie, 1910.

In die Westerse wêreld het die simbool 'n oplewing beleef ná argeologiese werk in die 19de eeu deur Heinrich Schliemann, wat die simbool ontdek het op die terrein van antieke Troje en dit verbind het met die antieke migrasies van Proto-Indo-Europeërs, wie se taal nie verniet deur Duitse taalhistorici "Proto-Indo-Germaans" genoem is nie. Hy het dit verbind met soortgelyke vorms wat in Duitsland op antieke potte gevind is en het geteoretiseer dat die swastika 'n "belangrike godsdienssimbool van ons verre voorvaders" was. Hy het dit verder verbind met antieke Teutone, Grieke uit die tyd van Homeros, en Indiërs van die Vediese tydperk.[108][109] Teen die vroeë 20ste eeu is dit wêreldwyd gebuik as 'n simbool van goeie geluk en sukses.

Schliemann se werk het gou verstrengel geraak met die politieke völkische beweging, wat die swastika as 'n simbool van die "Ariese ras" gebruik het. Sedert die aanvaarding daarvan deur die Nazi-party van Adolf Hitler word die swastika in 'n groot deel van die Weste verbind met nazisme, fascisme, rassisme (wit heerskappy), die Spilmoondhede van die Tweede Wêreldoorlog en die Holocaust. Die swastika is steeds 'n kernsimbool van neo-Nazi's.

Europa

 
'n Teosofiese seël.

In die 1880's het die Teosofiese Vereniging 'n swastika aanvaar as deel van hulle seël, saam met 'n Om, 'n heksagram of Dawidster, 'n anch en 'n gnostiese ouroboros. Die vereniging was nooit omstrede nie en die seël word steeds gebruik. Die huidige seël sluit ook die teks in: "Daar is geen godsdiens hoër as die waarheid nie."[110]

Die Britse skrywer en digter Rudyard Kipling het die simbool op die voorblad van verskeie van sy boeke gebruik, onder meer The Five Nations, 1903. Nadat Hitler aan die bewind gekom het, het Kipling opdrag gegee dat die swastika nie meer op sy boeke verskyn nie.

 
Carlsberg se Olifanttoring.

Die Deense brouery Carlsberg het die swastika van die 19de eeu tot die middel van die 1930's as logo gebruik,[111] totdat dit met die Nazi's verbind is. By die maatskappy se hoofkwartier in Kopenhagen wat in 1901 gebou is, kan swastikas steeds gesien word. Die Olifanttoring word ondersteun deur vier klipolifante, elk met 'n swastika op sy sy. Die spits bo-op die toring is ook met 'n swastika versier.[112]

Die swastika is ook in baie ander Europese lande deur maatskappye, weermagafdelings en verenigings gebruik, soos in Ysland,[113] Ierland,[114][115] Finland,[116][117] Letland,[118][119][120] Litaue,[121][122] Swede en Noorweë.[123]

Noord-Amerika

Die swastikamotief word aangetref in die tradisionele kuns en ikonografie van 'n paar inheemse Amerikaanse groepe. Histories is die teken ontdek in uitgrawings van terreine in die Mississippirivier- en die Ohioriviervallei van die Mississippium-epog. Dit word ook algemeen gebruik deur 'n paar suidwestelike stamme, veral die Navajo, en vlaktenasies soos die Dakota.

Die ou en nuwe simbool van die 45ste Infanterieafdeling.

Dit het in die verskillende stamme verskillende betekenisse.[124]

Voor die 1930's was die simbool van die Amerikaanse 45ste Infanterieafdeling 'n rooi diamant met 'n geel swastika ter ere van die groot inheemse bevolking in die suidwestelike VSA. Die swastika is later deur 'n mitologiese onweersvoël vervang.

'n Swastikavorm is 'n simbool van die Guna-volk van Panama. In hulle tradisie simboliseer dit die seekat wat die wêreld geskep het; sy tentakels wys in die vier windrigtings.[125] Sedert 1930 gebruik hulle 'n vlag met 'n swastika op.[126]

Die dorpe Swastika in Ontario, Kanada, en in New York is na die simbool genoem.

Verbintenis met nazisme

Gebruik in nazisme

 
Die partywapen van die Naziparty met 'n swart swastika, wat 45 grade gedraai is, op 'n wit skyf. Die party het die insluiting van die simbool in 1920 in sy embleem aanvaar.

Aan die begin van die 20ste eeu is die swastika algemeen in Europa gebruik. Dit simboliseer baie dinge vir die Europeërs, waarvan die algemeenstes goeie geluk en gunstigheid is.[10] In 1920, ná die Eerste Wêreldoorlog, het Duitsland se pas gestigte Naziparty die swastika as simbool aanvaar.[127][128] Dit was 'n swart swastika, wat teen 45 grade gedraai is, op 'n wit sirkel op 'n rooi agtergrond. Dit is op die party se vlag, wapen en armband gebruik.

