Swarthaak

Boomspesie

Die Swarthaak (Senegalia mellifera) is 'n algemene doringboom in Afrika. Die naam mellifera verwys na die boom se soetgeurige bloeisels en heuning. Die hout word pikswart as dit geolie word. Die boom staan in Engels as die Blackthorn bekend. Dit is gelys as nie bedreigd.[1] In Suid-Afrika is die plant inheems in Gauteng, Limpopo, Noord-Kaap, Noordwes en die Vrystaat. Buite Suid-Afrika is die boom inheems in Angola, Botswana, Djiboeti, Egipte, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Jemen, Kenia, Mosambiek, Namibië, Saoedi-Arabië, Somalië, Soedan, Tanzanië, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Swarthaak
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein:Eukaryota
Koninkryk:Plantae
Klade:Tracheofiete
Klade:Angiospermae
Klade:Eudicots
Klade:Rosids
Orde:Fabales
Familie:Fabaceae
Genus:Senegalia
Spesie:
S. mellifera
Binomiale naam
Senegalia mellifera
(Benth.) Seigler & Ebinger, (2010)
Verspreiding
Sinonieme
  • Acacia mellifera (Vahl) Bosc
  • Inga mellifera (Vahl) Willd.
  • Mimosa mellifera Vahl

Die boom se FSA-nommer is 176.[2]

Verspreidingwysig

Die Swarthaak kom in die droë gebiede van Afrika en die Arabiese Skiereiland voor.[1]

Eienskappewysig

Die Swarthaak kan as 'n meerstammige bos van tot sewe meter hoog met 'n min of meer tregtervormige kroon groei, of as 'n boom met 'n enkele stam wat tot nege meter hoog kan word. Dit kan 'n ondeurdringbare bos vorm. In sommige dele van Afrika word dit as 'n indringer beskou omdat dit landbougrond kan binnedring en oor groot gebiede kan versprei.

Gebruikewysig

Bloeiwyses

In Afrika word die boom vir omheining, veevoer en die bou van hutte gebruik. Dit blomme is 'n bron van nektar vir heuning-produserende bye. Die hout is ook gesog vir brandstof en die maak van houtskool.[3]

Dieregebruikewysig

Die boom is 'n belangrike voedselbron vir beeste en wilde diere, veral in die droë gebiede van Afrika. Die blare en jong takke is besonder voedsaam en bevat 'n hoë persentasie proteïene. Die blomme word dikwels deur koedoes gevreet. Diere soos olifante, swartrenosters, kameelperde en elande vreet graag die blare.

Subspesieswysig

  • Senegalia mellifera subsp. detinens (Burch.) Kyal. & Boatwr.
  • Senegalia mellifera subsp. mellifera

Sien ookwysig

Verwysingswysig

Bronnewysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media