Steekproef

’n Steekproef is ’n stel data wat uit ’n klein groepie gekry word om ’n aanduiding te kry van eienskappe of tendense in ’n groter groep, die populasie.

’n Voorstelling van die kies van mense vir ’n steekproef.

Die populasie, of geheel, is gewoonlik baie groot en dit maak dit onmoontlik of onprakties om die data uit die hele populasie te kry. Die steekproef word gedoen onder ’n kleiner groep, wat makliker hanteerbaar is. Die eienskappe of parameters van die populasie word dan afgelei van die steekproefstatistieke.

Die beste steekproef is een waar die individue lukraak gekies word sodat die resultate onpartydig kan wees.[1] ’n Onpartydige steekproef word gedefinieer as een waar elke individuele lid van die populasie ’n bekende kans groter as nul het om vir die steekproef gekies te word.[2] As mans van ’n kiesersrol byvoorbeeld gekies word om ’n steekproef onder Australiese mans langer as twee meter te neem, kan dit dalk partydige resultate lewer omdat mans jonger as 18 nie verteenwoordig sal word nie. So ’n steekproef moet liefs vermy word.

Verwysingswysig

  1. Lomax, R. G. and Hahs-Vaughan, Debbie L. An introduction to statistical concepts (3de uitg.)
  2. Cochran, William G. (1977). Sampling techniques (3de uitg.). Wiley. ISBN 978-0-471-16240-7.

Bronnewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media