Superkontinent

In geologie is 'n superkontinent die versameling van al die Aarde se kontinentblokke of kratons om 'n enkele, groot landmassa te skep.[1][2] In die lang geskiedenis van die plaattektoniek het dit verskeie kere gebeur, en dan het hulle weer opgebreek.

Die superkontinent Pangea.
Hoewel nie 'n superkontinent nie, beslaan Afrika-Eurasië sowat 57% van die aarde se landmassa.

Sommige wetenskaplikes gebruik die definisie "groepering van voorheen verspreide kontinente", wat ruimte laat vir vertolking en makliker is om op Prekambriese tye toe te pas.[3] Minstens sowat 75% van die kontinentale kors moet egter aanmekaar vas wees om dit te onderskei van 'n gewone kontinent.[4]

Superkontinente het al verskeie kere in die geologiese verlede bymekaargekom en verbrokkel (sien tabel). Dit word die Wilsonsiklus genoem. Volgens moderne definisies bestaan geen superkontinent vandag nie;[1] die naaste daaraan is die huidige Afrika-Eurasiese landmassa, wat sowat 57% van die Aarde se oppervlak beslaan. Pangea is die naam van die kontinentale landmassa wat die laaste keer in een groot stuk was. Die posisies van die kontinente is akkuraat vasgestel tot in die vroeë Jura, kort voor die opbreking van Pangea.[5] Die vroeëre Gondwana word nie volgens die eerste definisie as 'n superkontinent beskou nie omdat die landmassas Baltica, Laurentia en Siberië in dié tyd apart daarvan was.[6]

Wiki AfrikaansWiki DeutschWiki English Superkontinente deur die geskiedenis. doi:10.1016/j.earscirev.2011.05.003.
  • Meert, J.G. (2012). "What's in a name? The Columbia (Paleopangaea/Nuna) supercontinent". Gondwana Research. 21 (4): 987–993. Bibcode:2012GondR..21..987M. doi:10.1016/j.gr.2011.12.002.
  • Fluteau, Frédéric. (2003). "Earth dynamics and climate changes". C. R. Geoscience 335 (1): 157–174. doi:10.1016/S1631-0713(03)00004-X
  • 6,0 6,1 Bradley, D. C. (23 Desember 2014). "Mineral evolution and Earth history". American Mineralogist. 100 (1): 4–5. Bibcode:2015AmMin.100....4B. doi:10.2138/am-2015-5101. S2CID 140191182.
  • de Kock, M.O.; Evans, D.A.D.; Beukes, N.J. (2009). "Validating the existence of Vaalbara in the Neoarchean" (PDF). Precambrian Research. 174 (1–2): 145–154. Bibcode:2009PreR..174..145D. doi:10.1016/j.precamres.2009.07.002.
  • Mahapatro, S.N.; Pant, N.C.; Bhowmik, S.K.; Tripathy, A.K.; Nanda, J.K. (2011). "Archaean granulite facies metamorphism at the Singhbhum Craton–Eastern Ghats Mobile Belt interface: implication for the Ur supercontinent assembly" (PDF). Geological Journal. 47 (2–3): 312–333. doi:10.1002/gj.1311.[dooie skakel]
  • 9,0 9,1 9,2 9,3 Nance, R.D.; Murphy, J.B.; Santosh, M. (2014). "The supercontinent cycle: A retrospective essay". Gondwana Research. 25 (1): 4–29. Bibcode:2014GondR..25....4N. doi:10.1016/j.gr.2012.12.026.
  • Evans, D.A.D. (2013). "Reconstructing pre-Pangean supercontinents" (PDF). GSA Bulletin. 125 (11–12): 1736. Bibcode:2013GSAB..125.1735E. doi:10.1130/B30950.1.
  • Donnadieu, Yannick et al. "A 'Snowball Earth' Climate Triggered by Continental Break-Up Through Changes in Runoff." Nature, 428 (2004): 303–306.
  • Piper, J.D.A. "A planetary perspective on Earth evolution: Lid Tectonics before Plate Tectonics." Tectonophysics. 589 (2013): 44–56.
  • Wiki AfrikaansWiki DeutschWiki English Skakels Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Superkontinent.

    🔥 Top keywords:

    Superkontinent

    In geologie is \'n superkontinent die versameling van al die Aarde se kontinentblokke of kratons om \'n enkele, groot landmassa te skep. In die lang geskiedenis van die plaattektoniek het dit verskeie kere gebeur, en dan het hulle weer opgebreek.