In sy Mein Kampf van 1925 skryf Hitler hy het intussen op 'n finale vorm besluit: 'n vlag met 'n rooi agtergrond, 'n wit skyf en 'n swart kruis met hoeke in die middel. Hy het ook ná baie probeerslae 'n definitiewe verhouding tussen die grootte van die vlag en die wit skyf uitgewerk, asook die vorm en dikte van die kruis.

Die vlag van die Naziparty, of die NSDAP.
Die nasionale vlag van Duitsland (1935–1945), met die swastika effens weg van die middel af.

Hy wou beide die swastika en die kleure van die "glorieryke verlede" inkorporeer. (Rooi, wit en swart was die kleure van die vlag van die ou Duitse Ryk.) Hy sê verder: "As Nasionale Sosialiste sien ons ons program in die vlag. In rooi sien ons die sosiale idee van die beweging; in wit die nasionalistiese idee; in die kruis met hake die sending van die stryd om die oorwinning van die Ariese man en, deur dieselfde teken, die oorwinning van die idee van kreatiwe werk."[129]

Die begrip "rassehigiëne" was 'n sentrale ideologie in nazisme, hoewel dit wetenskaplike rassisme was.[130][131] Die vooraanstaande Naziteoretikus Alfred Rosenberg het gesê die Indo-Ariese volke was beide 'n model om te volg en 'n waarskuwing van die gevare van die rasse- en spirituele "verwarring" wat, soos hy geglo het, ontstaan uit die nabyheid van die rasse.

Die Nazi's het die swastika beskou as 'n simbool van die Ariese meesterras.

Op 14 Maart 1933, kort nadat Hitler kanselier van Duitsland geword het, is die vlag van die NSDAP saam met Duitsland se nasionale kleure gehys. Op 15 September 1935 is die NSDAP-vlag, met die swastika effens weg van die middel, as die enigste Duitse vlag aanvaar.[132]

Gebruik deur die Geallieerdes

 
Geen-Nazi-teken.
 
'n Britse plakkaat uit die Tweede Wêreldoorlog.

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was dit algemeen om klein swastikas te gebruik om die Geallieerde vliegtuie se oorwinnings in die lug af te merk, en minstens een Britse vlieënier het 'n swastika in sy logboek aangeteken vir elke Duitse vliegtuig wat hy neergeskiet het.[133]

Stigmatisasie ná die oorlog

Weens die gebruik van die swastika deur Nazi-Duitsland is die simbool sedert die 1930's grootliks met nazisme verbind. Ná die Tweede Wêreldoorlog is dit deur die Weste as 'n teken van haat beskou,[134] en in baie Westerse lande as 'n simbool van wit heerskappy.[135]

As gevolg daarvan is die gebruik daarvan, enige gebruik of gebruik as 'n Nazi- of haatsimbool, in sommige lande verbode, insluitende Duitsland. In lande soos die VSA het die hooggeregshof gelas dat plaaslike regerings die gebruik van die swastika en ander simbole, soos van kruisverbranding, kan verbied as die bedoeling is om ander te intimideer.[11]

Huidige gebruik

Asië

Sentraal-Asië

In 2005 het owerhede in Tadjikistan 'n beroep gedoen dat die swastika algemeen as 'n nasionale simbool aanvaar word. President Emomali Rahmon het verklaar die swastika is 'n Ariese simbool en dat 2006, "die jaar van die Ariese kultuur", die regte tyd is om "Ariese bydraes tot die geskiedenis van die wêreldbeskawing te bestudeer en gewild te maak, om 'n nuwe generasie met die gees van nasionale selfbeskikking groot te maak en om hegter bande met ander etnisiteite en kulture te ontwikkel".[136]

Oos- en Suidoos-Asië

 
'n Swastika op 'n tempel in Korea.
 
Die vlag van die stad Hirosaki, Japan.
 
Simbool van Shanrendao, 'n Konfusiaans-Taoïstiese godsdiensbeweging in Noordoos-China.

In Oos-Asië is die swastika algemeen in Boeddhistiese kloosters en gemeenskappe. Dit word aangetref in Boeddhistiese tempels, godsdiensartefakte, geskrifte oor Boeddhisme en skole wat deur Boeddhistiese groepe gestig is. Dit verskyn ook as 'n ontwerp of motief (apart of in 'n patroon geweef) op tekstiele, geboue en 'n verskeidenheid versierings as 'n simbool van goeie geluk. Die ikoon (wat links wys) word ook as 'n heilige simbool aangetref in die Bon-tradisie.[137][138]

Baie Chinese godsdienste gebruik die swastika, insluitende Guiyidao en Shanrendao. Die Rooi Swastika-gemeenskap, die filantropiese tak van Guiyidao, bestuur twee skole in Hongkong en een in Singapoer met "swastika" in die naam, elk met 'n swastika in hulle logo.[139][140][141]

Onder die hoofsaaklik Hindoeïstiese bevolking van Bali, Indonesië, kom die swastika algemeen voor in tempels, huise en openbare plekke. Die simbool word verbind met die Boedhha se voetspore in Theravada-gemeenskappe in Myanmar, Thailand en Kambodja.[138]

In Japan word die swastika ook gebruik as 'n kaartsimbool om 'n Boeddhistiese tempel aan te dui.[142] Die land het dit al oorweeg om die teken te verander vanweë sporadiese omstredenheid en 'n misverstand onder buitelanders.[143]

Die stad Hirosaki in Aomori-prefektuur gebruik die teken as sy amptelike vlag.

