Suriname

Suriname, amptelik die Republiek van Suriname (Nederlands: Republiek Suriname [ˌreːpyˈblik ˌsyːriˈnaːmə]), is 'n Suid-Amerikaanse republiek, geleë aan die noordooskus van die vasteland en grens in die ooste aan Frans-Guyana, in die weste aan (voormalige Britse) Guyana, in die suide aan Brasilië en in die noorde aan die Atlantiese Oseaan. Suriname is die kleinste onafhanklike staat in Suid-Amerika. Die land het, net soos Suid-Afrika, bande met Nederland wat van die koloniale geskiedenis dateer, hoewel Suriname tot 1954 'n Nederlandse kolonie gebly het. Die land het beduidende bevolkingsgroepe van Indiese en Maleise (Javaanse) afkoms.

Republiek Suriname
Republiek Suriname (Nederlands)
Vlag van SurinameWapen van Suriname
VlagWapen
Nasionale leuse:
Justitia – Pietas – Fides
(Latyns vir: "Geregtigheid – Vrede – Trou")
Volkslied:
God zij met ons Suriname
(Nederlands vir: "God sy met ons Suriname")
Ligging van Suriname
HoofstadParamaribo

5°50′N 55°10′W / 5.833°N 55.167°W / 5.833; -55.167

Grootste stadParamaribo
Amptelike taleNederlands
Regering

President
• Adjunkpresident
Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Chan Santokhi
Ronnie Brunswijk
Onafhanklikheid
• Konstituerende land
• van Nederland
• Huidige grondwet

15 Desember 1954
25 November 1975
30 September 1987
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
163 821 km2  (90ste)
63 252 myl2
1,1
Bevolking
 - 2022-skatting
 - 2004-sensus
 - Digtheid
 
632 638[1] (170ste)
541 638
3,9 / km2 (231ste)
10,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$11,508 miljard[2]
$18 427[2]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$3,470 miljard[2]
$5 557[2]

MOI (2021) 0,730[3] (99ste)  –  hoog
Gini (1999)57,6[4] –  hoog
GeldeenheidDollar (SRD)
Tydsone
 - Somertyd
SRT (UTC-3)
nie toegepas nie (UTC-3)
Internet-TLD.sr
Skakelkode+597

Suriname het grensgeskille met Guyana sowel as met Frans-Guyana. Die land beslaan 'n oppervlakte van 163 821 km² groot en het 'n kuslyn van 386 km.

Geskiedeniswysig

Immigrante uit Indië

Aan die einde van die Tweede Engelse Oorlog in 1667 is daar, in die Verdrag van Breda, vasgelê dat die Nederlandse kolonie Nieu-Nederland (die huidige New York) geruil sou word met die destydse Brits-Guyana, 'n gebied wat ooreenstem met die huidige Suriname en Guyana. Die gebied het toe die sogenaamde Nederlands-Guyana geword. Nederlands-Guyana is in 1815 nog eens verdeeld in Suriname, wat in Nederlandse besit gebly het, en die huidige Guyana, wat 'n Britse kolonie geword het. In 1954 het Suriname semi-outonome status binne Koninkryksverband gekry. Op 25 November 1975 het Suriname onafhanklikheid verkry. Goewerneur Ferrier, premier Den Uyl en Koningin Juliana het die verdrag onderteken. Sedertdien is die amptelike benaming Republiek Suriname. 'n Militêre diktatuur, onder leiding van Dési Bouterse, het die land in die 1980's regeer, totdat demokrasie in 1988 hervestig is.

Topografie en geologiewysig

Kaart van Suriname (CIA). (Weergawe sonder die betwiste gebiede.)

