Super Audio CD

Die Super Audio CD (SACD) is 'n optiese skyf wat as leesalleen-oudioformaat in 1999 deur Sony en Philips ingevoer is en oorspronklik as opvolger van die Compact Disc (CD) bemark is. Die nuwe formaat is gebaseer op die DVD-ROM, dit word egter – in teenstelling met die DVD-Oudio – nie amptelik deur die DVD-Forum erken nie.

Die amptelike SACD-kenteken

Desondanks is die Super Audio CD baie gewild in musiekkringe, veral onder liefhebbers van klassieke en jazz-musiek. Daarenteen neem die aantal vrystellings van rock- en popalbums sedert 2004 geleidelik af. Net soos sy mededinger, die DVD-Oudio, kon die Super Audio CD slegs 'n klein deel van die CD-markaandeel inpalm. Weens hoë lisensiekoste kon die Blu-ray-oudioformaat, die nuutste ontwikkeling ten opsigte van hoë-resolusieklankformate, ook geen deurbraak in die musiekmark maak nie.[1]

Tegnologiewysig

Die benodigde gevorderde opnametegnologie en lisensiegelde dra by tot die hoë koste wat aan SACD-afmengings verbonde is. Die foto wys 'n bekostigbare tweebaanhoëresolusie-opnemer en CD/DVD/DSD-speler met hardeskyf wat deur TASCAM in 2006 bekend gestel is (DV-RA 1000HD)

Die Super Audio CD maak nie gebruik van die CD en DVD-Oudio se Pulse Code Modulation (PCM)-opnametegnologie nie, maar word met die 1-bit-formaat Direct Stream Digital (DSD) opgeneem. DSD kom sonder die oormonsterneming- en desimasiefilters van die CD klaar. Die analoogsein word 2 822 400 keer per sekonde afgetas (= 2,8224 MHz), en frekwensies van 0 tot by 100 kHz kan gestoor word, terwyl die dinamiek by die weergawe van musiek tot by 120 dB strek. Musiek kan met 'n hoër resolusie weergegee word, waardeur ook die atmosferiese besonderhede van die opname en 'n groter ruimtelikheid bewaar word.

'n Onsigbare watermerk word as kopieerbeskerming gebruik en met behulp van die nuutontwikkelde Pit Signal Processing-tegnologie op elke Super Audio CD aangebring.

Om versoenbaarheid met gewone CD-spelers te verseker, word baie Super Audio CD's as hibriedskyfies vrygestel, wat naas die stereo- en/of meerkanaallaag van die Super Audio CD ook 'n gewone CD-laag vir CD- en DVD-spelers bevat. Om die beter kwaliteit van 'n DSD-opname te kan geniet, word 'n SACD- of gekombineerde CD/SACD-, DVD-Video/SACD- of CD/DVD-Oudio/DVD-Video/SACD-speler benodig.

Vrystellingswysig

In September 2009 was daar sowat 6 000 opnames wêreldwyd beskikbaar. Groot musieketikette soos UMG het die uitreiking van SACD-albums geleidelik gestaak weens die beperkte afsetmark en die hoë koste wat aan DSD-afmengings verbonde is. Ouer SACD-albums, wat tans nie meer in winkels beskikbaar is nie, het sodoende gesogte versamelaarsitems geword. Die formaat word egter steeds gesteun deur kleiner etikette soos Pentatone en Stockfisch Records wat op oudiofiele klassieke, pop- en jazz-musiek fokus.[2][3]

Verwysingswysig

Eksterne skakelswysig

Vakartikels

Webwerwe vir oudiofiele

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media