Indiese subkontinent

 
Die embleem van Bihar.

In Bhutan, Indië, Nepal en Sri Lanka is die swastika ook algemeen. Tempels, besighede en ander organisasies soos Boeddhistiese biblioteke en die Nepalese kamer van koophandel[144] gebruik dit in reliëfwerk en logo's.[138] Swastikas kom voor in Indiese en Nepalese gemeenskappe – op winkels, geboue, vervoermiddels en klere. Dit is ook prominent in Hindoeïstiese seremonies soos troues. Die swastika wat links wys, kom voor in tantriese rituele.[6]

In Indië is Swastik en Swastika, tesame met spelvariante, die voorname van mans en vroue respektiewelik, byvoorbeeld van die Indiese aktrise Swastika Mukherjee. Die embleem van die deelstaat Bihar bevat twee swastikas.

In Bhutan word die swastika aangetref op geboue, tekstiele en in godsdiensseremonies.

Westerse wanvertolking van Asiatiese gebruik

Sedert die einde van die 20ste eeu, en deur die vroeë 21ste eeu, is daar soms verwarring en omstredenheid wanneer goedere vir persoonlike gebruik met tradisionele Boeddhistiese, Hindoeïstiese of Djainistiese simbole daarop na die Weste uitgevoer word, veral na Noord-Amerika en Europa. Dit word dan deur kopers as die Nazi-simbool beskou. Dit het daartoe gelei dat verskeie produkte al geboikot en aan winkels onttrek is.

'n Tienjarige seun van Lynbrook, New York, het byvoorbeeld 'n pak Pokémon-kaarte gekoop wat in 1999 uit Japan ingevoer is. Op twee kaarte was die Boeddhistiese swastika, wat links wys. Die seun se ouers het die simbool wanvertolk as die Nazi-simbool, wat regs wys, en het 'n klagte by die vervaardiging ingedien. Nintendo of America het aangekondig dat die kaarte nie meer gedruk gaan word nie en verduidelik dat wat in een kultuur aanvaarbaar is, nie noodwendig in 'n ander aanvaarbaar is nie. Dit is verwelkom deur die Anti-Defamation League, wat besef het die bedoeling was nie om aanstoot te gee nie.[21]

In 2020 het die handelaar Shein 'n halsband met 'n swastika wat links wys van sy webtuiste afgehaal nadat hulle in die sosiale media gekritiseer is. Die handelaar het verskoning gevra vir die gebrek aan sensitiwiteit, maar gesê die swastika is 'n Boeddhistiese simbool.[145]

Nuwe godsdiensbewegings

Benewens die gebruik van die swastika in Boeddhisme, Hindoeïsme en Djainisme, wat na premoderne tye teruggevoer kan word, word dit ook aangewend deur volgelinge van 'n groot aantal neogodsdiensbewegings wat in die moderne tyd ontstaan het.

  • Die Raëlistiese Beweging, waarvan die volgelinge glo buiteaardse wesens het alle lewe op aarde geskep, gebruik 'n simbool wat dikwels omstrede is: 'n ineengeskakelde Dawidster en swastika. Hulle sê die Dawidster verteenwoordig oneindigheid in die ruimte en die swastika oneindigheid in tyd – geen begin en geen einde in tyd, en alles is siklies.[146] In 1991 is die swastika weggevat uit hulle logo, maar in 2007 is dit in sy oorspronklike vorm teruggeplaas.[147]
  • Die swastika is 'n heilige simbool in die nuwe beweging Germaanse Heidendom, saam met die hamer van Thor en runes. Volgens dié tradisie, wat in Skandinawië, Duitsland en elders voorkom, is die swastika afgelei van die Noorse simbool vir die son. Die gebruik van die teken het daartoe gelei dat mense hulle al van neonazisme beskuldig het.[148][149][150]
  • 'n "Vuurkruis" word deur die Baltiese neoheidense bewegings Dievturība in letland en Romuva in Litaue gebruik.[151]
  • 'n Variant van die swastika, die kolowrat, met agt arms, word algemeen gebruik in Rodisme, wat in Slawiese lande beoefen word. Dit verteenwoordig die son en die skeppergode Rod en Swarog.

