Suid-Afrikaanse Persagentskap

Die Suid-Afrikaanse Persagentskap (bekend onder sy akroniem Sapa) was tot einde Maart 2015 Suid-Afrika se landwye, koöperatiewe nuusversamelings- en verspreidingsorganisasie sonder winsoogmerk wat in die belang van die publiek en sy eie lede opgetree het.

Geskiedeniswysig

Sapa is in 1938 gestig deur die nuusblaaie van Suider-Afrika en het die Reuters Suid-Afrikaanse Persagentskap opgevolg wat sedert sy stigting in 1910 stadium die vernaamste nuusagentskap in die Unie was. Sapa is beplan op ’n breë nasionale grondslag, en alle koerante wat vir lidmaatskap in aanmerking kom, word toegelaat op voorwaardes wat regverdige verteenwoordiging, volle kennis van die organisasie se aktiwiteite en inspraak in sy beleid en bestuur verseker. Die Sapa-nuusdiens uit die buiteland en Suid-Afrika het in die sewentigerjare reeds daagliks meer as 100 000 woorde versend aan amper al die dag- en Sondagblaaie in Suid-Afrika, Suidwes-Afrika en Rhodesië, asook aan die Suid-Afrikaanse en Rhodesiese Uitsaaikorporasie. Spesiale opsommingsdienste is ook aan sekere skeepvaartmaatskappye gestuur vir gebruik deur hul skepe ter see. Op sy beurt is Sapa se binnelandse berigte beskikbaar gestel aan talle buitelandse nuusagenstskappe.

Sapa het slegs berigte in Engels geplaas; selfs tydens die Nasionale Bewind, waar Engels én Afrikaans die amptelike tale was, het hierdie nuusagentskap afgewyk van dié in Switserland, België en Kanada. Hierdie lande se nuusagentskappe is verplig om berigte in elke landstaal te plaas.[1]

In Suid-Afrika word nuus versamel vanaf ledekoerante, takkantore en ’n netwerk medewerkers. Sapa kry sy buitelandse nuus van oorsese nuusagentskappe, soos Reuters, Associated Press, Agence France-Presse (tot 2014) en Deutsche Presse-agentur.

Sluitingwysig

Op 5 Februarie 2015 het Sapa sy lede in kennis gestel van die organisasie se voorneme om sy bedrywighede op 31 Maart 2015 te staak.[2] Die moontlikheid van dié stap is reeds in September 2014 in ’n persverklaring bekendgemaak, hangende verdere ontwikkelings.Sapa het in die brief gesê: "Dis ’n hartseer maar onvermydelike besluit vir die lidkoerantgroepe van die nuusagentskap, wat die feit in die gesig moes staar dat die huidige niewinsgewende sakemodel nie langer volgehou kan word nie."

Volgens dié brief word dit voorkom asof ’n aantal belangstellendes dit oorweeg het om ’n nuwe, ten volle kommersiële nuusagentskap daar te stel wat die leemte sou vervul wat Sapa se sluiting sou laat.

Sapa se ondergang het amptelik begin toe die Times Media Group (TMG), wat die Sowetan, The Times, Business Day, Daily Dispatch, The Herald en Sunday Times besit, in 2013 aan die organisasie onttrek en opgehou het om sy kopie in sy publikasies te gebruik. Die oorblywende, vername aandeelhouers van Sapa was Media24, Caxton en Independent News & Media. Agence France-Presse het sy vennootskap met Sapa in 2014 beëindig. Hierna het Caxton, 'n aandeelhouer, en Independent kennis gegee dat hulle ook van plan was om aan die organisasie te onttrek, wat 'n einde aan Sapa se finansieringsmodel gebring het. Dis in 1938 daargestel om onafhanklike kopie aan sy teenstander, Reuters, te lewer.

Toe die TMG onttrek, het sy besturende direkteur van mediabedrywighede gesê Sapa was te duur en dat hulle ontevrede was met die gehalte van die diens, wat daartoe gelei het dat TMG se publikasies in elk geval minder op die diens staatgemaak het. Die TMG se digitale publikasies het nietemin steeds van Sapa gebruik gemaak.

Die Nasionale Persklub het in reaksie op die voorgenome sluiting gesê dis 'n "harsteer dag" vir die mediabedryf.[3] "Sapa was dekades lank die vertroude vennoot van die perswese wat nuusinhoud geskep en voorsien het asook wenke wat die meeste mediahuise gebruik het. Dis tans onduidelik hoe die sluiting die mediabedryf gaan raak. Ons maan die likwidateurs om sover moontlik om te se sien na die belange van personeellede, van wie baie hoogs ervare joernaliste is."

In Sapa se plek is News24Wire op die been gebring.[4]

Bronnewysig

Verwysingswysig

  1. Kloss, H. 1978. Die Entwicklung neuer Germanischer Kultursprache seit 1800. Düsseldorf: Pädagogischer Verlag Swann. S. 156:
    Hingegen gibt es noch keine Nachrichtenagentur, die der afrikaansen Presse Material in ihrer eigenen Sprache zu leitet. Denn SAPA leitet der afrikaansen Presse nur englische Texte zu, die in den Redaktionen von eigens dafür angestellten Personen übertragen werden. Das steht im Gegensatz zu der Praxis in anderen mehrsprachigen Staaten wie der Schweiz, Belgien und Kanada, wo — in Kanada freilich erst seit 1951 — die Informationen (der ‘output’) in allen Landessprachen ausgegeben werden. Die afrikaanse Presse billigt diese für sie mit (gegenüber der englischen Presse) erheblichen Rabatten verbundenen Regelung vornehmlich aus wirtschaftlichen Gründen.
  2. (af) "Publiek hardste getref deur Sapa-sluiting" Geargiveer 6 Februarie 2015 op Wayback Machine, Netwerk24.com, 6 Februarie 2015.
  3. (af) "Sapa-sluiting 'n hartseer dag vir mediabedryf", Maroela Media, 6 Februarie 2015.
  4. (en) Fin24.com: News24Wire to extend charge model to all users, 01 Februarie 2016.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media