Swakopmund

Swakopmund is 'n dorp in Namibië met 'n oppervlak van 112,9 vierkante kilometer en 'n geskatte bevolking van 44 725 (2011), wat in 1892 as die hoofhawe van die destydse Duitse kolonie Suidwes-Afrika gestig is. Dit is aan die mond van die Swakoprivier aan die Atlantiese Oseaan geleë, sowat 40 km noord van Walvisbaai (voorheen 'n Suid-Afrikaanse enklawe) en 378 km wes van die hoofstad, Windhoek.

Swakopmund
Stadsprofiel van Swakopmund
Stadsprofiel van Swakopmund
Vlag van Swakopmund
Vlag
Ligging van Swakopmund in Erongo
Ligging van Swakopmund in Erongo
Ligging van Swakopmund in Erongo
Land Namibië
Streek Erongo
MunisipaliteitStad van Swakopmund Munisipaliteit
Regering
 - BurgemeesterP.N.D. Nashilundo
Oppervlakte
 - Totaal112,9 km² (43,6 myl²)
Bevolking (2011)
 - Totaal44 725
 - Digtheid200/km² (518/myl²)
TydsoneSuid-Afrikaanse Standaardtyd (UTG+2)
Areakode(s)+264 (0)64
Webwerf: http://www.swkmun.com.na/
'n Lugfoto van Swakopmund

Swakopmund staan bekend as een van die besbewaarde voorbeelde van Duitse art déco-argitektuur ter wêreld. Die dorp is ook al die "Durban van Suidwes" genoem, omdat dit reeds sedert die Duitse koloniale tydperk Namibië (vroeër Suidwes-Afrika) se gewildste vakansieoord aan die kus is. Dit val sedert die onafhanklikheidswording van die land in die administratiewe distrik Erongo.

Geskiedeniswysig

Swakopmund in 1905
Swakopmundvuurtoring
Hohenzollernhaus in Swakopmund

Swakopmund het uit 'n Duitse militêre pos ontstaan, wat in 1892 of 1893 hier gestig is as hawe, omdat die Duitsers hulle eie hawe wou hê naas die Brits-beheerde Walvisbaai. In 1909 het dit dorpstatus verkry.

Die water is ysig, maar die strande is ruim. Daar is goeie geleenthede vir branderplankry en hengel. Die naam is afgelei van die Nama-woord tsoa ("agterent") en xoub ("uitwerpsel"), wat verwys na die modder en opdrifsels langs die rivier in vloedtye.

In die eerste jare ná die onafhanklikwording van Namibië in 1990, het Swakopmund se raad die oorspronklike Duitse en Afrikaanse straatname verander om meesal Swapo-politici te vereer.

Die geskatte bevolking in 2006 was 26 746, van wie 'n beduidende persentasie Duitssprekend is. Só oorwegend was die Duitse invloed hier, dat die gemeente van die NG Kerk eers in 1957 gestig is. Weens die aangename klimaat het die Afrikaanse bevolking mettertyd dié van baie "meer Afrikaanse" nedersettings soos Keetmanshoop, Gobabis en Mariental verbygesteek. Die gemeente Hentiesbaai is in 1995 afgestig van Swakopmund, wat sedertdien weer aangegroei het tot meer belydende lidmate as voor afstigting.

Ekonomiewysig

Die ekonomie van Swakopmund word nog steeds deur die plaaslike Duitse gemeenskap oorheers. Toerisme en handel is die belangrikste bedrywe. Swakopmund lok nie net baie Europese toeriste nie, maar is ook 'n gewilde vakansieoord vir Namibiese toeriste. Dit het ook 'n gewilde woonplek vir afgetredenes uit Namibië en Suid-Afrika geword. 'n Grootskaalse bouprojek, die Waterfront, sal met sy nuwe strandgeriewe en 'n gholfbaan die aantreklikheid van Swakopmund as 'n toeristebestemming verder verhoog.

Een van die bekendste ondernemings op die dorp is die Hansa-brouery van Namibia Breweries Ltd.

Besienswaardighedewysig

Swakopmund se pier.
Sendingkerk van die Rynse Sendinggenootskap (Swakopmund, 1938)

Van die besienswaardighede dagteken uit die Duitse koloniale tydperk, soos die Lutherse kerk, vuurtoring en doeanegebou, asook die imposante stasiegebou wat in die jare 90 van die vorige eeu as deel van die kasino-ontwikkeling opgeknap is.

Sien ookwysig

Bronnelyswysig

  • Raper, P.E., Dictionary of South African Place Names, Lowry Publishers, Johannesburg, 1987.
  • Mayhew, Vic, Illustrated Guide to Southern Africa, Reader's Digest, Kaapstad, 1980
  • World Gazetteer
  • Swakopmund

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media