Verwysings

  1. "How the world loved the swastika – until Hitler stole it". BBC News (in Engels). 2014-10-23. Besoek op 2022-01-11.
  2. 2,0 2,1 Bruce M. Sullivan (2001). The A to Z of Hinduism. Scarecrow Press. p. 216. ISBN 978-1-4616-7189-3.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 Adrian Snodgrass (1992). The Symbolism of the Stupa. Motilal Banarsidass. pp. 82–83. ISBN 978-81-208-0781-5.
  4. 4,0 4,1 Cort, John E. (2001). Jains in the World: Religious Values and Ideology in India. Oxford University Press. p. 17. ISBN 978-0-19-513234-2 – via Google Books.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 Beer, Robert (2003). The Handbook of Tibetan Buddhist Symbols. Serindia Publications, Inc. ISBN 978-1-932476-03-3 – via Google Books.
  6. 6,00 6,01 6,02 6,03 6,04 6,05 6,06 6,07 6,08 6,09 6,10 6,11 6,12 6,13 Swastika: SYMBOL, Encyclopædia Britannica (2017)
  7. 7,0 7,1 "The Migration of Symbols Index". sacred-texts.com.
  8. Press, Cambridge University (2008). Cambridge Advanced Learner's Dictionary. Cambridge University Press. ISBN 978-3-12-517988-2 – via Google Books.
  9. 9,0 9,1 Campion, Mukti Jain (23 Oktober 2014). "How the world loved the swastika – until Hitler stole it". BBC News Magazine.
  10. 10,0 10,1 "History of the Swastika". Holocaust Encyclopedia. United States Holocaust Memorial Museum. 2009.
  11. 11,0 11,1 Wiener, Richard L.; Richter, Erin (2008). "Symbolic hate: Intention to intimidate, political ideology, and group association". Law and Human Behavior. American Psychological Association. 32 (6): 463–476. doi:10.1007/s10979-007-9119-3. PMID 18030607. S2CID 25546323.
  12. Stollznow, Karen (2020). On the Offensive: Prejudice in Language Past and Present. Cambridge University Press. p. 134. ISBN 978-1-108-49627-8.
  13. Langman, Lauren; Lundskow, George (2016). God, Guns, Gold and Glory: American Character and its Discontents. BRILL. p. 89. ISBN 978-90-04-32863-1.
  14. Lander, Janis (2013). Spiritual Art and Art Education. Routledge. p. 28. ISBN 978-1-134-66789-5.
  15. Wagoner, Brady (2009). Symbolic Transformation: The Mind in Movement Through Culture and Society. Routledge. p. 13. ISBN 978-1-135-15090-7.
  16. ""Swastika" Etymology".. 
  17. 17,0 17,1 Art Silverblatt; Nikolai Zlobin (2015). International Communications: A Media Literacy Approach. Routledge. p. 109. ISBN 978-1-317-46760-1. Buddha's footprints were said to be swastikas.
  18. Pant, Mohan; Funo, Shūji (2007). Stupa and Swastika: Historical Urban Planning Principles in Nepal's Kathmandu Valley. National University of Singapore Press. p. 231. ISBN 978-9971-69-372-5.
  19. Greg, Robert Philips (1884). On the Meaning and Origin of the Fylfot and Swastika. Nichols and Sons. pp. 6, 29.
  20. "Faience button seal". Faience[dooie skakel] button seal (H99-3814/8756-01), met 'n swastikamotief op die vloer van kamer 202 (sloot 43).
  21. 21,0 21,1 21,2 Heller, Steven (2008). The Swastika: Symbol Beyond Redemption?. New York: Allworth Press. ISBN 978-1-58115-507-5.
  22. 22,0 22,1 Heinrich Schliemann (1880). Ilios. J. Murray. pp. 347–348.
  23. Zimmer, Heinrich (2017). Myths and Symbols in Indian Art and Civilization. Princeton University Press.
  24. Allchin, F. R.; Erdosy, George (1995). The Archaeology of Early Historic South Asia: The Emergence of Cities and States. Cambridge University Press. p. 180. ISBN 978-0-521-37695-2.
  25. First recorded 1871 (OED); alternative historical English spellings include suastika, swastica, and svastica; see, for example: Notes and Queries. Oxford University Press. 31 Maart 1883. p. 259.
  26. Lorraine Boissoneault (6 April 2017), The Man Who Brought the Swastika to Germany, and How the Nazis Stole It, Smithsonian Magazine
  27. Harper, Douglas (2016). "Swastika". Etymology Dictionary.
  28. Mees (2008), pp. 57–58.
  29. 29,0 29,1 Monier Monier-Williams (1899). A Sanskrit-English Dictionary, s.v. svastika (p. 1283).
  30. A Vedic Concordance, Maurice Bloomfield, Harvard University Press, pp. 1052–1054
  31. "Page:Sanskrit Grammar by Whitney p1.djvu/494 – Wikisource, the free online library". en.wikisource.org. Besoek op 2019-06-10.
