Straatligkinders

Straatligkinders is 'n Afrikaanse rock-/emo-/poppunkmusiekgroep van Potchefstroom. Hulle beskryf self hulle musiekstyl as "Afrikaanscore". Hulle het in Augustus 2006 op die musiektoneel verskyn toe Hein Kruger (baskitaar) en Bennie de Jager (hoofkitaar) besluit het om iets nuuts in Afrikaans te skep. Hein se broer, Ruan, is genader om vir hul nuwe projek tromme te speel. 'n Gemeenskaplike vriend het ook vir Hein aanbeveel om Bouwer as 'n moontlike sanger te gebruik. Die vier het toe bymekaar gekom om Straatligkinders te stig. Hul eerste optrede het gou plaasgevind op November 2006 in 'n klub in Potchefstroom, wat deur hul vriende bygewoon is.

Straatligkinders
OorsprongPotchefstroom (Suid-Afrika)
GenresRock, emo
Jare aktief2006 - hede
EtiketteBrettian Records
AssosiasiesMoses Metro Man, Dans Dans Lisa, ekhouvanjou,okay!
Webwerfstraatligkinders.co.za
LedeBouwer Bosch
Bennie de Jager
Hein Kruger
Ruan Kruger

In Desember 2006 besluit hulle op 'n musiekvideo vir hul snit "Die beskermer". Dit is verfilm in 'n fabriek in Potchefstroom en het op 17 Januarie 2007 op MK89 begin draai. Dit het 'n goeie ontvangs van die publiek geniet en toe gereeld begin roteer. Daarna was hulle hoog in aanvraag om reg oor Suid-Afrika by allerhande plekke te gaan optree.

Hul tweede optrede was vir liefdadigheid en dit het hul in samewerking met Luminol, ook 'n plaasliek groep, aangepak. Al die opbrengs van hierdie vertoning het na die liefdadigheids organisasie gegaan. Straatligkinders het toe hul EP in Potchefstroom vrygestel, met 500 mense wat dit bygewoon het. Daarna het hulle, hul eerste optrede buite Potch gehad by Thrashers Skate Park in Pretoria. Van toe af het optredes na Pretoria en Johannesburg om die week plaasgevind.

In Maart 2007 was die Straatligkinders aangeteken op die Oppikoppi wenslys vir Paasfees. Hulle het toe as gevolg van stemme vanuit die publiek, ander musiekgroepe soos Lark, Taxi Violence en The Metanoya Rockonfusion uitgestof. Die musiekfees was deur MK89 uitgesaai en 'n halfuur was spesiaal aan die Straatligkinders se optrede toegewy. Die groep het toe aan hul eerste studio album, Bloeisels, begin werk wat in Augustus 2007 vrygestel is deur Brettian Records.

Toer & aangekondigde tweede studio-albumwysig

Straatligkinders het op 'n konsert in die Strand op 17 Augustus 2008, wat aansluit by hul toer met hul eerste studio-album Bloeisels, aangekondig dat hulle besig is om aan hul tweede studio-album te werk. Die groep het tydens hierdie konsert snitte van die album Bloeisels uitgevoer, sowel as snitte van hul EP Maak Jou Oë Toe En Jou Hart Oop en een snit van hul opkomende album.

Diskografiewysig

Ateljeealbumswysig

  • Bloeisels, 2007
  • Sweef Soos 'n Vuishou, 2008 BRETTIAN
  • Lank lank Oorlede en Ses Voet Benede. 2010

EP'swysig

  • Maak Jou Oë Toe En Jou Hart Oop (2007), 2007 RHYTHM

Verwysingswysig

Sien ookwysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media