Subspesie

(Aangestuur vanaf Subspesies)

'n Subspesie is in die biologiese sistematiek die taksonomiese rang net onder spesie. In plantkunde word subspesies verder verdeel in variëteite en vorms terwyl dit in dierkunde en bakteriologie die laagste rang is. Dit stel taksonomiese 'n sekondêre kategorie wat slegs gebruik word indien nodig. Dit kan beskou word as die versameling fenotipies van soortgelyke bevolkings van 'n spesie, wat 'n geografiese deelgebied van die verspreidingsgebied van die spesie bewoon, en dit taksonomies van ander bevolkings in die spesie onderskei.[1]

'n Subspesie van 'n dier wat dieselfde naam het as die spesie, word die nominaat of nominaatsubspesie genoem. Die nominaat is herkenbaar aan die herhaling van die spesienaam. So is Coloeus monedula monedula die nominaatsubspesie van die kerkkraai (Coloeus monedula).

Soos alle nie-spesie taksa (genus, filum, ryk ens.) is subspesies nie objektief definieerbaar nie en berus dit op konvensie. Die term verskil fundamenteel van spesie en daar is geen kriterium vir die kategorie subspesie wat nie kunsmatig is nie.

Voorbeeldwysig

1793 skets van 'n kwagga hings in Lodewyk XVI se menagerie by Versailles.
Vlakte Sebra voorbeeld: Grant's Zebra (E. quagga boehmi)
Grevy se Sebra, Equus grevyi in die Leipzigse Dieretuin

Die verskil tussen spesie en subspesie kan geïllustreer word deur die verskillende Sebraspesies en subspesies te beskou:

  • Genus: Equus
    • Subgenus: Hippotigris
      • Bontkwagga of Vlaktesebra, Equus quagga
        • Kwagga, Equus quagga quagga (uitgestorwe)
        • Burchell se sebra, Equus quagga burchellii (sluit Damara sebra in)
        • Grant se Sebra, Equus quagga boehmi
        • Selous se Sebra, Equus quagga borensis
        • Chapman se Sebra, Equus quagga chapmani
        • Crawshay se Sebra, Equus quagga crawshayi
      • Bergsebra, Equus zebra
    • Subgenus: Dolichohippus
      • Grevy se Sebra, Equus grevyi

Drie Sebraspesies word onderskei, naamlik die Vlakte Sebra, die Bergsebra en Grevy se Sebra. Die Vlakte Sebra word verder onderverdeel in ses subspesies, en die Bergsebra in twee subspesies. Vroeër is gemeen dat die uitgestorwe Kwagga 'n afsonderlike spesie is, Equus quagga. Die kwagga is die eerste uitgestorwe "spesie" waarvan die DNS bestudeer is. Genetiese navorsing by die Smithsonian Instituut het daarop gedui dat dit nie 'n afsonderlike spesie is nie maar 'n subspesie wat tussen 120 000 en 290 000 van die vlakte sebra geskei het. Grevy se Sebra en die Bergkwaggas is egter wel ander spesies en nie blote subspesies nie.

Verwysingswysig

  1. Duits: „Eine Subspezies ist die Zusammenfassung phänotypisch ähnlicher Populationen einer Art, die ein geographisches Teilgebiet des Areals der Art bewohnen und sich taxonomisch von anderen Populationen der Art unterscheiden.“, in Ernst Mayr: Die Entwicklung der biologischen Gedankenwelt, S. 232; Ernst Mayr: Grundlagen der zoologischen Systematik., S. 45
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media