  32. Staal, Frits (April 1965). "Euclid and Pāṇini". Philosophy East and West. 15 (2): 99–116. doi:10.2307/1397332. JSTOR 1397332.
  33. Cardona, George (1998). Pāṇini: A Survey of Research. Motilal Banarsidass. p. 268. ISBN 978-81-208-1494-3 – via Google Books.
  34. "Panini (Indian Grammarian)". Encyclopædia Britannica. (2013). 
  35. Scharfe, Hartmut (1977). Grammatical Literature. Otto Harrassowitz Verlag. pp. 88–89. ISBN 978-3-447-01706-0 – via Google Books.
  36. The Migration of Symbols, deur Eugène Goblet d'Alviella, (1894), p.40 by sacred-texts.com
  37. "tetraskelion". Merriam-Webster Dictionary (Online uitg.). Encyclopædia Britannica Inc. Besoek op 9 Februarie 2019.
  38. "Melissa Cody's Whirling Logs: Don't You Dare Call Them Swastikas". Indian Country Today Media Network. 7 Augustus 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2013.
  39. Powers, John (2007). Introduction to Tibetan Buddhism. Shambhala Press. p. 509. ISBN 978-1-55939-835-0 – via Google Books.
  40. Chessa, Luciano (2012). Luigi Russolo, Futurist: Noise, Visual Arts, and the Occult. University of California Press. p. 34. ISBN 978-0-520-95156-3 – via Google Books.
  41. "CJK Unified Ideographs" (PDF). (4.83 MB), The Unicode Standard, Version 4.1. Unicode, Inc. 2005.
  42. "Right-Facing Svasti Sign" (click "next" three times)
  43. Paliga S., The tablets of Tǎrtǎria Dialogues d'histoire ancienne, vol. 19, n°1, 1993. pp. 9–43; (Fig. 5 on p. 28)
  44. Freed, S.A. en R.S., "Origin of the Swastika", Natural History, Januarie 1980, 68–75.
  45. Guénon, René; Fohr, Samuel D. (2004). Symbols of Sacred Science. Sophia Perennis. pp. 64–67, 113–117. ISBN 978-0-900588-78-5.
  46. Guénon, René; Fohr, Samuel D. (2004). Symbols of Sacred Science. Sophia Perennis. pp. 113–117, 130. ISBN 978-0-900588-78-5.
  47. Assasi, Reza (2013). "Swastika: The Forgotten Constellation Representing the Chariot of Mithras". Anthropological Notebooks (Supplement: Šprajc, Ivan; Pehani, Peter, reds. Ancient Cosmologies and Modern Prophets: Proceedings of the 20th Conference of the European Society for Astronomy in Culture). Ljubljana: Slovene Anthropological Society. XIX (2). ISSN 1408-032X.
  48. Gennadi Zdanowitsj. "О мировоззрении древних жителей «Страны Городов»". Русский след, 26 Junie 2017.
  49. Guénon, René; Fohr, Samuel D. (2004). Symbols of Sacred Science. Sophia Perennis. p. 117. ISBN 978-0-900588-78-5.
  50. Sagan, Carl; Druyan, Ann (1985). Comet (1st uitg.). New York: Random House. pp. 181–187. ISBN 0-394-54908-2. OCLC 12080683.
  51. 51,0 51,1 Kobres, Bob. "Comets and the Bronze Age Collapse". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2009.
  52. Hewitt, J. F. (1907). Primitive Traditional History: The Primitive History and Chronology of India, South-eastern and South-western Asia, Egypt, and Europe, and the Colonies Thence Sent Forth. 1. Oxford: J. Parker and Company. p. 145.
  53. Good Housekeeping. 47. C. W. Bryan & Company. 1908.
  54. Frank Hamilton Cushing: "Observations Relative to the Origin of the Fylfot or Swastika", American Anthropologist vol. 9, no. 2, Junie 1907 p335 by JSTOR
  55. Campbell, Joseph (2002). The Flight of the Wild Gander. p. 117.
  56. Campion, Mukti Jain (23 Oktober 2014). "How the world loved the swastika – until Hitler stole it". BBC News. Besoek op 14 Februarie 2017.
  57. Persian Sea magazine (2014). "The global role of the swastika in Iranian treasures, idols and carpets" Geargiveer 6 Mei 2021 op Wayback Machine. Iranian Studies. Besoek op 19 April 2021. In Persies.
  58. "کتیبه های خوسف ولاخ مزار بیرجند، جک گویی پارتها (Parthians Joking) یا کتیبه های درست دینان سلطنت قباد؟". Civilica (in Persies). 25 September 1395. Besoek op 18 Februarie 2022.
  59. Dimitrova, Stefania (30 Januarie 1996). "Eight Thousand Years Ago Proto-Thracians Depicted the Evolution of the Divine – English". Courrier of UNESCO – via www.academia.edu.
  60. 60,0 60,1 Kathleen M. Nadeau (2010). Lee, Jonathan H. X. (red.). Encyclopedia of Asian American Folklore and Folklife. ABL-CLIO. p. 87. ISBN 978-0-313-35066-5. Besoek op 21 Maart 2011.
