Stephanus le Roux Marais

Suid-Afrikaanse komponis

Stephanus le Roux Marais (1 Februarie 1896 – 25 Mei 1979) was 'n Suid-Afrikaanse komponis. Hy is gebore by Aasvoëlkop naby Bloemfontein. Hy het sy eerste musiekles ontvang toe hy agt jaar oud was.

Stephanus le Roux Marais
Gebore(1896-02-01)1 Februarie 1896
Aasvoëlkop, naby Bloemfontein, Oranje-Vrystaat
Sterf25 Mei 1979 (op 83)
Graaff-Reinet, Kaapprovinsie, Suid-Afrika
GenresOpera
Beroep(e)Komponis, skilder

In 1905 het die Marais-gesin na Stellenbosch verhuis, waar die vader hom as predikant bekwaam en Marais 'n private skool bygewoon en verdere klavierlesse ontvang het. In 1910 het Marais sy skoolopleiding op Wepener voltooi, waarheen sy vader 'n beroep aanvaar het.

In Bloemfontein het Marais hom as onderwyser bekwaam en gedurende sy studiejare het hy musieklesse ontvang van prof. P.K. de Villiers, onder wie se invloed hy ook begin komponeer het. 'n Tyd lank het Marais 'n bestaan gemaak as orrelis en van 1921 af het hy onder prof W.H. Bell aan die Musiekkollege in Kaapstad gestudeer.

In 1923/24 het hy sy studies in Londen aan die Royal College of Music voortgesit en die ARCM-diploma verwerf. Na sy terugkeer na Suid-Afrika in 1924 het Marais vir die volgende 40 jaar verskeie orrelisposte oral in die land beklee. Hy het ook private musiekonderrig gegee en dikwels as solis opgetree.

Mettertyd is van Marais se komposisies, hoofsaaklik toonsettings van gedigte, gepubliseer. Hy het ook al hoe meer toekennings verower. Sowat die helfte van sy groot liedereskat het hy op Ermelo gekomponeer, waar hy tussen 1930 en 1940 musiekonderwyser en kerkorrelis was. In Januarie 1941 is Marais aangestel as dosent in skoolmusiek en sang aan die Wellingtonse Onderwyserskollege en een van die kollege koor se eerste opnames was van 'n Maraiskomposisie. In 1945 is hy met Edith Rex, ’n nooi van Aberdeen, getroud en hy het sy eerste gepubliseerde klavier werk, My eerste musiekboek, aan haar opgedra.

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se erepenning vir musiek is in 1946 aan Marais toegeken. Hy het mettertyd kennis gemaak met Suid-Afrikaanse musici soos Louis Knobel, Helena Strauss en Mimi Coertse, en mej. Coertse het een van die voorste vertolkers van Marais se liedere geword. Saam met Hanlie van Niekerk en Cato Brink het mej. Coertse Marais se liedere oorsee bekend gestel.

In 1962 het die eerste uitvoering van Marais se operette Lida en die liedjieskrywer plaasgevind. Die werk, met sy ballet- en koor nommers, het 'n gewilde skooloperette geword. S. le Roux Marais is een van die baanbrekers op die gebied van die Afrikaanse kunslied. 'n Hele aantal van sy toonsettings is reeds op plate opgeneem, met inbegrip van die bekende Oktobermaand, Heimwee, Kom dans Klaradyn en Die roos.[1][2]

Benewens sy komposisie was Marais ook 'n erkende skilder, veral van stillewes. Hy is op 25 Mei 1979 op Graaff-Reinet oorlede.

Verwysingswysig

  1. C. J. Rex, 25 JAN 2017
  2. Heinrich Swanepoel (8 Oktober 2012). "Kom dans Klaradyn – Vivere" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2017 – via YouTube.

Bronnelyswysig

  • Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0-908409-59-1, volume 18, bl. 43
  • Beyers C.J. (Ed) 1987. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek. Raad vir Geesteswetesnkaplike Navorsing, Pretoria. Vol 5 bl 519
  • Henning, C.G.: S. Le Roux Marais. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 14, nr. 4, Junie 1965
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media