Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1987


Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings

Die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1987 het op 6 Mei 1987 plaasgevind. Dit is gehou gedurende 'n noodtoestand (krygswet) wat in 1985 afgekondig is as gevolg van (grootliks) swart opstand teen die apartheidsbeleid.

In die aanloop tot die verkiesing breek Wynand Malan weg van die regerende Nasionale Party en saam met Denis Worrall, die terugkerende ambassadeur van Suid-Afrika in Londen, vorm hulle die liberale Onafhanklike Party (OP/IP) op 'n platform van dialoog met die opposisie, insluitende die verbande ANC.[1]

Die Konserwatiewe Party, gestig in 1981 toe dit van die Nasionale Party weggeskeur het onder die leierskap van Andries Treurnicht, het goed gevaar, en word die amptelike opposisie te koste van die Progressiewe Federale Party.

Die regerende Nasionale Party (NP) van Staatspresident P.W. Botha het weer 'n oorweldige oorwinning behaal, maar is vir die eerste keer met 'n regse opposisie gekonfronteer. Die vorige amptelike opposisie, die liberale Progressiewe Federale Party van Colin Eglin, het 6 setels verloor.[2] Die OP/IP van Malan het een setel gewen.

Die ultrakonserwatiewe Herstigte Nasionale Party van Jaap Marais het 'n neerlaag verduur met die opkoms van die KP, en het swaar teruggeval vanaf sy posisie in 1981, en kon weer nie 'n setel wen nie. Sy enigste setel, beset deur Louis Stofberg (wat 'n tussentydse verkiesing in 1985 gewen het), is afgestaan.

Staatspresident Botha het die uitslag as 'n legitimering van sy hervormingsbeleid vertolk.

Uitslagwysig

Setels in die Volksraad van Suid-Afrika na die 1987-verkiesing

   Nasionale Party: 133 setels

   Konserwatiewe Party: 23 setels

   Progressiewe Federale Party: 20 setels

   Nuwe Republiekparty: 1 setel

   Onafhanklikes: 1 setel

PartyLeier%SetelsVerskil
Nasionale PartyP.W. Botha52,29%133 (123)+2
Konserwatiewe PartyAndries Treurnicht26,62%23 (22)+23
Progressiewe Federale PartyColin Eglin14,02%20 (19)-6
Herstigte Nasionale PartyJaap Marais3,06%0 (0)-
Nuwe RepubliekpartyVause Raw1,97%1 (1)-7
Ander, insl. die
Onafhanklike Party
Wynand Malan1,32%1 (1)+1
Totaal100%178 (166)-
  • Tussen hakies by "Setels" die regstreeks-verowerde setels. By "Verandering" die absolute verandering vanaf die 1981-verkiesing.

Nasleepwysig

In Oktober 1987 breek Wynand Malan en Denys Worrall weg en vorm die "Nasionale Demokratiese Beweging" saam met drie wegbrekende parlementariërs van die PFP.[2] In 1989 smelt die PFP, die NDB en die Onafhanklike Party (OP/IP) saam, en vorm die Demokratiese Party, wat later groot sukses in die metropole sou behaal.

Verwysingswysig

  1. Winkler Prins Ensiklopedie – Jaarboek 1988 red. Winkler Prins, bl. 320
  2. 2,0 2,1 idem
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media