Suvarnabhumi Internasionale Lughawe

Suvarnabhumi Internasionale Lughawe (Thai: ท่าอากาศยาน สุวรรณภูมิ; RTGS: Suwannaphum; uit Sanskrit, सुवर्णभूमि, "Golden Land"), (IATA-kode: BKK, ICAO: VTBS), ook bekend as die "Nuwe Bangkok Internasionale Lughawe", is een van twee internasionale lughawens wat Bangkok, Thailand bedien. Die ander een is Don Mueang Internasionale Lughawe.[2][3]

Suvarnabhumi Lughawe
ท่าอากาศยานสุวรรณภูมิ
IATA: BKKICAO: VTBS
Opsomming
Tipe lughaweOpenbaar
OperateurAirports of Thailand
BedienBangkok
Ligging999 moo 1 Tambon Racha Thewa, Amphoe Bang Phli, Samut Prakan, Thailand
Spil virAsia Atlantic Airlines
Bangkok Airways
Business Air
Jet Asia Airways
Orient Thai Airlines
Thai Airways International
Thai Smile
Fokuspunt virCathay Pacific
China Airlines
Emirates Airline
Hoogte bo seevlak5 vt / 1.67 m
WebtuisteSuvarnabhumiAirport.com
Aanloopbane
RigtingLengteOppervlak
mvt
01R/19L4 00013 123Teer
01L/19R3 70012 139Teer
Statistieke (2019)
Internasionale passasiers 53 458 385
Binnelandse passasiers 11 966 179
Totale passasiers 65 424 564
Lugbewegings 380 052
Vrag (ton) 1 324 272
Bron: Airports of Thailand[1]

Die lughawe het die lughawekode BKK by Don Mueang geërf na die ouer lughawe die hantering van internasionale vlugte gestaak het. 'n Moderne snelweg No.7 verbind die lughawe, Bangkok, en die swaarnywerhede op die Ooskus van Thailand, waar die meeste vervaardiging vir uitvoer plaasvind.

Openingwysig

Suvarnabhumi is op 15 September 2006 amptelik geopen vir beperkte binnelandse dienste; en vir die meerderheid plaaslike en alle internasionale kommersiële vlugte op 28 September 2006.[4]

Die lughawe is tans die belangrikste sentrum vir Thai Airways International, Bangkok Airways en Orient Thai Airlines. Dit dien ook as plaaslike poort en aansluitingspunt vir verskeie buitelandse rederye.

Liggingwysig

Die lughawe is geleë in Racha Thewa in Bang Phli, Samut Prakan, sowat 25 kilometer (16 myl) oos van die middestad van Bangkok. Die naam Suvarnabhumi is deur Koning Bhumibol Adulyadej gekies en verwys na die hipotetiese goue koninkryk wat iewers in Suidoos-Asië geleë sou wees.

Die gebou is ontwerp deur Helmut Jahn van Murphy/Jahn Argitekte. Dit is hoofsaaklik gebou deur ITO JV. Die lughawe het die wêreld se hoogste vrystaande beheertoring (132 meter of 434 voet), en is die wêreld se vierde grootste enkelgeboulughawe (563 000 vierkante meter of 6 060 000 vierkante voet).

Suvarnabhumi is die sestiende besigste lughawe in die wêreld, die sesde besigste lughawe in Asië, en die besigste in die land, toe 53 miljoen passasiers in 2012 hanteer is.[1] Dit is ook 'n groot lugvragsentrum, met 'n totaal van 96 rederye bedrywig.

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 "2011 Statistics". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 November 2011. Besoek op 5 Desember 2014.
  2. "Don Mueang to be city budget air hub". Bankgok Post. Besoek op 2 Julie 2013.
  3. "AirAsia to shift to Don Mueang". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2013. Besoek op 2 Julie 2013.
  4. "Bangkok's new airport opens to first commercial flights", USA Today, 15 September 2006.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media