Sutherland Shire

Die Sutherland Shire is 'n plaaslike owerheidsgebied in Suidelike streek van Sydney, Australië. Geografies is dit die gebied ten suide van Botanybaai en die Georges-rivier. Die administratiewe setel van plaaslike regering is in die woonbuurt Sutherland geleë, met die raadskantore in Etonstraat. Daar word dikwels eenvoudig na die gebied as "The Shire" verwys.

Sutherland Shire
Owerheidsgebied
Sutherland Shire is in Nieu-Suid-Wallis
Sutherland Shire
Sutherland Shire
Ligging van Sutherland Shire in Nieu-Suid-Wallis
Koördinate: 34°02′S 151°03′O / 34.033°S 151.050°O / -34.033; 151.050Koördinate: 34°02′S 151°03′O / 34.033°S 151.050°O / -34.033; 151.050
LandVlag van Australië Australië
Deelstaat Nieu-Suid-Wallis
StadSydney
Regering
 • BurgemeesterCarmelo Pesce (Liberaal)
Oppervlak
 • Totaal335 km2 (129,3 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal210 863
 • Digtheid629,4/km2 (1 630/vk. myl)
TydsoneUTC+10:00 (AEST)
Webwerfsutherlandshire.nsw.gov.au

Oorsigwysig

Ligging van Sutherland Shire in Sydney

Sutherland Shire is hoofsaaklik 'n woongebied maar daar is ook beduidende nywerheids-, sake- en landelike gebiede. Die hoof sakegebiede is in die woonbuurte van Sutherland, Miranda, Cronulla, Caringbah, Menai en Engadine geleë.

Sutherland Shire sluit ook die dorp Kurnell in wat naby aan die punt is waar James Cook die eerste keer aan land gegaan het, Sydney se olieraffinadery en die Towra Point Natuurreservaat, 'n vleiland van wêreldwye belang. Sutherland Shire is ook die plek waar Australië se enigste kernfasiliteit te Lucas Heights geleë is. Die reaktor wek nie elektrisiteit op nie en word hoofsaaklik gebruik vir die vervaardiging van radiofarmaseutika vir navorsing- en bestralingsdoeleindes.

Daar is drie nasionale parke wat gedeeltelik in Sutherland Shire val naamlik: Botany Bay National Park, Heathcote National Park en die Royal National Park. Die geïsoleerde woonbuurte rondom die baai Bundeena en Maianbar is aan die noordelike deel van die Royal Nasionale Park geleë en Port Hacking geleë. Hulle is slegs toeganklik vanaf die park of vanaf 'n veerboot vanaf Cronulla.

Geskiedeniswysig

Inboorling geskiedeniswysig

Die oorspronklike inwoners van die Sutherland gebied het bestaan uit sekere stamme van die Tharawal groep. Argeologiese ondersoeke in Sutherland Shire het bewyse opgelewer van Inboorling nedersettings wat terugdateer na minstens 8 500 jaar gelede. Die oorspronklike kuslyn rondom Sydney het ongeveer 20 km teruggetrek en daar word vermoed dat die oorspoelde kusvlakte verdere bewyse kan hê van nedersettings wat veel ouer is.

Binne die Royal Nasionale Park het ondersoeke bewyse van honderde rotsskuilings van inboorlinge opgelewer. In ander dele (veral in Holsworthy en Darkes Forest) is daar duisende plekke waar nedersettings was. Hierdie gebiede is nie baie beïnvloed deur Europese nedersetting nie en verdere argeologiese ondersoeke mag moontlik duidelikheid lewer oor die lewenswyse van inboorlinge in die Sutherland/Liverpool gebiede.

Europese nedersettingwysig

Die Kaptein Cook Gedenknaald by Kurnell

Die Europese ontdekking van wat nou Sutherland is, is deur James Cook gedoen, wat Botanybaai op 29 April 1770 ingevaar het. Cook en sy geselskap het die gebied rondom die Kurnell-skiereiland verken en die baai op 6 Mei verlaat. Tydens hulle kort verblyf het 'n Skotse seevaarder genaamd Forbes Sutherland aan tuberkulose omgekom. Cook het die noordwestelike punt van die skiereiland Point Sutherland gedoop ter ere van hom.