  61. Staff (ndg) "Researchers find the Swastika predates the Indus Valley Civilization" Ancient Code; citing :lead project investigator" Joy Sen from the Indian Institute of Technology Kharagpur
  62. Dunham, Dows "A Collection of 'Pot-Marks' from Kush and Nubia", Kush, 13, 131–147, 1965
  63. (in Chinees) Bao Jing " “卍”与“卐”漫议 ("卍" "and "卐" Man Yee)". 6 Januarie 2004, news.xinhuanet.com
  64. "Jar with swastika design Majiayao culture, Machang type (Gansu or Qinghai province)". Daghlian Collection of Chinese Art
  65. Stipčević, Aleksandar (1977). The Illyrians: history and culture. Noyes Press. ISBN 978-0-8155-5052-5. Besoek op 14 Februarie 2017 – via Google Books.
  66. "Textile fragment". V&A Museum. Besoek op 14 September 2017.
  67. Marija Gimbutas. "The Balts before the Dawn of History". Vaidilute.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2012.
  68. Tokhatyan, K.S. "Rock Carvings of Armenia, Fundamental Armenology, v. 2, 2015, pp. 1-22". Institute of History of NAS RA.
  69. Freed, Stanley A. Research Pitfalls as a Result of the Restoration of Museum Specimens, Annals of the New York Academy of Sciences, Volume 376, The Research Potential of Anthropological Museum Collections pp. 229–245, Desember 1981.
  70. Mohan Pant, Shūji Funo (2007). Stupa and Swastika: Historical Urban Planning Principles in Nepal's Kathmandu Valley. NUS Press. p. 16. ISBN 978-9971693725.
  71. "Dictionary – Definition of swastika". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2013.
  72. Druid, Morning Star Athbhreith Athbheochan Kwisatz Haderach. "A symbol is a thought, a drawing, an action, an archetype, etcetera of the conceptualization of a thing that exists either in reality or in the imagination". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2012. Besoek op 17 Februarie 2012.
  73. 73,0 73,1 Janis Lander (2013). Spiritual Art and Art Education. Routledge. pp. 27–28. ISBN 978-1-134-66789-5.
  74. Chris Buckley (2005). Tibetan Furniture. Sambhala. pp. 5, 59, 68–70. ISBN 978-1-891640-20-9.
  75. "Significance of Swastika in Diwali celebrations". indiatribune.com. 27 Oktober 2010. Besoek op 11 November 2018.
  76. Norman C. McClelland (2010). Encyclopedia of Reincarnation and Karma. McFarland. pp. 263–264. ISBN 978-0-7864-5675-8.
  77. Kangxi Emperor (1716). Kangxi Dictionary (in Chinees). Qing Empire. p. 156.
  78. (Japanese) Hitoshi Takazawa, Encyclopedia of Kamon, Tōkyōdō Shuppan, 2008. ISBN 978-4-490-10738-8.
  79. "Sayagata 紗綾形". Japanese Architecture and Art Net Users System.
  80. 80,0 80,1 80,2 80,3 80,4 H.R. Ellis Davidson (1965). Gods and Myths of Northern Europe, p. 83. ISBN 978-0-14-013627-2
  81. Grzegorzewic, Ziemisław (2016). O Bogach i ludziach. Praktyka i teoria Rodzimowierstwa Słowiańskiego [About the Gods and people. Practice and theory of Slavic Heathenism] (in Pools). Olsztyn: Stowarzyszenie "Kołomir". p. 57. ISBN 978-83-940180-8-5.
  82. "Prasłowiańskie motywy architektoniczne". 1923. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2014. Besoek op 19 Mei 2014.
  83. Pierre Gilliard. Тринадцать лет при русском дворе = Dertien Jaar aan die Russiese Hof. – М.: «Захаров», 2006. – ISBN 5-8159-0566-6. – p. 175.
  84. Вольфганг, Акунов. "Книга: Барон фон Унгерн – Белый бог войны". e-reading.org.ua. Besoek op 14 Februarie 2017.
  85. 85,0 85,1 Багдасаров, Роман. "Свастика: благословение или проклятие". Цена Победы. Echo of Moscow. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Julie 2012. Besoek op 7 April 2010.
  86. Trubachyov, Oleg, red. (1983). "Kolovortъ; кolovьrtъ" (PDF). Etymological dictionary of Slavic languages (in Russies). 10. Moskou: Nauka. pp. 149, 150.
  87. Вячеслав Лихачев. Нацизм в России. с.5 about symbolic of neo-nazi party "RNU"
  88. Mudde, Cas. Racist Extremism in Central and Eastern Europe. p. 61.
  89. "The Battersea Shield". Britse Museum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Maart 2007.
  90. "CISP entry". Ucl.ac.uk. Besoek op 2 Maart 2010.
  91. Martin J Powell. "Megalithic Sites in England – Photo Archive".