Die hoofstad van Suriname is Paramaribo. Nickerie, ten weste van Paramaribo, en Albina, wat aan die oostelike grensrivier (die Marowijne) geleë is, is aantreklike dorpe, hoewel Albina tydens die binnelandse oorlog so te sê geheel en al verwoes is en die opbou baie moeisaam verloop. Belangrike riviere is die Surinamerivier, die Coppename, die Tapanahoni, die Sipaliwini en die Corantyn, wat die grens met Guyana vorm. Alle riviere loop van die suid na noord. In die suidelike helfte van die land lê twee omvangryke bergreekse, die Oranjegebergte (Wilhelminagebergte) en die Eilerts de Haan-gebergte (vernoem na 'n Nederlandse ontdekkingsreisiger uit die 19de eeu). Die hoogste piek is die Julianatop (1230 meter). Die middelste gedeelte van Suriname bestaan uit 'n laag, glooiend bosland, wat deur houtkap hier en daar dreig om in savanne te verander. Die noordelike strook van 26 tot 100 km breed is moerasgebied.

Bevolkingwysig

Oorsigwysig

Suriname is verdeel in 10 distrikte: Paramaribo, Nickerie, Coronie, Saramacca, Wanica, Commewijne, Marowijne, Brokopondo, Para en Sipaliwini. Die dunsbevolkte gebied is Coronie. In die eweneens dun-bevolkte gebied Para woon veral Javane en Kreole. Die meeste van die c. 434 000 (Julie 2001) inwoners woon in die noorde van die land, in die distrikte Paramaribo, Suriname (a) en Nickerie. Die Nederlandse sokkerster Ruud Gullit is van Surinaamse afkoms.

Surinamers in Nederlandwysig

Ongeveer 350 000 Surinamers woon in Nederland, waarvan die meeste na die onafhanklikheid van Suriname, na die militêre staatsgreep van 1980, of na die Desember-moorde van 1982 uit Suriname gevlug het. Die meeste van hulle is met redelike sukses in die Nederlandse samelewing geïntegreer. Vir die Republiek van Suriname het hierdie uittog ewenwel 'n gevoelige nagevolg: onder die emigrante was baie geskoolde kaders en slegs 'n handjievol van hulle sou later terugkeer. Dit het 'n enorme remmende uitwerking op velerlei gebiede asook die algemene samelewing in Suriname gehad ('n sg. "brain drain").

Samestelling van die bevolkingwysig

Suriname se bevolkingsgroei
Katedraal van Sint Peter en Paulus in Paramaribo
Arya Dewaker Hindoe-tempel in Paramaribo
Keizerstraat-moskee in Paramaribo

Die Surinaamse bevolking bestaan uit 'n verskeidenheid etniese groepe:

Tipering: oorwegend werksaam in administratiewe bane en in die mynbou. Hulle gesinstruktuur vertoon sterk matriargale trekke. Godsdiens: oorwegend christendom. Woongebiede: vernaamlik die distrikte Paramaribo en Wanica.
  • Boslandkreole of Marrons, nakomelinge van ontsnapte slawe van Afrika. Aukaners (Djoeka) en Saramaccaners bewoon aanvanklik afgeleë bosgebiede (Brokopondo, Marowijne, Saramacca), maar trek later as gevolg van die oplegging van die binneland ook na Paramaribo en ander plekke.
Tipering: landbouers (kostgrondje), handelaars. Godsdiens: meestal beoefenaars van die winti; geeste- en voorouerverering. Ook 'wisi' (heksery) behoort tot die kulturele erfgoed.
  • Hindoestane, nakomelinge van Asiatiese 'kontrakarbeiders' uit die toenmalige Brits-Indië. Hulle bewoon vernaamlik die distrikte Wanica, Paramaribo en Nickerie.
Tipering: oorwegend werksaam in administrasie en handel, kleinboere. Godsdiens: oorwegend aanhangers van Hindoeïsme.
  • Javane, nakomelinge van die kontrakarbeiders uit die toenmalige Nederlands-Indië. Die distrik Commewijne word van oudsher oorwegend bevolk deur Javane. 'n Aantal plekke binne die distrik het selfs Javaanse name. Daarnaas woon baie van hulle in Lelydorp en in die distrikte Paramaribo en Wanica.
Tipering: Oorwegend kleinboere en handelaars. Sterk onderlinge harmonie, roekoen genoemd. Godsdiens: oorwegend Moslem, daarnaas beoefenaars van geeste- en voorouerverering.
  • Han-Chinese, nakomelinge van kontrakarbeiders uit Hongkong of Nederlands-Indië. Chinese woon vernaamlik in die distrikte Paramaribo en Wanica. Heelparty is handelaars.
  • Indiane, die oorspronklike bewoners van Suriname. Hulle woon veral in die distrikte Paramaribo, Wanica en Marowijne. Te onderskei in
    • Bolandse indiane: onder andere die Trio en Akurio in die suide, en die Tucajana's (die Tucajana Amazones) in die weste.
    • Benedelandse indiane: Arowakke en Caraïbe.
Tipering: Die indiane lewe van kleinskaalse landbou, vissery en jag en op beskeie vlak van kuns verwante nywerhede. Baie jong indiane trek na Paramaribo. Godsdiens: die Trio is sedert die einde jare '60 van die 20ste eeu oorwegend christen. Ook onder die Akurio en sommige andere stamme vind mens christene. Die res hang tradisionele natuurgodsdienste aan, waarby geeste- en voorouerverering 'n belangrike plek inneem.
  • Blanke (nakomelinge van die Nederlanders en andere Europeërs en, Libanese, Siriërs en Anglo-Amerikaners). Hulle invloed op die samelewing is groter as hulle (kleine) getalle. Hulle woon veral in die distrikte Paramaribo en Wanica. Godsdiens: vernaamlik christen, sommige moslem. Die blankes wat of onlangs in Suriname aangekom het of wat geen gemengde bloed het, staan bekend as bakra's. Die afstammelinge van die blanke koloniste wat in die middel van die 19de eeu uit Groningen en Gelderland kom, staan bekend as boeroe's.
  • Nakomelinge van Portugese Jode. In hulle geskiedenis speel die Jodesavanne 'n groot rol. Godsdiens: Oorwegend aanhangers van die joodse godsdiens (Joodse Sinagoge in Paramaribo).

