Suring

'n Suring (Oxalis pes-caprae) is 'n plant wat aan die familie klawersurings (Oxalidaceae) behoort. Dit is meerjarig en word 5-15 cm hoog. Die plant bloei jaarliks van Desember tot Mei. Dit is inheems aan Suid-Afrika en Namibië.

Suring
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Oxalidales
Familie:
Genus:
Spesie:
O. pes-caprae
Binomiale naam
Oxalis pes-caprae
L., (1753)

Hulle het ’n wêreldwye verspreiding en die bekendste lede van die familie is die surings ( genus Rumex). Baie suringagtiges is onkruide. Die suringorde (orde Polygonales) bestaan uit slegs een familie, die suring- of bokwietfamilie (familie Polygonaceae).

Hoewel die suringagtiges tweesaadlobbige plante is, is hulle duidelik in 'n groot aantal litte en knope verdeel. Die blare is afwisselend gerangskik en aan die basis van elke blaar is daar 'n kokervormige steunblaartjie, bekend as die ochrea, wat die stingel om ring. Nog 'n kenmerk van eensaadlobbiges wat by die suringagtiges aangetref word, is dat die blomme drietallig is, met ander woorde die kelk en die kroon bestaan elk uit 3 dele.

Die kelk- en kroonblare lyk ongeveer dieselfde en vorm saam 'n blomdek of periant. Die blomme is meestal baie klein en onopvallend en is normaalweg in pluime of are gerangskik. Die meeste lede van die familie word in die gematigde dele van die Noordelike Halfrond aangetref, maar die familie as geheel het ’n wêreldwye verspreiding. Ongeveer 30 genera met altesaam ongeveer 800 spesies word aangetref.

Die bekendste lede van die familie is waarskynlik die surings (genus Rumex), wat algemeen as onkruide aangetref word. Ook spesies van die genus Polygonum word dikwels as onkruide beskou. Die spesies van altwee bogenoemde genera word dikwels naby water aangetref.

Kommersieel belangrike plante wat tot hierdie familie behoort, is die bokwiet (Fagopyrum esculentum), wat veral vroeër vir sy saad gekweek is en rabarber (Rheum rhaponticum X Rheum rhabarbarum) ’n groentesoort. Lede van die familie Oxalidaceae staan ook algemeen as surings bekend, maar behoort tot 'n ander, nie-verwante orde.

Galerywysig

Bronnelyswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media