Die Britse regering het 'n behoefte gehad om gevangenes heen te stuur nadat hulle hul Amerikaanse kolonies verloor het na die Amerikaanse Rewolusie. Botany Baai is gekies as die nuwe strafkolonie en die Eerste Vloot onder bevel van Goewerneur Arthur Phillip het by Kurnell vasgemeer op 18 Januarie 1788. Nadat Phillip 'n geselskap uitgestuur het om die grond voor te berei vir die nedersetting het hy gou besef dat die gebied nie geskik was nie. Daar was nie voldoende skuiling vir die skepe nie en die water- en grondgehalte was baie swak. Op 24 Januarie is twee Franse skepe langs die kus opgemerk wat Phillip aangespoor het om die Engelse Vlag naby Sutherland Point te hys. Goewerneur Phillip het verder noord geseil om Port Jackson te gaan verken en het uiteindelik die nedersetting by Sydney Cove gevestig.

Die eerste grondeienaar in Sutherland Shire was James Birnie. Geen titelaktes is deur die regering toegeken tot en met 1856 nie. Voor hierdie tyd was daar vir alle praktiese doeleindes nog geen nedersettings in die gebied nie. Bymekaarmaak van hout was op daardie tydstip nog die primêre bedryf gewees.

Met die beskikbaarstelling van grond in Sutherland Shire het Thomas Holt ongeveer 12 000 akker (49 km2) se grond aangekoop. Daar het hy verskeie ontwikkelings gedoen, onder andere oesterplase,[1] beesweiding en steenkoolontginning. Holt se belegging was egter hoofsaaklik winsgewend vanweë sy bosbou konsessies. Hy het 'n groot herehuis langs die kus langs Sylvania gebou wat bekend staan as Sutherland House.[2]

Ontwikkeling van vervoerwysig

Die belangrikste vorm van vervoer in die gebied was aanvanklik oor water gewees. Boere se skepe het met die kus langs tot in Botanybaai ingevaar en met die Georges-rivier en die Woronora-rivier na die binneland opgevaar en sodoende kaaigelde en betaling van doeaneregte by Port Jackson vermy. Die eerste openbare pad, die Illawarra-pad na die "Five Islands" (Nou Wollongong genoem) is tussen 1842 en 1845 gebou met behulp van tronkarbeiders. 'n Nuwe suidelike deel van die pad is in 1864 voltooi wat te Engadine by die Illawarra-pad aangesluit het. Die roete van hierdie pad het so te sê saamgeval met wat vandag die Princess Highway heet en is die hoof noord-suid deurgangspad deur Sutherland Shire.

'n Spoorlyn is in 1884 vanaf Hurstville verleng om die Illawarra-distrik verder te ontwikkel. Die spoorlyn het daartoe gelei dat daar eers 'n groot krotbuurt in Como ontstaan het, wat in later jare omskep is in 'n vakansiesentrum. Sutherland-treinstasie is in 1885 geopen en is na John Sutherland vernoem, 'n minister van Openbare Werke wat 'n groot rol gespeel het in die vestiging van die spoorlyn.

Op hierdie tydstip was die grootste deel van Sutherland Shire slegs met waspore verbind. 'n Pad is egter kort daarna geopen om die treinstasie met die strand by Cronulla te verbind. Die pad is opgevolg deur die Sutherland-Cronulla stoomtrêm wat in 1911 geopen is. Die diens het baie bygedra tot die groeiende gewildheid van Cronulla se strande en het ook 'n groot rol gespeel in die ontwikkeling van besighede in Sutherland Shire.

Die toename in motorverkeer het 'n afname in passasiers op die trêms veroorsaak en die diens is gevolglik in 1931 gestaak. Die goederediens is in die daaropvolgende jaar gestaak. Die toenemende verkeer in die noorde het gelei tot die opening van die eerste brug na Sutherland Shire by Tom Ugly's Point in 1929. Die seslaan Captain Cook-brug oor die Georges-rivier wat Rocky Point en Tarren Point met mekaar verbind is in 1965 geopen en die ontoereikende veerbootdienste geheel en al vervang.

Plaaslike regeringwysig

Die gebiede met rivier- en seefronte soos Como, Illawong, Cronulla, Illawarra en Yowiebaai het baie gewilde landelike wegbreekplekke geword. 'n Vorm van vrywillige plaaslike regering is in 1888 probeer, maar wet en orde is steeds deur die hof te Liverpool tot en met 1905 gehandhaaf. In hierdie jaar is wetgewing geproklameer wat bepaal het dat die hele Nieu-Suid Wallis in shires verdeel moes word. Die staatsgoewerneur, Harry Rawson het die naam gekies en die distrik geproklameer as "Sutherland, Nr. 133" op die 6 Maart 1906 en die grense daarvan vasgestel. Op hierdie tydstip was daar slegs sowat 1 600 inwoners in Sutherland.