Die bevolkingsgroepe het op kulturele, politieke en sosiale vlak weinig onderlinge assimilasie ondergaan. Dit is grotendeels 'n gevolg van die koloniale arbeidspolitiek, wat gerig was op die behoud van die plantasiestelsel. Veral die politieke toneel word sedert jaar en dag agter die skerms beheer deur 'n magstryd tussen die grootste bevolkingsgroepe, die Kreole, die Hindoestane en die Javane. Religieuse en etniese skeidslyne loop grootliks parallel.

Ekonomiewysig

Suriname se Ministerie van Finansies

Suriname is baie ryk aan natuurlike hulpbronnne en word op grond daarvan wel as sewentiende land op die lys van rykste lande geplaas. Die natuurlike hulpbronne omvat onder andere hout, bauxiet, goud en porseleinaarde (kaolien). Klein hoeveelhede nikkel, koper, platinum en ystererts word ook aangetref.

Die grootste pilaar van die Surinaamse ekonomie is die myn van bauxiet deur Suralco en BHP Billiton by Moengo, nie ver van Albina af nie. Van die Surinaamse uitvoer kom 70% van bauxiet. Aanverwante industrie: aluinaardefabriek en aluminiumsmeltery (Billiton en Alcoa). Ten suide van Paramaribo het deur die aanleg van 'n stu-dam in die Surinamerivier die Prof. Dr. Ir. W.J. van Blommesteinmeer (tans die Brokopondostumeer) ontstaan; 'n hidroelëktriesekragsentrale gevoed deur die meer, lewer elektrisiteit, onder meer vir die produksie van aluminium. Bouonderneming: Alcoa.
Andere takke van die ekonomie sluit in landbou en vissery, houtontginning (Bruynzeel) en handel.Landbouprodukte: rys, piesangs, palmsaad, kokosneute, grondboontjies, beesvleis, hoenders, bosprodukte, garnale.Uitvoer: onder meer rys, garnale, piesangs, palmolie, suiker.Invoer: Verbruikersgoedere, olieprodukte, voedingsmiddels, katoen, produksiemiddels.

Geldeenheid: die Surinaamse dollar (=100 cent); code: SRD.Op 1 Januarie 2004 is die Surinaamse gulden as munteenheid vervang deur die Surinaamse dollar. Die koers is met 'n faktor duisend verminder. Duisend Surinaamse gulden het dus 1 Surinaamse dollar geword. 'n Eienaardige newe-effek is dat die ou muntgeld, wat deur die devaluasie nie meer gebruik word nie, opeens duisendvoudig in waarde vermeerder het.

