Ster van Betlehem

Die Ster van Betlehem of Campanula isophylla is ’n spesie plante van die familie Campanulaceae.

Ster van Betlehem
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Campanulales
Familie:
Campanulaceae
Genus:
Campanula
Spesie:
C. isophylla
Binomiale naam
Campanula isophylla
Moretti

Eienskappewysig

Campanula isophylla in ’n hangpot.

Die spesie is meerjarige rankplante wat 15 tot 20 cm hoog en 30 cm breed is.[1] Die blomme is stervormig en 3,5 cm breed, en is blou, wit of ligpers.[2] Die blomme kom in die laat somer of vroeë herfs uit. Die plant se blare is hartvormig, getand en liggroen.

Die Ster van Betlehem is ’n gewilde huisplant en is ideaal vir hangmandjies. Die groen stamme hang langs die kant van potte af. Soms word die naam verkeerdelik aangedui as Campanula mollis. Daar is egter ’n verskil in die blaarvorm van die twee spesies.[3]

In die berge van Noord-Italië, wat die plant se habitat is, kan dit effense ryp weerstaan, maar potplante nie.[4] Laasgenoemde groei goed in lugtige, gematigde toestande. Hulle kan skade opdoen van direkte sonlig.

Problemewysig

Blomme en blare wat verrot, dui op te nat toestande. Rypskade kan die blare se rande laat swart word. Rooimyt kan ook voorkom.[5]

Verwysingswysig

  1. Verskeie skrywers (1997). Annuals & Bienniels. DK Publishing, Inc. p. 111. ISBN 0-7894-1983-1.
  2. Hessayon, D. G. (1992). The house plant expert. Sterling Publishing Company, Inc. p. 112.
  3. Nicholls, Graham (2006). Dwarf campanulas and associated genera. Timber Press. p. 100. ISBN 978-0-88192-810-5.
  4. Vermeulen, Nico (1999). Encyclopedia of House Plants. Taylor & Francis. p. 151. ISBN 978-1-57958-108-4.
  5. Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media