  92. Biers, W.R. 1996. The Archaeology of Greece, p. 130. Cornell University Press, Ithaca/Londen.
  93. Robert Ferré. "Amiens Cathedral". Labyrinth Enterprises.
  94. Gary Malkin. "Tockington Park Roman VillaGeargiveer 21 Mei 2004 op Wayback Machine". The Area of Bristol in Roman Times. 9 Desember 2002.
  95. Lara Nagy, Jane Vadnal, "Glossary Medieval Art and Architecture", "Greek key or meander", University of Pittsburgh 1997–1998.
  96. Stipčević, Aleksandar (1977). The Illyrians: history and culture. Noyes Press. pp. 182, 186. ISBN 978-0-8155-5052-5.
  97. T. Wilson The swastika, the earlist known symbol and its migrations, pp. 807, 951
  98. 98,0 98,1 Concise Armenian Encyclopedia, Yerevan, v. II, p. 663
  99. Holding, Nicholas; Holding, Deirdre (2011). Armenia. ISBN 978-1-84162-345-0.
  100. Jacob G. Ghazarian (2006), The Mediterranean legacy in early Celtic Christianity: a journey from Armenia to Ireland, Bennett & Bloom, pp. 263, p. 171
  101. K. B. Mehr, M. Markow, Mormon Missionaries enter Eastern Europe, Brigham Young University Press, 2002, pp. 399, p. 252
  102. Carus, Paul (1907). The Open Court (in Engels). Open Court Publishing Company.
  103. "Swastika (Kolovrat) – Historical Roots" (in Russies). Distedu.ru. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2009. Besoek op 2 Maart 2010.
  104. Vladimir Nikolaevich. "The Swastika, the historical roots" (in Russies). Klk.pp.ru. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Augustus 2009. Besoek op 2 Maart 2010.
  105. Vladimir Plakhotnyuk. "Kolovrat – Historical Roots – Collection of articles" (in Russies). Ruskolan.xpomo.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2009. Besoek op 2 Maart 2010.
  106. Claire Polakoff. Into Indigo: African Textiles and Dyeing Techniques. 1980
  107. Warnick, Ron (2006-10-26). "Swastikas on old Arizona road maps?". Route 66 News (in Engels). Besoek op 2019-09-05.
  108. Schliemann, H, Troy and its remains, Londen: Murray, 1875, pp. 102, 119–120.
  109. Boxer, Sarah (29 Junie 2000). "One of the World's Great Symbols Strives for a Comeback". Think Tank. The New York Times. Besoek op 7 Mei 2012.
  110. "Emblem or the Seal | TS Adyar". www.ts-adyar.org.
  111. "Flickr Album; "Probably the Best Photo's of Swastikas in the World"". Fiveprime.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Julie 2012. Besoek op 1 Mei 2011.
  112. "Carlsberg Groep se webtuiste". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2020-08-04.
  113. "Saga Eimskips". Eimskip (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2018. Besoek op 2019-06-19.
  114. "Swastika chimney". The Irish Times. 3 Maart 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2011. Besoek op 3 Oktober 2010.
  115. "Swastika Laundry (1912–1987)". Come here to me!. Comeheretome.wordpress.com. 26 April 2010. Besoek op 3 Oktober 2010.
  116. "Partiolippukunta Pitkäjärven Vaeltajat ry". Pitva.Partio.net. Besoek op 2 Maart 2010.
  117. "Tursan Sydän". Tursa.fi (in Fins). 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2009. Besoek op 2 Maart 2010.
  118. Guénon, René (2001). The Symbolism of the Cross (in Engels). Sophia Perennis. p. 62. ISBN 978-0-900588-65-5.
  119. "Latvia and the Swastika". latvians.com. Besoek op 2018-11-08.
  120. "Latvia – Airforce Flag and Aircraft Marking". fotw.info. Besoek op 2018-11-08.
  121. "Swastika – historical heritage of Lithuania". European Foundation of Human Rights. 3 Februarie 2012. Besoek op 2018-11-08.
  122. "Svastika Mūsų protėvių lietuvių simbolis | Sarmatai". www.sarmatas.lt (in Litaus). 7 Februarie 2010. Besoek op 2018-11-08.
  123. Sørensen, Øystein (1989). Fra Hitler til Quisling. Oslo: J.W. Cappelens Forlag. pp. 93–94. ISBN 82-02-11992-8.
  124. Dottie Indyke. "The History of an Ancient Human Symbol". 4 April 2005. originally from The Wingspread Collector's Guide to Santa Fe, Taos and Albuquerque, Volume 15.
  125. Chants and Myths about Creation Geargiveer 31 Oktober 2005 op Wayback Machine, from Rainforest Art. Besoek op 25 Februarie 2006.
  126. Panama – Native Peoples Geargiveer 30 Junie 2006 op Wayback Machine, uit Flags of the World. Besoek op 20 Februarie 2006.
