Stade de la Beaujoire

Die Stade de la Beaujoire - Louis Fonteneau (Frans: ​[stad də la boˈʒwaʁ]), meer bekend as La Beaujoire, is 'n stadion in Nantes, Frankryk. Dit is die tuiste van die sokkerklub FC Nantes. In September 2007 het dit drie groepwedstryde van die Rugbywêreldbeker 2007 aangebied. Dit is ook tydens die Rugbywêreldbeker 2023 vir vier groepwedstryde gebruik.

Stade de la Beaujoire
Die Stade de la Beaujoire tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998

BynaamLa Beaujoire
Volle naamStade de la Beaujoire - Louis Fonteneau
LiggingRoute de Saint Joseph 44300, Nantes, Frankryk
Koördinate47°15′20″N 1°31′31″W / 47.25556°N 1.52528°W / 47.25556; -1.52528Koördinate: 47°15′20″N 1°31′31″W / 47.25556°N 1.52528°W / 47.25556; -1.52528
EienaarNantes Métropole
Kapasiteit37 473
OppervlakGras
Konstruksie
Geopen8 Mei 1984
Huurders
FC Nantes
Wedstryd tussen Kanada en Wallis tydens die Rugbywêreldbeker 2007

Die stadion is op 8 Mei 1984 ingehuldig met 'n vriendskaplike wedstryd tussen FC Nantes en Roemenië. Dit is genoem na Louis Fonteneau wat president van FC Nantes was tussen 1969 en 1986. Die stadion is in 1998 vir die Sokker-Wêreldbeker opgeknap. Terwyl die oorspronklike kapasiteit 52 923 was, is alle staanplekke in 1998 in sitplekke omskep wat die kapasiteit na 38 285 verminder het. Voorheen het die klub by die Stade Marcel Saupin gespeel.

Die stadium word ook vir internasionale rugbywedstryde gebruik en is die stadion waar Frankryk die All Blacks op 15 November 1986 met 16–3 geklop het.

La Beaujoire is ook vir verskeie wedstryde van die Europese Sokkerkampioenskap 1984 gebruik, insluitend 'n 5–0 oorwinning deur Frankryk oor België. Ses wedstryde is ook by die stadion gespeel tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998, insluitend die kwarteindstryd tussen Brasilië en Denemarke.

Die Franse nasionale sokkerspan het op sewe geleenthede daar gespeel, mees onlangs 'n vriendskaplike wedstryd teen Kameroen (3–2) in Mei 2016.

Wedstrydewysig

Europese Sokkerkampioenskap 1984wysig

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
16 Junie 198417:15  Frankryk5–0  BelgiëGroep A51 359
20 Junie 198420:30  Portugal1–0  RoemeniëGroep B24 464

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998wysig

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
13 Junie 199814:30  Spanje2–3  NigeriëGroep D35 500
16 Junie 199821:00  Brasilië3–0  MarokkoGroep A35 500
20 Junie 199814:30  Japan0–1  KroasiëGroep H35 500
23 Junie 199816:00  Chili1–1  KameroenGroep B35 500
25 Junie 199821:00  Verenigde State0–1  Joego-SlawiëGroep F35 500
3 Julie 199821:00  Brasilië3–2  DenemarkeKwarteindrondte35 500

Rugbywêreldbeker 2007wysig

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
9 September 200714:00 Wallis42–17 KanadaGroep B37 500
22 September 200716:00 Engeland44–22 SamoaGroep A37 022
29 September 200717:00 Wallis34–38 FidjiGroep B37 080

Rugbywêreldbeker 2023wysig

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
16 September 202321:00   Ierland59–16 TongaGroep B31 673
30 September 202315:00 Argentinië59–5 ChiliGroep D33 963
7 Oktober 202315:00 Wallis43–19 GeorgiëGroep C33 580
8 Oktober 202313:00 Japan27–29 ArgentiniëGroep D31 794

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media