Met min belastingsinkomste het hierdie raad baie moeite ondervind om nuwe paaie te voorsien. Die bou van die Sutherland-Cronulla trêmspoor het baie bygedra tot die stimulasie van nuwe besigheidsaktiwiteite en meer grond is verkoop. Die bevolking van die Shire het toegeneem tot 2 896 in 1911 toe die trêmspoor geopen is en tot meer as 7 500 teen 1913. Teen 1931 het die bevolking reeds 12 000 oorskry. Eers in die 1950's het die distrik sodanig gegroei dat dit deel van die Sydney woongebiede geword het en was die gebied tot op daardie tydstip nie as deel van Sydney beskou nie.

Saam met die bevolkingsgroei het nywerheids- en sake-ontwikkeling gevolg. Captain Cook Drive is in 1953 gebou om Caringbah met Kurnell te verbind en het saamgeval met die bou van Australion Oil se olieraffinadery te Kurnell in 1956. Die Australiese Atoomenergie Kommissie het sy navorsingskompleks in 1958 te Lucas Heights gebou.

Sylvania Waters was een van die verbeeldingrykste konsepte in terme van woonbuurt ontwikkeling. Hier is 'n reeks indiwidueel ontwerpte gesinshuise rondom 'n reeks mensgemaakte kanale gebou. Die grond in die Menai-distrik ten weste van die Woronora-rivier is in die 1970's vir dorpsontwikkeling oopgestel.[3]

Onluste van 2005wysig

In Desember 2005 het verskeie geweldadige insidente op Sutherland Shire se strande plaasgevind, veral in Cronulla Beach, wat op die spits gedryf is toe 'n blanke Australiese lewensredder deur Libanese jeugdiges aangerand is, met 'n daaropvolgende aanranding van 'n ander blanke Australiër 3 dae later by Cronulla. 'n Anonieme boodskap is toe per SMS uitgestuur wat in plaaslike media ook versprei is dat mense by Cronulla-strand moes bymekaarkom om "wogs en lebs" aan te val. In die daaropvolgende dae het 'n reeks onluste in Cronulla en ander strande plaasgevind. Hoewel die insidente baie nasionale en internasionale mediadekking ontvang het, is slegs geringe skade aan eiendom aangerig en was daar geen noodlottige insidente gewees nie.

Geografiewysig

Port Hacking mondingsmeer

Onder die proklamasie van 1853 was die Woronora-rivier die wesgrens van die distrik. Met die vorming van die Sutherland Shire in 1906 is die wesgrens uitgebrei om meer van die landbougrond in te sluit wat vandag as Menai bekend staan. In 1919 was die Illawong-gebied ook na die Sutherland Shire oorgedra. Sutherland Shire beslaan nou 'n gebied van 370 km² waarvan 173 km² tans nasionale reservate is.

Die noordgrens van Sutherland Shire kan oorgesteek word met vier brûe: drie padbrûe (Alfords Point Brug, Sylvania Waters en Tarren Point) en een spoorbrug (Como). Aan die westekant loop Heathcote-pad uit Sutherland Shire uit en gaan by die Holsworthy militêre reservaat verby. Na die suidekant loop die Princess Highway verby Waterfall na die stad Wollongong. Sutherland Shire word in die ooste begrens deur die Tasmansee.

Aan die ooste van Sutherland Shire wissel die landskap van ruwe kranse en sanderige strande tot moerasagtige kusgebiede tussen sandduine. Aan die westekant bestaan die landskap uit 'n breë plato wat geleidelik styg tot in die suidweste met verskeie diep rivierskeure daarin.[4]

Demografiewysig

Baaiers op Noord Cronulla se strand
Cronulla Beach, een van die vele strande in Sutherland Shire

Die bevolkingsgroei in Sutherland Shire is beperk deur die langsame ontwikkeling van nuwe wooneenhede. Die bevolking het tussen 1996 en 2001 gegroei vanaf 193 000 tot 202 000. Die nuutste groei het hoofsaaklik plaasgevind in die Barden Ridge en Menai gebiede waar nuwe grondgebied vir dorpsontwikkeling vrygestel is, asook rondom die hoof spoorwegstasies. Volgens die Australiese buro van statistieke was die bevolking van die gebied relatief staties. Sowat 38,6% van die inwoners werk in die gebied terwyl 61,4% daarbuite werksaam is, veral in Sydney se sentrale sakekern. Van die werknemers in Sutherland Shire was 74,1% in die gebied woonagtig. Die werkloosheidsyfer in die gebied is in die geheel gesien laer as Sydney.