  127. "History of the Swastika". United States Holocaust Memorial Museum. Besoek op 9 Mei 2018.
  128. A., Aleksandra (18 Maart 2018). "Planted in 1933 this mysterious forest swastika remained unnoticed until 1992 – it was then quickly cut down". The Vintage News. Besoek op 10 September 2018.
  129. "text of Mein Kampf at Project Gutenberg of Australia". Gutenberg.net.au. Besoek op 2 Maart 2010.
  130. Robert Proctor (1988). Racial Hygiene: Medicine Under the Nazis. Harvard University Press. p. 220. ISBN 978-0-674-74578-0.
  131. Mark B. Adams (1990). The Wellborn Science: Eugenics in Germany, France, Brazil, and Russia: Eugenics in Germany, France, Brazil, and Russia. Oxford University Press. p. 43. ISBN 978-0-19-536383-8.
  132. James Q. Whitman, "Hitler's American Model: The United States and the Making of Nazi Race Law", Princeton University Press, 2017), p. 28
  133. Prynne, Miranda (14 April 2014). "Battle of Britain hero's medals to go under the hammer". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2018. Besoek op 6 April 2018 – via www.telegraph.co.uk.
  134. Verhulsdonck, Gustav (2013). Digital Rhetoric and Global Literacies. IGI. p. 94. ISBN 978-1-4666-4917-0.
  135. Dawn Perlmutter (2003). Investigating Religious Terrorism and Ritualistic Crimes. CRC Press. p. 242. ISBN 978-1-4200-4104-0.
  136. Saidazimova, Gulnoza (23 Desember 2005). "Tajikistan: Officials Say Swastika Part Of Their Aryan Heritage – Radio Free Europe / Radio Liberty © 2008". Rferl.org. Besoek op 2 Maart 2010.
  137. John Powers (2007). Introduction to Tibetan Buddhism. Shambhala. pp. 508–509. ISBN 978-1-55939-835-0.
  138. 138,0 138,1 138,2 Jonathan H. X. Lee; Kathleen M. Nadeau (2011). Encyclopedia of Asian American Folklore and Folklife. ABC-CLIO. pp. 86–87. ISBN 978-0-313-35066-5.
  139. [Hong Kong Red Swastika Society Tai Po Secondary School Official website http://www.hkrsstpss.edu.hk]
  140. [Hong Kong Red Swastika Society Tuen Mun Primary School website http://www.hkrsstmps.edu.hk]
  141. Red Swastika School, Singapore
  142. 平成14年2万5千分1地形図図式 [2002 1:25000 Topographical Map Scheme] (in Japannees). Geospatial Information Authority of Japan. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2012. Besoek op 21 April 2012.
  143. "Japan to remove swastikas from maps as tourists 'think they are Nazi symbols'". www.telegraph.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2022. Besoek op 2021-09-29.
  144. "daily picture (News from Nepal as it happens)". Nepalnews.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2021. Besoek op 2 Maart 2010.
  145. Lewis, Sophie (10 Julie 2020). "Popular online retailer Shein apologizes for selling swastika necklace after backlash". CBS News. CBS. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2020. Besoek op 27 Junie 2021.
  146. "Pro-Swastika". Pro-Swastika. Besoek op 2 Maart 2010.
  147. "The Official Raelian Symbol gets its swastika back". Raelianews. 17 Januarie 2007. Besoek op 2 Maart 2010.
  148. Marijke Gijswijt-Hofstra; Brian P. Levack; Roy Porter (1999). Witchcraft and Magic in Europe, Volume 6: The Twentieth Century. Bloomsbury Academic. pp. 111–114. ISBN 978-0-485-89105-8.
  149. Stefanie von Schnurbein (2016). Norse Revival: Transformations of Germanic Neopaganism. Brill Academic. ISBN 978-90-04-29435-6.
  150. Mees (2008), pp. 141, 193–194, 210–211, 226–227.
  151. Kak, Subhash (2018-07-09). "Romuva and the Vedic Gods of Lithuania". Subhash Kak. Besoek op 2018-11-08.

Nog leesstof

Skakels


Swastika: Simbool en antieke godsdienstige ikoon in die kulture van Eurasië

Die swastika, 卐 of 卍, is \'n simbool wat vandag in die Weste hoofsaaklik bekend is vanweë die gebruik daarvan deur die Naziparty. Dit is \'n antieke godsdiensikoon in verskeie Eurasiese kulture. Dit word gebruik as \'n simbool van goddelikheid en spiritualiteit in Indiese gelowe, insluitende Hindoeïsme, Boeddhisme en Djainisme. Die simbool is gewoonlik in die vorm van \'n kruis, waarvan die arms ewe lank is en reghoekig op mekaar lê. Elke arm is in die middel teen \'n reghoek gebuig.[8]