Natuur en klimaatwysig

Suriname het 'n tropiese reënwoudklimaat, met 'n groot en klein reëntyd en dit ken 'n groot verskeidenheid van flora en fauna. Die oorgrote deel van Suriname is nog altyd met oerwoud bedek. Dit is daarom 'n gewilde studieoord vir bioloë van oral uit die wêreld. Op die strand by Galibi word besondere seeskilpadbevolkings aangetref.Daar is bedreiginge vir die natuur, met name deur die ontbossing en deur verontreiniging as gevolg van kleinskaalse mynbou (by name goudwinning). Suriname het egter 'n lang geskiedenis van natuurbewaring en ook op die oomblik is daar verskillende organisasies aktief.

Taalwysig

Slagtermark in Paramaribo met tekens in Nederlands
Die tweede vers van die Surinaamse nasionale volkslied, God zij met ons Suriname, in Sranantongo

In Suriname word twintig tale gepraat. Die amptelike taal is Nederlands. Hierdie Wes-Europese taal word deur sowat 60% van die totale bevolking as moedertaal gepraat. Hierdie aantal sal in die toekoms heel moontlik groei omrede Suriname 'n lid is van die Nederlandse Taalunie en Nederlands op skool en in die amptelike omgang gebruik word. Die res van die bevolking praat Nederlands as tweede of derde taal. Die lingua franca, Sranantongo (in die volksmond Sranan), word deesdae as volkstaal deur so te sê elke Surinamer gepraat. Dis 'n Engelsgebaseerde Kreooltaal.

Volgens aantal sprekers is die belangrikste tale in Suriname:[5]

  • Nederlands – 200 000 moedertaalsprekers; 200 000 tweede taalsprekers;
  • Sranantongo – 120 000 moedertaalsprekers; 280 000 tweede taalsprekers;
  • Sarnami Hindoestani – 150 000 moedertaalsprekers, en
  • Javaans – 60 000 moedertaalsprekers.

Ander tale (die aantal vermelde sprekers is 'n rowwe skatting):

  • Kreooltale (24 000 sprekers):
  • Aukaans of Ndjoeka, Paramakkaans, Boni (of Bonni, of Aloekoe), en Kwinti (klein aantal sprekers)
  • Saramaccaans (12 500) en Matawai (2 000)
  • Indiaanse tale, onderverdeel in drie taalfamilies:
    • Karaïbs – Kalina of Karaïbies (2 000), Trio en Wajana (altesaam 600 sprekers)
    • Arowakse tale – Lokono (Arowaks, 1 200)
    • Warause tale – Warau (word vermoedelik nie meer in Suriname gepraat nie)
  • Asiatiese tale: Sarnami (140 000 sprekers in Suriname, Surinaamse variant van Hindi); Javaans (60 000) en Chinees (6 000, waaronder Hakka)
  • Euro-Asiatiese tale: Engels en Libanees (Libanese variant van Arabies) (klein aantal sprekers).

Godsdienswysig

Christendom, 48% (vernaamlik Evangelische Broedergemeente (ook: Moravische Broeders, Hernhutters, Zeister Zendingsgenootschap), Rooms-Katolisisme en verskeie Protestantse kerke en gemeentes); Hindoeïsme, 27,4% (Sanatan Dharm en Arya Samaj); Islam, 19,6% (Soenni en Amadhiya); verskeie gelowe (waaronder Judaïsme), 5%.

Onderwyswysig

Onderwys is gratis en verpligtend vir kinders tussen 6 en 12 jaar. 93% van die totale bevolking kan lees en skryf. Suriname het sedert 1967 'n universiteit, die 'Anton de Kom Universiteit'. 'n Probleem is die kroniese tekort aan onderwys personeel, veral vir skole in die binneland.

Gesondheidsorgwysig

Academisch Ziekenhuis Paramaribo. Probleme in gesondheidsorg is grotendeels te wyte aan 'n gebrek aan owerheidsgeld; aan die emigrasie van dokters en verpleegpersoneel; en aan die gebrekkige vervoerinfrastruktuur.

