Suiwer Land-Boeddhisme

Suiwer Land-Boeddhisme, in die Weste ook bekend as Amidisme,[1][2] is ’n groot tak van Mahayana-Boeddhisme en een van die mees algemene tradisies van Boeddhisme in Oos-Asië. Suiwer Land se leringe sentreer om Amitabha Boeddha.

Suiwer Land-Boeddhisme
Amitabha Boeddha en sy begeleidende bodhisattvas Mahasthamaprapta (links) en Avalokitesvara.
Amitabha Boeddha en sy begeleidende bodhisattvas Mahasthamaprapta (links) en Avalokitesvara.
Vertalings
ViëtnameesTịnh Độ Tông
Tradisionele Sjinees净土宗
Vereenvoudigde Sjinees淨土宗
PinyinJìngtǔzōng
Japannees浄土仏教 (Jōdo bukkyō)
Koreaans정토종 (jeongtojong)

Die praktyke en begrippe wat in Suiwer Land voorkom, word aangetref in die basiese Mahayana-kosmologie en is ’n belangrike deel van dié tradisie in China, Japan, Korea, Viëtnam en Tibet. Die term "Suiwer Land-Boeddhisme" kan verwys na die Suiwer Land-tradisie of Suiwer Land-leerstellings van Mahayana, sowel as die aparte Suiwer Land-sekte wat in Japan ontwikkel het. In die Japannese Boeddhisme het Suiwer Land-leringe ontwikkel in ’n onafhanklike institusionele sekte, soos gesien kan word in die Jōdo-shū- en die Jōdo Shinshū-skool.

Die Suiwer Landwysig

Volgens hedendaagse Suiwer Land-tradisies sit Amitabha die dharma uiteen in sy boeddha-veld (Sanskrit: buddhakṣetra), of "suiwer land" (Chinees: jìngtǔ), ’n streek wat verposing bied van karma-oorgang. Amitabha se land van Sukhavati is ’n pragtige land wat alle ander ryke oortref. Daar is baie gode, mense, blomme en vrugte, asook bome wat wense vervul en waar seldsame voëls skuiling soek.[3] Om die Suiwer Land binne te gaan is gelykstaande aan die behaling van verligting. Hierna word die persoon deur Amitabha Boeddha en verskeie bodhisattvas onderrig totdat hy volle en algehele verligting behaal. Hy kan dan kies of hy as ’n bodhisattva na enige van die ses vlakke van die bestaan wil terugkeer om ander mense te help en of hy in die Suiwer Land wil bly en boeddhaskap behaal.

In die Mahayana-tradisie is daar baie boeddhas, en elke boeddha het sy eie suiwer land. Amitabha se land van Sukhavati lê in ’n westelike rigting, terwyl Akshobhya se suiwer land van Abhirati in ’n oostelike rigting lê. Terwyl Japannese Boeddhiste albei erken, is Oostelike Suiwer Land-Boeddhisme minder gewild as die Westelike Suiwer Land-weergawe. Hoewel daar ook ander suiwer lande, is, is Amitabha s’n verreweg die gewildste.

Verwysingswysig

  1. Amidism, Britannica Online Encyclopedia
  2. Amidism The Columbia Encyclopedia
  3. Birmingham Museum of Art (2010). Birmingham Museum of Art: Guide to the Collection. Londen, VK: GILES. pp. 30–31. ISBN 978-1-904832-77-5. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2011. Besoek op 8 Julie 2011.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media