Swartsee

(Aangestuur vanaf Swart See)
Swartsee

Nasa-Satellietbeeld van die Swartsee

Kaart van die Swartsee
Koördinate:44°N 35°O / 44°N 35°O / 44; 35Koördinate: 44°N 35°O / 44°N 35°O / 44; 35
Ligging:Bulgarye, Georgië, Oekraïne, Roemenië, Rusland, Turkye
Soort:See van die Atlantiese Oseaan
Oppervlakte:436 402 km² (168 500 myl²)
Gemiddelde diepte:1 253 m (4 111 vt)
Maksimum diepte:2 212 m (7 257 vt)
Volume:547 000 km³ (131 200 myl³)
Lengte:1 175 km (730 myl)
Invloei:Dnister, Dnjepr, Donau, Kızılırmak
Uitvloei:Bosporus
Eiland/e:10+
Nedersettings:Batoemi, Boergas, Constanța, Jalta, Odessa, Sewastopol, Soechoemi, Sotsji, Trabzon, Warna

Die Swartsee of Swart See (Abchasies: Амшын Еиқәа Amshyn Eikʷa, Bulgaars: Черно море Cherno more [ˈtʃɛrno moˈrɛ], Georgies: შავი ზღვა Shavi zghva, Roemeens: Marea Neagră [ˈmare̯a ˈne̯aɡrə], Russies: Чёрное мо́рe Chornoye morye [ˈtɕɵrnəjə ˈmorʲɪ], Turks: Karadeniz [kaˈɾadeniz], Oekraïns: Чорне море Chorne more [ˈtʃɔrnɛ ˈmɔrɛ]) is ’n binnesee wat omring word deur Europa, Anatolië en die Kaukasus. Dit word met die Atlantiese Oseaan verbind deur die Middellandse en die Egeïese See en verskeie seestrate: Die Bosporus-seestraat verbind dit met die See van Marmara, en dié word deur die Dardanelle-seestraat verbind met die Egeïese See, wat deel is van die Middellandse See. Dié watermassas is die skeiding tussen Oos-Europa en Wes-Asië. Die Swartsee is ook aan die See van Azof verbind deur die Kertsj-seestraat.[1]

Ligging van die Swartsee
Die Swaelnes op die rotse van die Swartsee op die Krimskiereiland in Oekraïne
Die Swartsee in Batoemi, Adzjarië, Georgië

Groottewysig

Die Swartsee het ’n oppervlakte van 436 402 km²,[2] ’n maksimum diepte van 2 212 m[3] en ’n volume van 547 000 km³.[4]

Die naamwysig

Die Swartsee is een van vier seë wat in Afrikaans en ander tale ná kleure genoem is – die ander is die Geel-, Rooi- en Witsee. Die rede vir die "kleurterm" as naam kan ’n antieke toewysing van kleure aan die windrigtings wees: swart het noord aangedui, rooi suid en geel oos.

’n Ander verduideliking is die kleur van die Swartsee se diep water. Dit is verder noord en minder sout as die Middellandse See en daarom is die konsentrasie van alge veel hoër, en dit veroorsaak die donker kleur. Sigbaarheid in die Swartsee is gemiddeld 5 meter in vergelyking met 35 meter in die Middellandse See.

Stede en dorpe langs die kuswysig

NedersettingHuidige landOorspronklike landBesonderhede
AlbenaBulgarye
BatoemiGeorgië
BoergasBulgarye
ConstanțaRoemenië
JaltaRuslandOekraïneOp die Krim
KertsjRuslandOekraïneOp die Krim
NoworossiiskRusland
OdessaOekraïne
SamsunTurkye
SewastopolRuslandOekraïneOp die Krim
SoechoemiAbchasiëGeorgië
SotsjiRusland
SozopolBulgarye
TrabzonTurkye
WarnaBulgarye
ZonguldakTurkye

Verwysingswysig

  1. "Black Sea" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020. Besoek op 11 Augustus 2017.
  2. (en) "Black Sea Geography". Universiteit van Delaware. 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2007. Besoek op 2 Desember 2006.
  3. (en) "Europa – Gateway of the European Union Website". Environment and Enlargement – The Black Sea: Facts and Figures. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 November 2008. Besoek op 5 April 2010.
  4. "Unexpected changes in the oxic/anoxic interface in the Black Sea". Nature Publishing Group (in Engels). 30 Maart 1989. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2017. Besoek op 2 Februarie 2006.

Eksterne skakelswysig

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media