Owerheid en politiekwysig

Presidensiële paleis in Paramaribo, Suriname
Suriname se Nasionale Vergadering in Paramaribo
Hof van Justisie

Staatsvorm: grondwetlike demokrasie. Die grondwet dateer uit 30 September 1987. Normaalweg word eenkeer elke vyf jaar landelike parlementsverkiesings gehou. Suriname het 'n eenkamerparlement, die Nationale Assemblée. De Nationale Assemblée kies die president. Die ministerskabinet word deur die president saamgestel. In besonder gevalle kom die Volksvergadering byeen; dié bestaan uit 869 lede van alle vlakke van die bevolking. Die volgende verkiesing vind plaas op 25 Mei 2005.

Staatshoof en regeringsleier sedert 2020 is Chan Santokhi. Adjunkpresident is Ronnie Brunswijk.

Politieke partye wat deelneem aan die verkiesings in Mei 2000 en hulle setelaantal in die Nationale Assemblée (51 setels):
NF, Nieuw Front – 33 setels
MC – 10 setels
DNP 2000, Democratisch Nationaal Platform – 3 setels
DA91, Democratisch Alternatief 91 – 2 setels
PVF – 2 setels
PALU – 1 setel

Voormalige premiers en presidente: Jagernath Lachmon, Jopie Pengel, Jules Sedney, Johan Ferrier, Henck Arron, Henk Chin a Sen, Errol Alibux, Wim Udenhout, Radakishun, Shankar, Johan Kraag, Ronald Venetiaan, Jules Wijdenbosch.

Regstelselwysig

Die regstelsel is gebaseer op die Nederlandse juridiese stelsel.

Verdedigingwysig

Suriname beskik oor 'n Nasionale Weermag, wat tewens 'n beskeie vloot en lugmag omvat. Oproepbaar en opgelei: circa 70 000 man. Vir siviele ordehandhawing: die burgerlike polisie.

Mediawysig

Radiostasies: 4 AM-stasies, 13 FM-stasies en 1 kortgolfstasie (sedert 1998).
Televisiestasies: 3, plus 7 herhaalstasies. Verskeie programme van die Nederlandse publieke uitsaaikorporasie word deur 'n Surinaamse sender uitgesaai.
Koerante: De Ware Tijd; Dagblad Suriname; De Nieuwe Krant; De West
Internetlandkode: sr

Vervoerwysig

Die Jules Wijdenbosch-brug in Paramaribo
  • Vervoer per lug:

1 nasionale lugredery, die Surinaamse Luchtvaart Maatschappij (SLM)
1 nasionale lughawe: Johan Adolf Pengel Internasionale Lughawe (Zanderij)
4 vliegvelde met verharde aanloopbane
41 vliegvelde met onverharde aanloopbane

  • Treinvervoer:

Suriname besit die oorblyfsels van die voormalige Lawaspoorweg (enkelvoudige spoor) van Onverwacht na Brownsberg (oorspronklik van Paramaribo na Dam), wat sedert die 1980's nie meer in gebruik is nie, plus die spoorlyn van Apoera na die Bakhuisgebergte (100 kilometer 'van nêrens tot nêrens'), aangelê in 1976. Dit is nooit amptelik in gebruik geneem nie. So te sê al die rollende materiaal het verroes of andersins agteruitgegaan.

  • Padvervoer:

Verharde paaie: 1178 km (1996)
Onverharde paaie: 3352 km (1996)
'n Mens ry aan die linkerkant van die pad, soos in Suid-Afrika, die Verenigde Koninkryk en Japan. Baie motors word uit Japan ingevoer, veral tweedehandse motors. Vragmotors kom dikwels tweedehands uit Nederland en het as gevolg hiervan 'n linkerhandstuur.

Dit is die belangrikste vorm van vervoer in Suriname.
Daar is altesaam 1200 km bevaarbare waterweë
Hawens: Albina, Moengo, Nieuw-Nickerie, Paramaribo, Paranam en Wageningen.