Sutherland Shire het 'n kleiner aantal inwoners wat uit ander lande afkomstig is en is minder divers relatief tot ander dele van Sydney in terme van sy bevolkingsamestelling. Ongeveer 80% van Sutherland Shire se inwoners is gebore Australiërs, gevolg deur mense wat in die Verenigde Koninkryk, Nieu-Seeland en Suid-Afrika gebore is. Die aantal inwoners met 'n Australiese afkoms is van die hoogste in Sydney.

Meer as 'n driekwart van die bevolking het in 2001 aangedui dat hulle aanhangers is van 'n geloof. Soos vele gebiede in Australië is die vyf grootste gelowe almal vorme van die Christen-geloof, met Katolieke, Anglikane en Uniting Church aanhangers as die talrykste groepe.[5][6]

Openbare Geriewewysig

Onderwyswysig

Daar is bykans 100 skole in die Shire wat die Gymea en Loftus tersiêre kolleges insluit. Hiervan bied meer as twintig voorskoolse-, laer- en hoërskole voorsiening vir kinders met spesiale behoeftes.

Gesondheidsorgwysig

Sutherland Shire maak goeie voorsiening vir gesondheidsorg en geriewe sluit in Sutherland se openbare hospitaal en Kareena se private hospitaal - beide is sentraal in Caringbah geleë naby die meeste algemene praktisyns in die gebied.

Vervoerwysig

Sutherland Shire word bedien met busdienste van Veolia Transport en treine op die Illawarra lyn van City Rail.

Lewensredderklubswysig

Daar is vier lewensredderklubs en een reddingsboot in Cronulla gestasioneer. Die klubs en boot verskaf eerstehulp en lewensredderdienste aan die baie besoekers tot die Shire se strande. Daar is ook vier branderplankklubs.

Ekonomiewysig

Handelwysig

Woonstelle in Miranda

Miranda is die besigheidskern van Sutherland Shire met Kiora Mall, Menai Marketplace en Miranda Fair as die groot winkelsentrums. Westfield Miranda, wat plaaslik as Miranda Fair bekend staan, het verskeie algemene handelaars en vele spesialiswinkels. Dié winkelsentrum is die vierde grootste winkelsentrum in Sydney.[7] Ander kleiner winkelsentrums word in die woonbuurte Engadine, Caringbah en Sylvania aangetref.

Nuwer winkelsentrums is ook onlangs ontwikkel in die woonbuurte Bangor, Illawong en Menai met 'n kleiner sentrum te Alfords Point. Southgate in Sylvania is ook 'n gewilde kompleks. Gymea se winkelsentrum trek ook vele besoekers vanweë sy kunssentrum, die Hazelhurst Regional Gallery and Arts Centre met vele kafees en restourante in die omgewing.

Woonbuurtewysig

  • Alfords Point
  • Audley
  • Bangor
  • Barden Ridge
  • Bonnet Bay
  • Bundeena
  • Burraneer
  • Caringbah
  • Caringbah South
  • Como
  • Cronulla
  • Dolans Bay
  • Engadine
  • Grays Point
  • Gymea
  • Gymea Bay
  • Heathcote
  • Illawong
  • Jannali
  • Kangaroo Point
'n Vredespark in Sutherland

Ander gebiede wat deur Sutherland Shire se streeksregering bestuur word is:

  • Audley
  • Caravan Head
  • Como West
  • Elouera Beach
  • Garie Beach
  • South Cronulla
  • Sylvania Heights
  • Wanda Beach
  • Warumbul

Verwysingswysig

  1. "Towra Point Nature Reserve". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2009. Besoek op 13 Februarie 2009.
  2. The Book of Sydney Suburbs, Saamgestel deur Frances Pollen, Angus & Robertson Publishers, 1990, Gepubliseer in Australië ISBN 0-207-14495-8
  3. http://www.sutherland.nsw.gov.au/ Die Sutherland Shire stadsraad se webwerf
  4. http://www.ssrguides.org/about.php?sub=map Geargiveer 22 Augustus 2004 op Wayback Machine Gids met inligting oor die ligging van die Sutherland Shire
  5. http://www.abs.gov.au/ausstats/[email protected]/Lookup2001Census/4CB7FA046F0D7F75CA256BBE00838705 Geargiveer 1 Oktober 2007 op Wayback Machine 2001 Census Information - Sutherland Shire West
  6. http://www.abs.gov.au/ausstats/[email protected]/Lookup2001Census/A50F7EFEF7328194CA256BBE008384B8 Geargiveer 1 Oktober 2007 op Wayback Machine 2001 Census Information - Sutherland Shire East
  7. "argiefkopie" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 10 April 2006. Besoek op 14 Maart 2009.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media