Stromatoliet

Stromatoliete (van die Griekse στρῶμα strōma, "laag, stratum", en λίθος lithos, "rots") is ’n vorm van afsettingsgesteente in vlak water wat baie kalk bevat. Dit ontstaan deurdat sianobakterieë sediment opvang en vaskeer. Dit vorm laag op laag, soortgelyk aan die manier waarop koraalriwwe ontstaan.

Moderne stromatoliete in Shark Bay, Wes-Australië.

Stromatoliete behoort tot die oudste fossiele en kom van omstreeks 3,5 miljard jaar gelede voor. In die Prekambrium is hulle nog baie aangetref. Hulle was veral volop in die Mesoproterosoïkum en het in die Neoproterosoïkum afgeneem.

Tans word hulle nog net in ’n paar spesiale omgewings aangetref, veral waar die water baie sout of alkalies is. Dit is omdat ’n stromatoliet vinniger deur diere vernietig word as wat dit kan aangroei. ’n Bekende plek waar dit nog voorkom, is in Shark Bay in Wes-Australië.

In Suid-Afrika kom stromatolietfossiele onder meer in die Sudwalagrotte in Mpumalanga voor, waar mooi voorbeelde binne en buite die grotte gesien kan word.

Nog ouerwysig

In 2016 is op Groenland fossiele stromatoliete ontdek met ’n oënskynlike rekordouderdom van 3,7 miljard jaar. Dit het die datum waarop lewe vermoedelik op aarde verskyn het, met 200 miljoen jaar teruggeskuif.[1]

Verwysingswysig

  1. "NBC news 31 Augustus 2016" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Julie 2019.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media