Internasionale konfliktewysig

Politiese kaart van Suriname in 1991 met omstrede gebiede
  • Tussen die riviere die Litani en die Marowijne lê 'n gebied wat deur Suriname en Frankryk betwis word (Frans-Guyana).
  • Tussen die riviere die Boven-Corantijn (deur Guyana New River genoem) en die Kuruni en Sipaliwini lê 'n gebied wat betwis word deur Suriname en Guyana. Die gebied staan in Suriname bekend as die Tigri-gebied, en in Guyana as die New River Triangle. Bowendien beskou Suriname die linkeroewer van die Corantijn as grens, terwyl Guyana die middel van die rivier as grens beskou. 'n Derde grenskonflik betref die seegrens tussen die twee lande voor die monding van die Corantijn. 'n Oplossing vir hiedie geskil het dringend geword as gevolg van olievondse in die seegebied. Die geskil is voorgelê aan die seeregtribunaal (ITLOS) in Hamburg.
  • Onwettige dwelmhandel: Suriname word beskou as deurvoerland van onwettige dwelms vanuit Suid-Amerika na Europa en Brasilië, by name kokaïen uit Kolombië.
  • Onwettige wapenhandel: Suriname word beskou as deurvoerland vir wapens-vir-dwelms transaksies, by name vind transaksies plaas met die Kolombiaanse rebellebeweging FARC.

Bibliografiewysig

  • V.S. Naipaul, The Middle Passage; impressions of five societies: British, French and Dutch, in the West Indies and South America. London: Deutsch, 1962.
  • R.A.J. van Lier, Frontier society: a social analysis of the history of Surinam. Translated [from the Dutch] by M.J.L. van Yperen. The Hague: Martinus Nijhoff, 1971.
  • Henk E. Chin and Hans Buddingh, Suriname: Politics, Economics & Society. London [etc.]: Pinter, 1987.
  • Richard Price and Sally Price; with musical transcriptions by Kenneth M. Bilby, Two Evenings in Saramaka: Afro-American Tale-telling in the Surinam Rain Forest. Chicago, Ill., [etc.] : The University of Chicago Press, 1991.
  • Michel Szulc-Krzyzanowski (photography), Michiel van Kempen (text), Deep rooted words; ten storytellers and writers from Surinam (South America). English translation by Sam Garrett. Amsterdam: Voetnoot, 1992.
  • Mark Plotkin, Tales of a Shaman's Apprentice: an ethnobotanist searches for new medicines in the Amazon rain forest. New York: Viking Penguin, 1993.
  • Edward M. Dew, The trouble in Suriname, 1975–1993. Westport, C.T.: Praeger, 1994.
  • Roy Tjin and Els Schellekens, The Guide to Suriname. Amsterdam: Brasa Publishers, 1999.
  • Rosemarijn Hoefte and Peter Meel (eds.), Twentieth-century Suriname: continuities and discontinuities in a new world society. Kingston: Ian Randle/Leiden: KITLV Press, 2001.
  • Richard Price, First Time: The Historical Vision of an Afro-American People. 2nd. ed. Chicago: University of Chicago Press, 2002.
  • Laura Samsom Rous and Hans Samsom, Tree of forgetfulness / Boom der vergetelheid / L'arbre de l'oubli / A bon fu frigiti. Amsterdam: KIT Publishers, 2003.
  • Michiel van Kempen, Een geschiedenis van de Surinaamse literatuur. Breda: De Geus, 2003, (2 vols.).
  • Oscar van den Boogaard, Les bananes lumineuses, 19 p., Page à Page, 2004, ISBN 2-913607-24-1. (Nouvelle éditée dans le cadre de Lille 2004 Capitale Européenne de la Culture.)

Sien ookwysig

Verwysingswysig

  1. (en) "Suriname". Central Intelligence Agency. Besoek op 30 Augustus 2023.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "Suriname". Internasionale Monetêre Fonds. April 2023. Besoek op 30 Augustus 2023.
  3. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 30 Augustus 2023.
  4. (en) "Gini Index – Suriname". Wêreldbank. Besoek op 30 Augustus 2023.
  5. (nl) Nederlands met een kleurtje Taalschrift, geraadpleeg op 17 Augustus 2019

Bronnelyswysig

Algemeen

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media