Stella Branca

Suid-Afrikaanse skrywer en kunstenaar

Stella Branca (12 Mei 1931 – 26 Mei 2020) was ’n Afrikaanse skrywer en kunstenaar. Verskeie van haar verhale handel oor die Namakwalandse mense en omgewing.

Lewe en werkwysig

Stella Steenkamp is op 12 Mei 1931 in Kaapstad gebore as dogter van die bekende predikant, politikus en chirurg dr. Willem Petrus Steenkamp en Antoinetta Catharina Susanna Steenkamp. Beide haar ouers raak ook bekend vir hulle skryfwerk. Vandat sy klein is, gaan sy elke jaar na Namakwaland sodat die droë lug op haar oupa, Tobias Beukes, se plaas by die Kamiesberg haar brongitis kan verbeter. Sy studeer aan die Universiteit van Kaapstad en behaal ’n Diploma in Handelskuns, waarna sy vir vyf jaar by uitgewers werk. In hierdie tyd onderneem sy twee buitelandse reise en studeer ook in die skone kunste in Parys in Frankryk, waar sy onder andere klas kry in Toulouse Lautrec se ateljee. Sy is vir etlike jare redakteur van die jeugtydskrifte Bollie, Tina en Bunny, waarna sy redakteur word van die Ou Mutual se nuusbrief Mutual Forum en Vroueburo-Forum, wat deur Ou Mutual geborg word. Laasgenoemde nuusbrief voorsien vroue van gratis advies oor finansiële, maatskaplike, opvoedkundige, arbeids en regsaangeleenthede. Nadat sy aangerand word, neem sy lesse in karate om haarself te kan beskerm en vorder tot by die tweede Dan (swart gordel) in hierdie sportsoort.[1] Sy is in 1950 getroud met ’n Italianer en het drie kinders, twee seuns en ’n dogter, maar is in 1968 geskei. Op grond van haar debuutroman word sy uitgenooi om lid te word van die Afrikaanse Skrywersgilde.[1] Benewens Afrikaans en Engels is sy ook Italiaans en Frans magtig. In 1998 emigreer sy na die Verenigde State van Amerika en vestig haar in Yucaipa in San Bernadino. Hier maak sy ’n lewe uit haar kuns deur veral portrette op aanvraag te skilder en ook uitstallings van haar kunswerke te hou.

Skryfwerkwysig

Die omgewing en mense van Namakwaland is die voedingsbron vir haar roman Sewe maer are en sy keer telkens terug na hierdie gebied om nog stories te versamel. Die roman speel af teen die agtergrond van die kwaai droogte wat Namakwaland sewe jaar lank tussen 1958 en 1965 geteister het en is gebaseer op vertellings van haar oom, destyds ’n boer in daardie geweste. Die verhaal van die roman is egter yl en die boek kan eerder getipeer word as die aanmekaarvleg van verskeie anekdotes waarmee die karakters aan die leser voorgestel word en die eiesoortigheid van die streek gedokumenteer word.[2]

Die Leeu van die Noordweste is die lewensverhaal van haar vader, wat as predikant, dokter en onafhanklike Volksraadslid diep spore getrap het in die gemeenskap. Hierdie verhaal vertel sy ook in Engels, wanneer dit gepubliseer word as The Maverick.

Sy vertaal ook werke in Afrikaans, insluitende Hermione Suttner se Swerwer van die sonland.

Sy sterf op 26 Mei 2020 in Saratoga Springs, Utah aan natuurlike oorsake.[3] Sy word oorleef deur haar dogter, Belinda, 'n seun en twee broers.

Publikasieswysig

  • 1976 Sewe maer are
  • 2002 Die Leeu van die Noordweste
  • 2015 The Maverick

Vertalingwysig

  • 1980 Swerwer van die sonland – Hermione Suttner

Bronnewysig

Tydskrifte en koerantewysig

  • Martin, Wille. Deskundige met baie talente neem voortou. Die Transvaler. 23 April 1982
  • Moolman, Elretha. Willie se ou lady het haar swart gordel. Beeld. 29 Julie 1981

Ongepubliseerde dokumentewysig

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 Macauley, Austin: Stella Branca Geargiveer 23 Mei 2017 op Wayback Machine
  2. De Vries, Abraham. Beeld. 4 Julie 1977
  3. 'Bollie'-redakteur Branca kon haas enigiets doen. Rapport Weekliks. 31 Mei 20202
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media